Moedertaalonderrig

07 Augustus 2017

‘n Afrikaanse kind wat in Afrikaans onderrig ontvang, het ‘n reuse-voorsprong.

Help jou kind presteer

Jou kind leer makliker, beter en vinniger in sy moedertaal.

Help jou kind insig ontwikkel

Jou kind ontwikkel groter insig in abstrakte konsepte deur middel van sy of haar moedertaal. Lees meer ...

Help jou kind kennis deel en versamel

Die kennis wat jy opdoen in jou moedertaal word makliker omgeskakel na ‘n ander taal en andersom. Lees meer ...

Gee jou kind die geskenk van meertaligheid

Wanneer jy jou moedertaal ten volle bemeester vergemaklik dit die aanleer van bykomende tale. Lees meer ...

Gee jou kind selfvertroue en help vestig sy of haar selfwaarde

Wanneer jy jouself in jou moedertaal uitdruk het jy meer selfvertroue wat bydra tot jou selfwaarde. Lees meer ...

Maak jou kind internasionaal mededingend

Afrikaans is een van die enigste inheemse Suid-Afrikaanse tale wat ook internasionaal verstaan word en is daar 23 miljoen mense in die res van die wêreld wat dit verstaan. Afrikaans geniet ook internasionale erkenning en word onder meer tersiêr in Nederland, België, Pole, Oostenryk, Rusland en die VSA onderrig. Lees meer ...

Feite

  • Volgens sensus 2011 (die jongste beskikbare syfers) is Afrikaans die derde grootste taal in SA (naas Zoeloe en Xhosa) met 6,8 miljoen sprekers.
  • Engels word deur slegs 9,6% van Suid-Afrika se bevolkings as moedertaal gebruik
  • UNESCO feite (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) ondersteun moedertaalonderrig:
    • 171 miljoen mense kan uit armoede gelig word as hul basiese leesvaardighede kan baasraak voordat hulle skool verlaat.
    • Lande wat moedertaalonderrig bevorder, is oor die algemeen meer welvarend.
    • Studeer jy in jou moedertaal is die kanse dat jy verder gaan leer en sukses gaan behaal soveel groter.
    • Dit bevorder die ekonomiese potensiaal van ’n land se arbeidsmag om sodoende die ekonomie te bevorder.
    • Kennis en insig wat oor generasies verwerf is, word oorgedra en so baat ’n nasie as geheel by die diversiteit omdat elke moedertaal eie insigte, standpunte en idees kan bydra tot’n gedeelde toekoms.
    • Mense wat in hulle moedertaal studeer, hou gewoonlik langer aan studeer en behaal meer sukses met hulle studies as leerders wat in ’n tweede taal studeer.

Lees ook:

Oor moedertaalonderrig en nuttige skakels oor die waarde daarvan.
Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys ... artikel deur Michael le Cordeur.
Prof. Hans du Plessis oor moedertaal en sukses.
Die ekonomiese waarde van die moedertaal deur Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.
Die politiek van taabeplanning in post-apartheid Suid-Afrika deur Neville Alexander.