Suksesstorie - Clare Wiese

26 Maart 2017

Afrikaanssprekendes tree toenemend toe tot die arbeidsmark as entrepreneurs, finansiers en werkskeppers en daar is heelwat suksesstories daarbuite … stories waaruit ons kan leer en wat ons inspireer. Afrikaans.com en Netwerk24 gaan oor die volgende paar weke sulke suksesstories deel.

 

Clare Wiese.

'n Suksesstorie: Clare Wiese

Clare Wiese praat in ‘n openhartige onderhoud met Willemien Brümmer oor haar R90 miljoen huis, haar eie TV-reeks en die uitspattigste geleentheid waarby sy nog was – haar troue. Sy is die dogter van die suksesvolle sakeman Christo Wiese. Clare is ’n sakevrou uit eie reg en die stigter van die kontemporêre juweliersware-handelsnaam Paka Paka

Clare (34) lyk soos ’n voorbladnooi. In haar Paige-jeans en ­-bloese, Chanel-horlosie, enkelstewels van die ontwerper Stewart Weitzman en ringe van haar luukse juwelierswarereeks, Paka Paka, kon sy net sowel ’n Hollywood-ster gewees het. Reneé het immers al beroemdes soos Steffi Graff, Julie Walters en Bonang Matheba gehelp transformeer. Klik hier vir die onderhoud. Sy gesels oor geld, afgradering en 'destiny'.

Die volledige onderhoud is beskikbaar op Netwerk24.

 

 

 

Jannie Mouton op sy wynplaas. Foto: Jaco Marais / Netwerk24.

'n Suksesstorie: Jannie Mouton

“Ja wat, ek is darem nou baie meer kalm. Ek dink nie hulle sal my nou weer fire nie,” sê Jannie Mouton.

Dié nie-uitvoerende voorsitter en stigter van die Stellenbosse beleggingsreus PSG het ’n allemintige sakeryk opgebou wat vandag een van die grootste suksesstories in Suid-Afrika is. En al is Jannie vandag op 70 “semi-afgetree” is hy steeds die negende rykste man in die land met bates van sowat R13 miljard. Jannie het op sy wynplaas met die bekroonde joernalis Willemien Brümmer gesels oor die lesse van die ouderdom en sy swakste transaksie ooit. Lees die volledige artikel hier.