Gee jou kind ’n voorsprong

17 Maart 2017

Gee jou kind ’n voorsprong

Best Books het pas ‘n handige voorskoolse aktiwiteitsboek en handleiding gepubliseer. Die nuwe ALLES-IN-EEN voorskoolse aktiwiteitsboek is saamgestel volgens die vereistes van die Nasionale Kurrikulumraamwerk vir kinders van geboorte tot vier jaar en help ouers, opvoeders, onderrigpraktisyns en versorgers om hul voorskoolse kinders se vaardighede op ’n speelse wyse te ontwikkel.

Elke weeklikse lesplan skop af met ‘n spinnekopdiagram, agtergrondinligting oor die vaardigheid wat in die week ontwikkel gaan word en begin dan met ’n sirkelaktiwiteit vir elke dag (met twee addisionele aktiwiteite - soos papier- of kleiwerk) waar jy hulp verleen en eindig met ’n storie. Dit bevat “bak-en-brou”-aktiwiteite aan die einde van elke week sodat die kind 'n eetbare dingetjie wat by die tema van die week aansluit, maak en neem deel aan ’n poppekasstorie. Al die aktiwiteite in die boek kan met goedkoop materiale voltooi word en dek al die vroeë leer- en ontwikkelingsareas. Die prettige interaktiewe aktiwiteite dra ook by tot kreatiwiteit en groot- en kleinspierontwikkeling. Daar is ook oulike onderrigwenke en bykomende aktiwiteitsidees. Temas sluit ondere ander in: plaasdiere, skoene, klere, gesonde leefwyses, lug en wind. 

Kyk gerus hierna vir meer oor die handleiding en oulike demonstrasies oor aktiwiteite uit die boek:


 


Oor die skrywer

Mart Meij was ’n onderwyseres in die grondslagfase en voorskoolse onderrig en het verder in Gespesialiseerde Onderwys en Onderwysbestuur gekwalifiseer en doseer aan die Onderwyskollege in Pretoria. Sy fokus op die samestelling van opvoedkundige materiaal vir grondslagfase en is die samesteller van die New All-In-One en Nuwe Alles-In-Een-reeks.

Vir meer inligting, skakel met Thea Korff by 021 406 4376 / thea.korff@bestbooks.co.za