Studiebeurs van R150 000 op die spel!

13 Julie 2017

Graad 11- en 12-leerders: Onthou om in te skryf vir VivA se Skolekompetisie. Al wat jy hoef te doen is om ’n visuele voorstelling van ’n woord of idioom in te stuur. Daar is elke maand R5 000 te wen, maar ’n graad 11- of 12-leerder kan aan die einde van die jaar met ’n studiebeurs van R150 000, geborg deur die Atterbury Trust, wegstap.

Julie-wenner

Dié maand se Varsgebek-wenner is Fanie Viljoen, die bekende skrywer van Onderwêreld wat “kopwurms” ingeskryf het vir “emosionele bagasie”. Hy wen ’n Samsung-tablet, geborg deur Atterbury Trust.

Die Sêgoed-kategorie is oop vir almal wat ’n ou of nuwe taalskat het wat nog nie opgeteken is nie. Daar is maandeliks ’n tablet te wen.

Vir meer inligting en die inskrywingsvorm, gaan na varsgebek.org of skakel Marlie Coetzee by 018 299 1020 of e-pos: navraag@viva-afrikaans.org.

 

Vir meer inligting oor VivA

Die VivA-app
VivA se Woordeboekportaal-app is spesifiek gerig op skoolkinders en bied aan jou vanlyn toegang tot die volgende Afrikaanse woordeboeke:
• Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS; Pharos) (slegs die woordelys, afkortingslys en lys buitelandse geografiese name en afleidings).
Laai die VivA-app hier af. 
Meer oor Atterbury Trust of lees ook meer hier.