In die fliek, op die verhoog, of die boek in jou hand ... Afrikaans is #onmisbaar

19 September 2017

Gesinne, vriende en verliefdes het Saterdagaand na Moerala Media se buitebioskoop gestroom om die towerkrag van Afrikaanse film onder die sterre te beleef.

Afrikaans.com het tussen die skare gaan kuier en uitgevind wat van Afrikaans is #onmisbaar vir die passievolle fliekgangers wat kon deelneem aan die Afrikaans.com #onmisbaar interaktiewe veldtoguitstalling. Die boublokke verteenwoordig elemente van Afrikaans wat waarde toevoeg tot ons land, sy mense en ons leefwêreld.

Maroela Media het tydens die geleentheid 'n groot gees van die Afrikaanse rolprentbedryf vereer. Die legendariese filmmaker, Koos Roets het 'n toekenning ontvang vir die diep en blydende spore wat hy in die Suid-Afrikaanse filmbedryf getrap het. Burger Meyer het ook 'n toekenning ontvang as uitstaande nuweling wat toegetree het tot die bedryf.

Susan Lombaard, die uitvoerende hoof van Maroela Media, sê Maroela Media wou hul aanlyngemeenskappe die geleentheid gee om saam te kuier en terselfdertyd die Afrikaane filmbedryf te vier. Meer as 1 000 kaartjies is verkoop. Dit is die derde buitebioskoop en Maroela Media sien daarna uit om in 2018 weer saam te kuier! Lees meer hier.

Kyk hier ...

So ‘n bietjie inspirasie ...

””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””
””

Lees ook ...