Afrikaans.com kry ‘n woord vir Kersfees … wil jy weet watter een?

15 Oktober 2017

Afrikaans.com se woord vir 2017

Die ontwikkeling van Afrikaans word as een van die drie taalwonderwerke in die wêreld beskryf. In 50 jaar het Afrikaans van 'n huis-, tuin- en kombuistaal gevorder tot 'n kansel-, universiteits- en ekonomiese taal wat met enige ander taal in die wêreld kan meeding. Afrikaans is ook ons hartstaal

Hoe werk dit?

Borg 'n Woord teen R100 per woord
of
Koop 'n woord teen R5000, dan behoort daardie woord net aan jou.

  • Jy ontvang 'n sertifikaat met jou naam en woord
  • Een deelnemer kan R25 000 wen in 'n prystrekking geborg deur Sanlam
  • Hoe meer woorde jy borg, hoe groter is jou wenkans
  • Jy kry gratis toegang tot die Aanlyn WAT vir ses maande as jy 'n woord borg of vyf jaar as jy 'n woord koop
  • Sluiting: 15 Mrt. 2018
  • Prystrekking: 23 Mrt. 2018

Bankbesonderhede
Rekeninghouer: WAT Trust
Bank: Standard Bank
Tjekrek.no.: 072264578
Takkode: 050610
Verwysing: B'nW en jou naam

Stuur betalingsbewys saam met jou woord of woorde, e-posadres en telefoonnommer na wat@sun.ac.za, of aan WAT Trust, Posbus 245, Stellenbosch, 7599 of na 086 558 2739 (faks).
Skakel 021 887 3113 as jy R20 000 belastingvry wil SKENK vir 'n woord van jou keus

Klik hier om elektronies te betaal.

 

 “Slegs met woorde maak die lewe sin: Jy kan my woord neem daarvoor. Neem eienaarskap van jou taal en borg ’n woord!” – Simon Witbooi (HemelBesem)

HemelBesem is die nuwe beskermheer van die WAT se Borg ’n Woord. HemelBesem is ’n sterk en vars stem in die Afrikaanse musiekwêreld. Sy lirieke dra ’n sterk boodskap oor en hy is baie betrokke by opheffingswerk onder die jeug. Hy en sy vrou Yoma, ook ’n rymkletser, het by meer as een geleentheid by die WAT opgetree.

HemelBesem en sy vrou, Yoma.

Maak ’n skenking

Jy kan nou ook R20 000 belastingvry skenk vir ’n woord van jou keuse. Skenkers kwalifiseer uiteraard nie vir die prystrekking van R25 000 nie, maar ontvang wel ’n spesiaal bewoorde sertifikaat.

Internasionale Woordeboekdag

Noah Webster – Vader van die Amerikaanse leksikografie en samesteller van die eerste Amerikaanse woordeboek.

16 Oktober is die verjaarsdag van Noah Webster, en Woordeboekdag word internasionaal op dié datum ter ere van hierdie beroemde Amerikaanse woordeboekmaker gevier. Webster is in 1758 gebore en was ’n briljante student wat op 15-jarige ouderdom aan die Yale Universiteit begin studeer het. Later word hy die samesteller van die eerste Amerikaanse woordeboek en hy word dus beskou as die vader van die Amerikaanse leksikografie.

“Op Woordeboekdag moet ons daaroor besin of ons woordeboeke nog relevant is. Mense raak gefrustreerd omdat hulle verouderde woordeboeke gebruik wat nie rekenskap gee van die duisende nuwe woorde en nuwe betekenisse van ou woorde nie.” – Dr. Willem Botha, Hoofredakteur en Uitvoerende Direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

Meer oor Simon Witbooi, oftewel HemelBesem

“My Afrikaans is ’n interessante mengsel van dit wat jy wel in die WAT kry en straattaal. Ek probeer om met my Afrikaans brûe te bou.”

Simon Witbooi is ’n kletsrymer, skrywer, akteur, TV-aanbieder (hy is een van Pasella se aanbieders), motiveringspreker en maatskaplike aktivis en ook een van afrikaans.com se ambassadeurs vir Afrikaans. Hy is ’n afstammeling van Hendrik Witbooi, die Nama-leier. Simon, wat in baie moeilike omstandighede grootgeword het, het hip-hop as ’n uitlaatklep gesien om van die opgekropte woede oor maatskaplike ongelykhede ontslae te raak, want met hierdie genre kry jy veel meer woorde ingepas as in die beperkte formaat van gewone liedjies. Alhoewel hy in Engels begin kletsrym het, het hy gou die moontlikheid van Afrikaanse kletsrym raakgesien en hom daarop toegespits. Simon verwys na homself as ’n edutainer wat met ’n optrede of luistersessie mense se gedagtes in ’n opvoedkundige rigting stuur. Sy musikale teaterproduksie, Die Afrikaansvatter, is tydens 2016 se KKNK met ’n Kanna-toekenning bekroon. In 2017 verskyn daar twee boeke uit sy pen: een ’n bundel lirieke en die ander ’n boek oor Afrikaanse straattaal en gesegdes. Simon is in Mei 2016 met ’n mede hip-hopkunstenaar, YOMA, getroud. Hy is ook die trotse pa van twee dogters, Simile en Halo.

Hemelbesem was die gaskunstenaar by die Onthullingsgeleenthede van afrikaans.com se muurkunsprojek by beide Laerskool Parkfields en Irista Primêre Skool waar hy die leerlinge op sy kenmerkende wyse aangespoor het om trots op Afrikaans te wees.

God praat Afrikaans

God praat Afrikaans, is “’n toevoeging tot Afrikaans, kommentaar oor Afrikaans en uittreksels van my lewe wat hierdie menings gevorm het”. Lees meer.

Vir enkele uittreksels uit die outobiografie, God praat Afrikaans.  
 

HemelBesem in gesprek met Danie Marais by die US Woordfees 2017. Hy verduidelik hoekom hy voel “God praat Afrikaans”.

ATKV-Crescendo is reeds 41 jaar aan die gang en is ’n platform vir voornemende liedjieskrywer-sangers. HemelBesem is ambassadeur van die projek en maak die jeug bewus van die projek deur vooraf reklame by hoërskole. Lees meer.

Kyk ook die insetsel en gesprek met HemelBesem op Kwêla op KykNET.