Elsa Esterhuizen se lekker liedjiekeuse

03 Februarie 2017

Elsa Esterhuizen is ’n nuus- en aktualiteitsaanbieder van die GROOT Ontbyt en Grootplaas op kykNET en radio-omroeper by GROOTfm 90.5. Volgens Elsa leef sy haar droom en is sy absoluut verlief op haar loopbaan.

Sy het gebieg, om ses liedjies te kies was ongelooflik moeilik, want daar is so baie waarvan sy hou. Laurika Rauch se liedjie, Ek het ’n huisie by die see laat haar hart smelt en Lianie May en Jay se liedjie: Vir liefde, kry haar behoorlik aan die gang. Lianie is ook haar vriendin en “hartsmens” en sy ondersteun haar graag.

Op Elsa se lysie gunstelingliedjies kry jy die volgende:

Laurika Rauch - Ek het 'n huisie by die see

Laurika is vir my 'n ware legende! Ek is baie lief vir haar musiek en luister haar albums gaar! Dié liedjie laat my verlang na die see! Die melodie en lirieke laat my hart smelt. 

 

 

Karen Zoid - As Musiek Begin Speel

Wat kan ek sê? Pres. Zoid se musiek praat met 'n mens se hart! Ek sing ALTYD saam wanneer dié musiek begin speel…

 

 >

 

Simeon - My Alles Jy

Ek dink dié liedjie laat my glimlag en veerlig voel - luister altyd KLIPHARD daarna!

 

 

Coffee Snobs - Skuiling

Dié een is uiters spesiaal! Ek is 'n GROOT Coffee Snobs-aanhanger! Dié liedjie laat my rustig voel en besef Iemand anders is in beheer!  

 

Nádine - Tyd

Die liedjie is in 'n ander klas! Die melodie en lirieke is só diep! Ek dink ek het maklik al so 1 000 keer daarna geluister op die pad - in 'n kwessie van 'n week…