Wa was dit lekka ... ATKV-Oesfees 2017!

27 Maart 2017

Die tiende ATKV-Oesfees op Solms-Delta, naby Franschoek, was vanjaar groter as ooit. Dit het het Saterdag, 25 Maart plaasgevind en vanjaar was een van die hoogtepunte die optrede van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse tradisionele musiekgroep Ladysmith Black Mambazo - ‘n opwindende toevoeging tot die oorspronklike Suid-Afrikaanse roots-musiek wat by die fees aangebied is.

Feesgangers is bederf met ’n heerlike feesatmosfeer en ’n groter verskeidenheid tradisionele kos soos waterblommetjiebredie, kerrieafval en koeksisters ... natuurlik gekombineer met ’n verskeidenheid van Solms-Delta se wyne.

 

 

Izak de Vries van Lapa Uitgewers was daar en hy vertel deur sy lens #waarsitlekka ... by die Oesfees!

 

Nasiebou in Afrikaans – vir die hele gesin

“Is die ATKV-Oesfees op Solms Delta die beste musiekfees in die land vir gesinne?” was my vraag vanoggend op Twitter. Daarop antwoord Riku Lätti dadelik: “Beste musiekfees in die land. Punt.”

Riku Lätti saam met die musiekgroep: Akkedis.


#waarsitlekka – op die plaas

Solms Delta is ’n werkende plaas, maar tydens die oesfees word die groot grasperk voor die restaurant omskep in ’n omheinde ruimte waar gesinne op stoele, bankies, strooibale of plat op die gras kan sit. Sekuriteit is sigbaar, maar vriendelik, so mense word aangemoedig om naby die groepe te kom staan en foto’s neem.

Daar is strooi voor die twee verhoë waarop mense dans en kinders speel – soos dit hoort op ’n plaas; ’n ware gesinsfees.

Die Oesfees, is ‘n plek vir nasiebou in Afrikaans!

Kinders kon voor die verhoog in strooi speel.

 


#waarsitlekka ... waar die musiekwêreldgehalte is

Die Oesfees is ’n plek waar die groot name in Afrikaans kom optree, Van HemelBesem tot Riku Lätti en Akkedis, maar dan was daar ook die Grammy-wenners Ladysmith Black Mambazo, wat in Zoeloe sing, en die wêreldkampioene, die Nuwe Graskoue Trappers, wat die riel kom trap het.

Wêreldkampioene: Die Nuwe Graskoue Trappers.

Onder die bome, kyk jy wêreldklasmusiek.

  


#waarsitlekka – waar oud en jonk optree

Oom Hannes Slidespoon Coetzee is al diep in die sestig. Hy het nou al by al tien Oesfeeste opgetree en het beloof is hy volgende jaar terug.
Daar was egter ook talle bloedjong kinders wat opgetree het.

Die Kleinhandjies Kinderkoor, van Solms Delta se kleuterskool, was ’n amptelike item op die program.

Twee van die rieldansers wat opgetree was nog bitter klein en saam met die Papier Family Band was ’n mannetjie op ’n rooi kitaar wat waarskynlik nog nie vier is nie.

    
    
    
    
    

  

  

Die Kleinhandjies Kinderkoor van Solms Delta.

Twee van die rieldansers wat opgetree was nog bitter klein en saam met die Papier Family Band was ’n mannetjie op ’n rooi kitaar wat waarskynlik nog nie vier is nie.

 

Lede van die Delta Valley Entertainers.

Twee jong rieldansers van Betjiesfontein.

 


#waarsitlekka – plaaswerker, eienaar en musikant

Mark Solms, die een eienaar van Solms Delta, het tydens die verrigtinge aangekondig dat die plaaswerkers hulle aandeelhouding in die plaas vergroot het – die werkers self besit nou 50% van die drie plase wat bekendstaan as Solms Delta.

‘n Deel van die plaas se inkomste gaan aan ’n musiektrust en só word die werkers self deel van die musiek. 

Mark Solms en Nico Jansen, die plaasbestuurder en mede-eienaar.

Adriaan Brand Adriaan Brand, voorheen trompetspeler in die Springbok Nude Girls, is die man wat Solms Delta en die omliggende plase se werkers saamsnoer tot musikante wat kan skouers skuur met Grammy-wenners.

 


#waarsitlekka – nasiebou

Japie Gouws het Saterdag vir Mark Solms gesê die ATKV steun die Oesfees juis omdat dit wat hier gebeur, ’n lewendige voorbeeld is van Nasiebou – in Afrikaans.

Japie Gouws van die ATKV en Mark Solms, mede-eienaar van Solms Delta. Gouws tree eersdaags af. Hy het Saterdag, tydens die fees, ‘n spesiale toekenning ontvang van die Wes-Kaapse departement van Sport en Kultuur vir sy lewenslange bydrae tot Kultuursake. Lees meer oor hom hier. 

Lees meer oor die toekenning.

Talentvolle musikante

Tydens die fees, het Ladysmith Black Mambazo die verhoog deel met ’n hele rits talentvolle musikante. Die Music van de Caab-groepe en -orkeste (onder leiding van Adriaan Brand) saam met die Delta-Langbroeke, Klein Handjies-Kinderkoor, Delta Valley Entertainers, Die Soetstemme en Lekker Lekker Delta, Die Papier Family Band en die gewilde Hannes Coetzee. Bekende groepe en topmusikante wat vanjaar ook op die verhoog was: die Radio Kalahari Orkes, The Rudimentals, Manouche, Brain Cloete, Hezron Chetty, Churchil Naudé, Die Wasgoedlyn, Akkedis, Hemelbesem en Yoma, Les Javan, Riku Lätti, Bacchus Nel, Jackie Lätti, Nick Turner, Tribal Echo en African Jazz Pioneers.

 

Maak noual ‘n knoop in jou oor vir volgende jaar!