LitNET-skryfkompetisie: 67 woorde vir Mandela-dag

13 Julie 2017

In die gees van Mandela-dag word Suid-Afrikaners aangemoedig om 67 minute van hul tyd op te offer en iets te doen wat tot voordeel van ander is.

In die lig van Mandela-dag op 18 Julie nooi LitNet jou om 'n kort-kortverhaal van 67 woorde te skryf. Jy mag oor enige onderwerp skryf, solank die woordtelling 67 is.

Hoe om in te skryf:

Stuur 'n e-pos na 67woorde@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou posadres en telefoonnommer
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in 'n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

Prys

Jy kan 'n boekpakkie wen wat deur Penguin Random House (Zebra Press), Jonathan Ball, NB-Uitgewers (Tafelberg) en Protea Boekhuis geskenk word. Lees meer hier.