Netwerk in Afrikaans

06 Desember 2016

Wonder jy waar om wat te kry oor Afrikaanse organisasies?

Dit werskaf en roer in ons Afrikaanssprekendes se gemeenskappe as ’n mens so kyk na die organisasies wat vanuit die Afrikaanse leefwêreld ontstaan het. Ons het ’n organogram opgestel wat ons hoop dit vir jou makliker sal maak om te skakel met die organisasies. Die lys kan steeds groei en ons verwelkom jou insette en voorstelle, maar as jy op soek is na iets spesifiek en dit nie hier raaklees nie, help ons graag. Stuur net jou navraag vir ons en ons kyk of ons kan help. 

Die organogram hierna is verdeel in ses afdelings. Jy klik op die blokkie van jou keuse, ’n kieslys met vrae sal verskyn, waarna jy dan op die spesifieke skakel kan klik om meer te lees.

Die afdelings:

Hoe kan ons help?

Die Afrikaanse taalfamilie is groot – ons wortels strek ver en wyd – en die toekoms is opwindend ... ’n avontuurtog waarin ons almal kan deel. Die Afrikaanse organisasies weerspieël die Afrikaanse taal en kultuur. Raak betrokke, speel saam, neem deel en dra so daartoe by om jou taal en kultuur te bevorder. Kom gesels saam oor jou betrokkenheid by Afrikaanse organisasies. Hoe voeg dit waarde by tot jou lewe. Deel foto’s, video's of interessante gebeure op jou organisasie se kalender. Klik hier ...

Hoe kan ons help? Klik hieronder om navraag te doen of besoek ons Netwerkblad en verken die organogram. 

Hoe kan ons help?