Afrikaanse lesers, luisteraars en kykers hou die media op hul tone

11 Oktober 2017

Afrikaanse lesers, luisteraars en kykers hou die media op hul tone.

Met die tweede hoogste verbruik van koerante en tydskrifte onder die volwasse bevolking, en die derde grootste TV- en radiogehoor is Afrikaanssprekendes hoogs ingelig oor hul eie wye leefwêreld én voluit by met gebeure op die internasionale verhoog.

Met lees, kyk en luister hou Afrikaanssprekendes die media-waens op koers

As dit kom by mediaverbruik, is Afrikaanssprekendes in die voorste gestoeltes onder die land se bevolking. Hul inligtingsdieet is die tweede hoogste onder alle taalgroepe vir nuus en stories in koerante en tydskrifte, en die derde grootste onder televisie-kykers en radio-luisteraars. En kom dit by ‘n aandjie uit, kan min dinge vir hulle kers vashou by ‘n lekker fliek

Karen Meiring, die direkteur van Afrikaanse kanale by DSTV gesels oor Afrikaans en die onmisbaarheid daarvan in die media. Wat laat die jonger geslag ‘inkoop’ in Afrikaans?
Kyk hier ...

Vinnige feite:

  • Afrikaanssprekendes is lojale radio-luisteraars en 57% van hulle luister na net een radiostasie. Hul gemiddelde daaglikse luistertyd van 3h42min is net minder as die nasionale gemiddelde van 3h54 min. (BRC RAM Januarie – Junie 2017)
     
  • Afrikaanssprekendes maak ‘n derde uit van die bevolking wat gereeld koerante en tydskrifte lees en amper 40% van alle gereelde fliekgangers – in al drie gevalle die tweede grootste groep onder Suid-Afrikaanse volwassenes. (Establishment Survey Junie 2017)
  • Afrikaanses is tegnologie-gedrewe – nagenoeg 60% van alle volwassenes besit slimfone en 55% gebruik die internet op feitlik daaglikse basis. (AMPS Des 2015), wat hulle die derde grootste groep internetgebruikers in die land maak (Establishment Survey Junie 2017)
  • Onder TV-gehore en radio-luisteraars, maak Afrikaanssprekendes die derde grootste gehoor uit onder Suid-Afrikaanse volwassenes. (Establishment Survey Junie 2017)
  • Ses uit die top 10 tydskrifverkopers vir verbruikerstydskrifte in Suid-Afrika is Afrikaanse titels, of het ‘n Afrikaanse uitgawe. (ABC April – Junie 2017)
  • Nagenoeg ‘n derde van al die e-nuusbriewe wat verbruikerstydskrifte uitstuur is in Afrikaans (ABC April – Junie 2017).
  • Afrikaanse koerante maak sowat ‘n vyfde uit van die totale koerantverkope in die land (dag- en weekblaaie en Sondagkoerante, gemeenskapskoerante ingesluit). (ABC April – Junie 2017)

Afrikaans en die media op pad na 2020

Afrikaanse mense is digitaal geletterd en honger vir Afrikaanse inhoud. Dit is alles goeie nuus vir Afrikaanse media na 2020.- Waldimar Pelser, Rapport se redakteur praat reeds ‘n paar jaar gelede van ‘n “ontploffing in Afrikaanse stemme”, tydens ‘n gesprek oor Afrikaans en die media op pad na 2020.

“Daar is ’n robuuste vraag na Afrikaanse vermaak, van sepies tot aktualiteitsprogramme. Afrikaanse radio gedy selfs in die hart van die SAUK. Die meeste Afrikaanse koerante is markleiers, al is sirkulasie onder druk – dit is ’n tendens wat geëggo word in alle tale. Meer as ’n miljoen Afrikaanses lees elke Sondag Rapport, waar ons dit ons doelwit maak om die werklikheidservaring van veral Afrikaanse mense, maar nie nét Afrikaanse mense nie, sekuur te verwoord, en in Afrikaans te vermaak, te boei en ook vrae te vra.” Hy voorspel dat die grootste mediagroei vir Afrikaans in 2020 aanlyn sal plaasvind.


Die internet lyk van ver af Engels, maar as jy Afrikaans soek, gaan jy vind:

  • Sowat 40% van webgebruikers in Suid-Afrika praat Afrikaans.
  • 47% van wit Afrikaanses en 18% van bruin Afrikaanses het toegang tot die internet.
  • Van die gewildste Facebookblaaie in Suid-Afrika is in Afrikaans (Huisgenoot 470 000) en een van die gewildste YouTube-kanale in Suid-Afrika is Afrikaans (Select Musiek). Lees die volledige artikel hier.

Nuwe statistiek

Netwerk24 se Groot Afrikaanse meningsopname (2016) het interessante statistiek opgelewer oor hul lesers se mediaverbruik.

Hul reikwydte oor al hul platforms heen is ‘n totaal van 5.7 miljoen. Dit sluit in Beeld, Die Burger, Volksblad, Rapport, Netwerk24 en Ads24.

Resultate

  • Hul mark is die tweede grootste in Suid-Afrika en die gemiddelde inkomste is net bo R20 000 per maand.
  • 92 % verkies om in hul eie taal te lees.
  • 88% verkies om reklame te lees wat hul kultuur uitbeeld.
  • 70% van die digitale deelname is deur middel van slimfone
  • 61 % is aktief op sosiale media

 Reklame

“Wanneer jy ‘n gemeenskap wil betrek, wil laat deelneem of wil laat inkoop doen jy dit in hul taal”. Karen Meiring, die uitvoerende hoof van DSTV se Afrikaanse kanale sê onlangs dat bemarkingsboodskappe is effektief wanneer die boodskap relevant is en wanneer verbruikers aanklank vind daarby.

“Ja, Afrikaanssprekendes verstaan Engels, maar die feit dat Afrikaans steeds ‘n kommersiële taal is, kan nie weggepraat word nie. Afrikaanse musiek is een voorbeeld. Die feit is Afrikaanse gemeenskappe ondersteun Afrikaanse produkte. Hulle koop musiek, gaan na feeste en teaterproduksies, luister radio en kyk televisie.” Lees die volledige artikel hier.

Lees ook ...
Herman Wasserman se artikel oor die stand van die Afrikaanse media (2013).

 

 

Lees ook ...

””
””
””