Afrikaanse kos kraai koning

10 November 2017

Vetkoek met kerrie-maalvleis, wildspastei met pruim-en-peper vrugtepatee, suurlemoen-olyfkoek, pronkerike pofpannekoek … dis maar net ván die bekende huiskok, Errieda du Toit, se smullekker-resepte op haar kosblog wat mens laat besef dat wanneer ons oor kos in Afrikaans gesels, proe mens die kos in die klank.

Internasionaal ontvang Afrikaanse sjefs erkenning en dis duidelik daar is ‘n brandende passie vir Suid-Afrikaanse kos waarvan die Afrikaanse kombuis ‘n groot deel uitmaak. Bekende name soos Topsie Venter, Ina Paarman, Reuben Riffel en vele meer, maak die bekende en onverkende disse uit die Afrikaanse kombuis internasionaal gewild.

Daar is ‘n magdom Afrikaanse resepte- en kosblogs.

Kyk hier ...

Verlustig jouself in die volgende liplekker-idiome:

Kyk hier ...

Vir nog lekker Afrikaanse resepte besoek Maroela Media.

Lees ook ...

””
””
””
””
””