Afrikaans.com-muurprojek: liefde vir woorde en stories

26 Maart 2017

Afrikaans.com se muurprojek by skole inspireer

Afrikaans is die taal van al sy sprekers. Tog het nie almal in alle gemeenskappe ewe veel toegang tot die viering van hul taal nie. By Afrikaans.com glo ons dat inspirasie tot aspirasie lei en my identiteit van wie ek is en hoe ek myself uitdruk, ’n trots en eiewaarde skep. Daarom het ons ook vanjaar baie spesifieke gemeenskapsprojekte waardeur ons veral skoolleerders deur visuele muurprojekte wil inspireer.

Met die Afrikaans.com-muurkunsprojek poog ons om deur kleurvolle muurskilderye wat binne die gemeenskap se konteks verstaan word, die lekker en positiewe van Afrikaans in skoolverband uit te lig.

Wat behels die muurkunsprojek?

#droomgroot

Die Afrikaans.com-span gaan een muur by elk van die deelnemende laer- en hoërskole verf en die veldtog met foto’s en videomateriaal op sosiale media aktiveer. Hoërskoolleerders sal aangemoedig word om met die hutsmerk #droomgroot, op sosiale media deel te neem en op kreatiewe maniere en deur gebruik te maak van selfies en video’s, hulle drome en talente voor die muurskildery met ons te deel, en Afrikaans.com verskaf lekker pryse. By laerskole woeker die muurkuns met woorde wat lees en verbeelding aanmoedig.

Die doel van die muurskilderye is om die skoolomgewing mooi en inspirerend te maak en kinders se verbeelding vlerke te gee en hulle sodoende aan te moedig om Afrikaans met passie en oorgawe te geniet en te gebruik.

'n Droom word gebore...

Die begin van 'n groter prentjie...

Ons kunstenaars kleur drome in...

Die eindproduk...

Die video...

Leerders pryk voor hul nuwe muur en deel hul drome … in Afrikaans.

Die Nuwe Graskoue Trappers kom uit dié geweste!

Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam

Kinders van die Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam het die proses nuuskierig-opgewonde dopgehou terwyl elke laag verf die prentjie vorm. Die Afrikaans.com-Augsburgmuur is Woensdag, 29 Maart bekendgestel en genooide plaaslike talent het die dag nog verder opgehelder.

Die plaaslike groep Rieldansers - die Nuwe Graskoue Trappers, onder leiding van Floris Smith, is al drie jaar die onoorwinlike wenners van die ATKV-Junior Rieldanskompetisie. Hierdie is ‘n wêreldklas dansgroep het onlangs weggeloop met goue medaljes in Los Angeles by die Wêreldkampioenskap. Die groep bestaan uit skoolgaande leerders van Clanwilliam, Graafwater en Wupperthal.

Die blinkoog Graad 3-leerders is behoorlik geïnspireer deur hul storie ... “enigiemand kan uitstyg bo omstandighede en deur harde werk drome laat waar word!” Die kinders kon self spog met hul talente en het liedjies gesing en gedigte voorgedra.

Die boodskap: “As ek groot droom en hard werk kan ek enigiets doen!”

Die Afrikaans.com muurkuns vertel ‘n storie. “Wees trots oor hoe JOU Afirkaans klink”, en onthou, JY is die hoofkarakter van jou eie storie!

Hoërskool Graafwater

Hoërskool Graafwater se Afrikaans.com-muur is Vrydag, 31 Maart oorhandig tydens ‘n heerlike konsert en ‘n program vol vermaak. Die leerders is uitgedaag om oorspronklike gedigte voor te dra, hul eie liedjies te sing en te kletsrym. Die Graad 11 en 12 hip-hopdansgroep het die afwagting voor die onthulling opwindend, kreatief en vol pret laat verloop.

Elke suksesstorie begin met ’n droom ...

Die tema is aangepas vir ‘n ander ouderdomsgroep. Leerders is bekendgestel aan die sosiale mediaveldtog en ’n kompetisie word, sodra die nuwe termyn begin, afgeskop. Leerders kry dan die kans om hul drome, verwagtinge en talente in hul eie Afrikaans, voor die muur te deel. Hulle word aangemoedig om die #droomgroot te gebruik, foto’s en video’s te deel en die boodskap soos ‘n veldbrand te laat versprei: “Ons geniet ons eie Afrikaans met passie en oorgawe.”

Die kleurryke muur is versier met raakvatwoorde uit die streek soos: flaterwater, laaitie, ja’nee, heita en daaikanniewiesie om lesers aan te moedig om Afrikaans in al sy vorme te vier en te verken. ‘Hoe lyk JOU Afrikaans?’- het behoorlik weerklink oor die speelgrond soos wat jongmense mekaar begin uitdaag op soek na hul eie antwoord op die vraag.

Verandering vat tyd...

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Die afrikaans.com span – hard aan die werk …

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Dié plaaslike barmhartige samaritane, Albert Geldenhuys (ook bekend as “Oupa”) en “Rasta-Man” bring verligting met koeldrank en ‘n sambreel…

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Die onthullingsdag is hier!

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

 

Graafwater-Muurprojek
Graafwater-Muurprojek

Pa en seun, Jaco en Clarence Strauss, vermaak leerders met klawerbord en saxofoon.

Graafwater-Muurprojek

Drie toppresteerders van Hoërskool Graafwater, Robin Brandt, Nicole Joubert en Leonelle Adamz -ontvang die Afrikaans.com
t-hemde vir hul entoesiastiese deelname tydens die dag se program.

Graafwater-Muurprojek

Graad 12- leerder, Maria Pekeur, dra ’n gedig van Adam Small voor.

Afrikaans.com muurprojek - Maria Pekeur.
Kyk hier...

Cindy Strauss, Graad-12 leerder wys haar digterlike kant ... hier dra sy een van haar gunsteling gedigte voor.

Hoërskool Graafwater, Graad 12 leerder, Nicole Hector, lewer “What abo’ de lô?” deur Adam Small.

Kletsrymers

Graafwater-Muurprojek

Ethan Johnson en Peter Julies vermaak hul maats met een van hul eie skeppings.

Pronkwerk

Graafwater-Muurprojek

Elmarie Wright en René Arendse, deel van die Afrikaans.com-span voor die muur. Hoërskool Graafwater se drie top-presteerders in Afrikaans pronk saam. Leerders van links: Robin Brandt, Nicole Joubert en Leonelle Adamz.

Die eindproduk!

Graafwater-Muurprojek

Irista Primêre Skool in Kuilsrivier en Parkfields Laerskool, Hanoverpark

“Die Afrikaans.com-muur is vir ons ’n groot eer. Jul pragtige muurskildery op ons skool se muur is ’n duidelike teken dat die bevordering van Afrikaans by ons ’n eerste prioriteit is ... ons weet hierdie geskiedkundige gebeurtenis het sommer ons leerders se liefde vir Afrikaans versterk en hulle opnuut laat besef dat Afrikaans ’n pragtige taal is ...”

– uittreksel uit briefie van Irista Primêr na muuronthulling.

Op 2 Junie was daar ’n tasbare opgewondenheid in die lug toe die jongste muuronthullings by nog twee laerskole in die Wes-Kaap plaasgevind het. Weereens het die Afrikaans.com-span hulself oortref en op hul unieke en kreatiewe manier kleur aan voorheen “kaal” mure verleen. Hierdie kleurvolle muurskilderye maak nie net die skoolomgewing mooi nie, maar dra ook by om die leerders se verbeeldings aan te moedig en ’n liefde vir lees te kweek. Gasspreker was dr. Jaco Deacon, uitvoerende adjunkhoof van FEDSAS. Die onthullings is onder andere ook bygewoon deur Michael Jonas, hoofbestuurder van die Afrkaanse Taalmonument in die Paarl, verteenwoordigers van die ATKV, Vriende van Afrikaans, verteenwoordigers van die universiteite van die Wes-Kaap en Stellenbosch asook Fiona van Kerwel van Woorde Open Wêrelde. Gaskunstenaar was die immergewilde rymkletser HemelBesem wat tot groot vermaak van die kinders, vertel het dat hy nog in Afrikaans slae gekry het.

“Die Kaapse Vlakte droom groot saam met Afrikaans.com.”

– René Arendse, projekleier en Ambassadeur vir Afrikaans.

Irista Primêre skool

Juffrou Adams en René Arendse saam met die graad 2-klas wat pas hulle afrikaans.com-boeksakkies ontvang het.

Conrad Steenkamp (ATR), Jaco Deacon (FEDSAS) en Danie van Wyk (FEDSAS) saam met verteenwoordigers van plaaslike skole en universiteite.

HemelBesem rymklets saam met Selklyn August.

Reinette Lucas en Cleo Smith voor hulle amper-klaar muur.

Jaco Deacon (FEDSAS), HemelBesem en Danie van Wyk (FEDSAS).

Irista-dansgroep vermaak hulle maats gedurende die onthullingsgeleentheid.

Laerskool Parkfields

Fagan Davids, Ebrahim Krock en Diego McKray is opgewonde oor hulle nuwe muur by Parkfields Laerskool.

Ebrahim Boer rymklets saam met HemelBesem.

Parkfields se lyndansgroep is reg vir hulle optrede.

Graad 4A se perkussie-band maak musiek op hul selfgemaakte instrumente.

Eric van der Byl, gr. 7- Afrikaans-onderwyser en 'n Ambassadeur vir Afrikaans!

Keayan Lambert, trotse graad 2-Parkfielder voor sy skool  se nuwe muur.