Tess

27 Februarie 2017

Tess – Reis van genesing en oorwinning...  

➢ Vanaf 24 Februarie 2017 ...

Tess word vertolk deur Christia Visser, wat reeds naam gemaak het in flieks soos Ballade vir ’n Enkeling en Hollywood in my Huis.
Die storie volg vir Tess (Visser) wat in amper elke toneel van die fliek verskyn, op haar reis van genesing en oorwinning. Die waarheid word stelselmatig aan jou ontbloot en dan tref dit jou soos ’n kolskoot reg tussen die oë ... 

 

Kortliks die verhaal: 

Tess is ’n sekswerker wat haar dienste langs die kuspad in die Muizenberg-omgewing in die Wes-Kaap verkoop.
Sy raak swanger en nou begin ’n nuwe stryd om oorlewing . . .

Met groot bravade leer die kyker haar ken in haar eina-minirompie, oë besmeer met te veel oogomlyner, hoëhakstewels en swaaiende heupe, maar as sy ná ’n dag se werk terug is in haar ellendige woonstelletjie, waar sy pynpille met Coke afsluk, sien jy die swaarkry in haar oë ...

Die teks is gegrond op die roman Whiplash, deur Tracey Farren. Dis vervaardig deur Paul Egan en Kim Williams van Boondogle Films, Bert Haitsma was die kinematograaf en Linda Man het die redigering behartig. Die Grammy-wenner Christopher Tin was vir die musiek verantwoordelik. Die akteurs is Christia Visser, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Nse-Ikpe-Etim en Dann-Jacques Mouton

Tess is befonds deur kykNET, die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die departement van handel en nywerheid (DTI) en Thundafund. Die film word plaaslik versprei deur Times Media Films en gaan op algemene vrystelling in 2017.

Christia Visser, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Nse-Ikpe-Etim en Dann-Jacques Mouton. Die fliek begin 24 Februarie in teaters wys.
Gaan na Bioskoop vir die volledige resensie deur Anna-Marie Jansen van Rensburg.

Toekenings
*Durban Internasionale Rolprentfees: Beste Suid-Afrikaanse vollengte rolprent, beste redigering, beste aktrise (Christia Visser).
*Silwerskermfees: beste kinematografie, beste redigering, beste aktrise (Christia Visser) in die kategorie vir vollengte rolprente.