Musiek

Watse Afrikaans is musiek vir jou ore?

Afrikaanse musiek het 'n uitsonderlike aanhang tuis en oorsee. Waar jy jouself ookal bevind, Afrikaanse musiek steur hom nie aan afstand, demografie en ouderdom nie. Of 'n mens nou die taal waarin gesing word, verstaan of nie, op 'n manier resoneer die klank en ritme van Afrikaans met almal wat daarna luister. Afrikaanse musiek is tans die mees geluisterde en mees gekoopte musiekgenre in Suid-Afrika.

Laat weet ons wat roer jou hartsnare, laat jou voete jeuk en wat laat jou huis toe verlang. Klik hier... en kom gesels saam! Stuur vir ons 'n video, 'n foto of 'n klankopname of stem hier en help ons met ons Afrikaanse liedjie-uitskieterlys.

Gesels saam ... 

 

Liedjietrivia

Kan jy raai watter lirieke word hier uitgebeeld? Toets jou liedjiekennis met hierdie lekker Triviaspeletjie.
Klik op die prentjie vir die antwoord. 

  • 11. Het jy die antwoord gekry?
    Indien nie, kyk hier na die video. 

  • 12. Het jy die antwoord gekry?
    Indien nie, kyk hier na die video. 

  • 13. Het jy die antwoord gekry?
    Indien nie, kyk hier na die video. 

  • 14. Het jy die antwoord gekry?
    Indien nie, kyk hier na die video. 

Vorige Liedjietrivias ...

 

Hilde se hartsklanke

Episode 13 - Paarl 

Hilde se musikale reis kom tot ’n einde.

Hildegardt Whites se soeke na haar eie, unieke klank kom eindelik tot ’n hartseer einde. Hilde se Hartsklanke, het dié aktrise en sangeres gevolg soos sy wyd en syd deur die land getoer het om haar eerste album op te neem. Die laaste episode wys vanaand om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147).
Hilde, haar man, Kuba Silkiewicz, en haar orkes het 13 dorpies wat na aan haar hart lê, besoek en oral saam met plaaslike kunstenaars liedjies opgeneem.

 

Hilde is beide hartseer en bly dat dié spesiale reis tot ’n einde gekom het. “Ek kan nogsteeds nie glo ons het dit gedoen nie! Ek het dit verskriklik geniet en só baie geleer. Dit was vir my ’n ongelooflike reis en ek het ongelooflik baie geleer as mens én as musikant. Musiek leef binne my.”

Die finale liedjie, Kinders van die stof, geskryf deur Kuba, bring die hele reeks bymekaar. “Dit is vir my ’n baie mooi liedjie,” vertel Hilde. “Ons het só baie mense ontmoet vir wie ons só liefgeraak het. Dit is ook ongelooflik om te sien wat die ervaring vir hulle beteken het.”

Dié vers in die liedjie som dit pragtig op:

Hulle los voetspore
Van blomme en drome
Hulle sing met die stem van die wind
Hulle dans onder die sterre
Tot son op
Die kinders van die stof

Daar is baie kunstenaars wat vir Hilde spesiaal was. “Ek was mal oor die musikante wat ons in Clanwilliam ontmoet het. Hulle het dit so vinnig gekry. En dan natuurlik die omies in Kenhardt. Ek het hulle so baie geniet. Boeta Gammie in Calvinia staan ook uit op die reis.”

En as sy terugkyk na dié bedrywige ervaring? - “Ek sal dit alles weer doen!”

Heruitsendings van Hilde se hartsklanke wys Donderdag om 08:00 en 16:30, Vrydag om 14:00 en Saterdag om 19:00. Slegs op VIA (DStv-kanaal 147).

  Lees meer ...

 

Vorige episodes ... 

Kunstenaarfokus

Het jy ’n gunstelingkunstenaar wat jy graag van nader wil leer ken? Gesels saam en laat weet ons!

Die Heuwels Fantasties: Diversiteit in nuutste album.

“As ons daar kan uitkom waar musiek net die voertuig is ... die universele taal. Dit maak nie saak of daar Engels, Zulu of Afrikaans op is, dit wek iets in jou, dit maak iets wakker in jou – ek dink as ons dit kan regkry, dan het ons gewen.”

Pieter Cloete het met Hunter en Pierre gesels oor hulle Afrikaans en die nuwe album.

Klik hier vir nog ...

 

Musieknuus

Hier vind jy nuus oor nuwe vystellings, wat gebeur op die musiekfront en wie tree waar op. Gesels saam en help hou ons oppibôl!

Titel Agtergrond Skakel
Lance James vier 60 goue jare in die musiekbedryf met nog ‘n album! Lance James het bekendheid verwerf vir onder meer die treffers Dankie en Vicki en vir Bloedrooi die rose en Bymekaar in duet saam met Min Shaw en After the Fire is Gone en Somewhere Between saam met Barbara Ray. http://pietercloete.com
Klein Karoo Klassique se kaartjies nou te koop Kaartjies vir die Klein Karoo Klassique in Oudtshoorn kan nou gekoop word.

Dit word van 11 tot 13 Augustus aangebied en begin met die dubbel Sama-bekroonde kitaarduo, CH2 (Corneille Hutten en Dirkie van Staden). Hulle speel klassieke meesterstukke van Tárrega, Rodrigo, Bach, hul eie komnposisies in die flamenco-styl en ook verwerkings van Afrikaanse treffers soos “Tussen treine” en “Vyfster”.

 

http://netwerk24.com
Maroela Media Afrikaanse Top 20: 01 Mei 2017 Die week se Maroela Media Afrikaanse Top 20. http://maroelamedia.co.za/
Aanhangers verheug oor Afrikaans is Groot se aankondiging Die nuus is Dinsdagoggend in ’n verklaring op Afrikaans is Groot se amptelike Facebook-blad bekendgemaak.  http://huisgenoot.com
Suzzi se musiek kom uit ’n eerlike plek Al is Suzzi Swanepoel se jongste musiekvideo “Laaste keer” met ’n ouderdomsbeperking van 16 op televisie bekend gestel, glo sy dié liedjie vertel ’n deel van haar lewensverhaal baie goed. http://netwerk24.com
Wonderlike nuus vir Brendan Peyper-aanhangers! Drie jaar gelede was hy nog ’n gewone skoolseun wat vir sy skool se eerste rugbyspan uitgedraf en graag in sy ouers se motorhuis in Bloemfontein musiek gemaak het.

Deesdae is Brendan Peyper een van die land se nuwe sangsensasies wat oral te sien en te hoor is.

 

http://huisgenoot.com
Chris Chameleon se nuwe album binnekort op die rakke! Chris Chameleon het ses jaar laas ’n volkome, selfgeskrewe Afrikaanse album vrygestel. Met die bekendstelling van die langverwagte ‘Jy en Ek en Ek en Jy’ kan aanhangers uiteindelik asem uitblaas.

 

http://pietercloete.com

  Lees meer ...

 

Waarna luister jy?

Die musiek waarna jy luister gee baie weg oor wie jy is en waar jy jouself op jou lewenspad bevind. Ons wil weet waarna jy luister en waarom. Vertel ons kortliks iets van jouself, deel jou ses gunstelingliedjies en waarom dit vir jou spesiaal is! Wie weet, jy wen dalk ‘n lekker CD-geskenkpak met komplimente van Select. Stuur jou lys en ‘n foto van jouself na: info@pietercloete.com. Vir so ‘n bietjie inspirasie …

Lundi Khoisan se lekker liedjielys.  30 Top liedjies van 2016!   Elsa Esterhuizen se lekker liedjiekeuse.

 

 

Nuusmakers

Hier kan jy lees oor die jongste nuusmakers in die Afrikaanse musiekbedryf: Hul jongste albums, bydraes en toekennings. 

Lees meer ...

 

Musiekvideo's

Taal is die bron waaruit die kunste ontspring en lirieke wat die hart raak, bring mense bymekaar - 'n gemeenskaplike liefde vir musiek en dit in jou eie taal of 'n taal wat jy verstaan, het duidelik saambindende krag.

Met internasionale erkenning en 'n aanvraag na Afrikaanse kunstenaars se musiek het sommige begin om Engels tussendeur die Afrikaanse lirieke te gebruik. Ofskoon hul sommige aanhangers vervreem het, het hul ook talle bygekry.

Hieronder is musiekvideo's wat die verskillende genres van Afrikaans opsom

Kunstenaars soos Yolande Visser van “Die Antwoord”, Karen Zoid en Jack Parow is vandag wêreldberoemd. Kunstenaars soos die kletsrymer Hemelbesem en hip-hop-kunstenaars soos Snotkop, verskaf 'n ruim keuse aan 'n dikwels diverse gehoor. Daar is ook ruimte vir die nismarkte van Amanda Strydom wat ongekende gewildheid ervaar in Nederland en Coenie de Villiers se jazz wat jou Karoobossies laat ruik. Die wye landskap van Afrikaanse musiek word ingekleur deur omstrede kunstenaars soos Steve Hofmeyr en Bok van Blerk, en selfs onder-die-belt lirieke soos gesing deur Robbie Wessels, ontlok deurentyd debat. Die mark vir die meer sentimentele en oppervlakkige is 'n reuse industrie en loop deur onder kritiek, maar die konserte bly vol en die verkope spreek vansel. 

Lees meer ...

 

Uitskieterlys

Pieter Cloete het 'n Afrikaans.com-uitskieterlys van 100+ liedjies wat oor die afgelope eeu 'n indruk gelaat het, saamgestel. Klik hier, kies 'n datum, luister na die liedjie en stem vir jou gunstelinge.

Klik hier ... 

 

 

Vennootskappe 

Liedjie-toep

Liedjie.com bied die eerste Afrikaanse musiek-stroomdiens, gebore uit 'n sameloop van liefde vir musiek en tegnologie. Die Liedjie-toep maak dit moontlik om enige tyd en enige plek na jou gunstelingmusiek te luister deur van jou slimfoon gebruik te maak.

Laai die toep hier af.

Van die mond tot die oor …
Beleef jou wêreld in Afrikaans-veldtog - KykNET

In 2015 stel KykNET die Beleef jou Afrikaans-veldtog bekend met 'n musiekvideo waarin Suid-Afrika se top-musiekkunstenaars deelneem.

Kyk hier na die video

 

Afrikaanse speellyste

 

Media speel veral 'n belangrike rol in die Afrikaanse musiekindustrie. Almal onthou nog toe MK89 in 2005 sy debuut op DStv gemaak het. Dit het vir baie kunstenaars die geleentheid gebied om hul musiek deur middel van musiekvideo's aan die massas te bring. Vir kykers het dit 'n platform geskep om deel te wees van hierdie kultuur. En, dit was nie net die Zoid-generasie wat die kanaal as medium gebruik het om “koel” te wees nie. Die tieners en jongmense van die vroeë sestigs, sewentigs en tagtigs was ook deel van hul eie “kultus” - Springbok Radio Charts, The David Gresham Show, ens. Vandag vind trefferlyste en Top 20-programme steeds aanklank by die Afrikaanse en Engelse gehoor.

 
Jacaranda FM Top 20

https://www.jacarandafm.com

Maroela Media Afrikaanse Top 20 http://maroelamedia.co.za
Groot FM Groot 20

http://www.grootfm.co.za/

  Lees meer ...

 

Musiek blogs

 

Skryf jy graag oor musiek en wil jy dit met ons deel. Kom gesels saam oor musiek en deel jou blogs.

Lees meer ... 

 

Afrikaans se spore lê diep

 

Afrikaanse musiek weerspieël die diversiteit van Afrikaans. Van Afrikaanse popmusiek om die braaivleisvuur, ’n langarmtreffer op 'n Saterdagaandsokkie tot die stofproe op 'n koue, Noord-Kaapse winteraand wanneer 'n rieldanser ritmies op die maat van 'n kitaar laat waai. Daar is 'n styl en genre vir elke gemoed en smaak. In 'n ou houtskuur in Limpopo dans jonk en oud op die konsertinaklanke van boeremusiek en op die Kaapse vlaktes dig kletsrymers hul storie ritmies deur 'n ou boomboks. Jy gaan dalk nie van al die Afrikaanse musiekgenres hou nie, maar 'n meer uiteenlopende musiekkultuur gaan jy waarlik nêrens anders as hier op eie bodem vind nie.

 
Die klankbaan van jou hart

Musiek in flieks speel dikwels die hoofrol en soos menige akteurs vastrapplek vind op die wêreldverhoog na 'n lokettreffer, baan flieks ook die weg vir liedjies wat vasstrapplek kry in jou hart. Dink aan Gé Korsten, Mimi Coertse, Al Debbo en ander. Vandag, is dit ook so. Flieks soos Liefling was deels verantwoordelik dat die klankbaan en liedjies van ouds weer nuwe lewe gekry het. Gé Korsten se treffer, Liefling, is nuutgemaak en Nostalgie van Laurika Rauch was weer op die treffersparade. 'n Film soos Jans Rautenbach se Abraham, het weer die geleentheid gebied om 'n genre en styl tipies van die riel aan die massas bekend te stel en die klankbaan, saamgestel deur Riku Lätti, het erkenning ontvang, maar het ook die lig laat skyn op musiek wat nie oraloor bekend was nie.

Die pad van oortuiging

1989 - Johannes Kerkorrel sing Sit dit af. As teenvoeter het die musiek-en-liriek-beweging aan die einde van die sewentigs en die begin van die tagtigs 'n groot bydrae gelewer om Afrikaanse musiek te bevry. Hulle het musiek in Afrikaans geskep met lirieke wat 'n stem gegee het aan 'n  gees van verandering en protes. Hieruit het "alternatiewe" kunstenaars, soos Koos Kombuis, Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand die weg gebaan vir 'n nuwe stroom in Afrikaanse musiek.

 Afrikaans is plesierig In 2001, reik Karen Zoid haar enkelsnit, Afrikaners is Plesierig, uit.
Haar populariteit en die impak van hierdie trefferliedjie lei daartoe dat die term, die "Zoid-generasie" geskep is. In ’n onderhoud met Kapp & Beukes (2008) gee Karen Zoid te kenne dat sy nie dink daar is werklik so iets soos ’n Zoid-generasie nie, maar sê dan die volgende met betrekking tot identiteit in Suid-Afrika ná apartheid: “Toe die politieke veranderinge gebeur, moes ons actually ons identiteit gaan soek, want voor dit was mense se identiteit vir hulle gegee.” Hierdie uitlating van Zoid wys op die dryfkrag agter die snelle ontwikkeling van Afrikaanse rock teen die millenniumwending as ruimte waar identiteitsvorming kon geskied. Die begrip Zoid-generasie is gebruik om na Zoid en haar aanhangers te verwys. In die woorde van Koos Kombuis in ’n Huisgenoot-onderhoud oor die “nuwe” generasie: “Karen Zoid het nog nie haar hoogtepunt bereik nie. Sy transformeer en eksperimenteer nog gedurig.” (Roggebrand 2004.) Koos was nie verkeerd nie. Karen se populêre televisiereeks op kykNET, Republiek van Zoid Afrika, is ongetwyfeld ’n groot sukses, soveel so, dat seisoen vier in Julie 2016 op kykNET te sien gaan wees. Sy was ook die eerste Afrikaanse kunstenaar wat rekords laat spat het vir die mees afgelaaide liedjies op iTunes.
Afrikaans sing nou saam

Dis niks ongewoon vir musikante om iemand se ou treffer af te stof en dit met ’n klein kinkel hier en ’n groot ritme daar as nuwe weergawe op te dis nie (Chutney de Ridder, Netwerk24, 2 April 2015).
Maar om dit te herverwerk vir ’n genre waarby dit op die oog af glad nie sou pas nie en boonop nuwe lirieke by die bestaande deuntjie by te werk, is iets wat nie aldag gebeur nie. En dit boonop in Afrikaans!
En dit is juis wat gebeur het toe Coenie de Villiers legendes in die musiekbedryf met kletsrymers bymekaar gebring het om ou gunstelinge te omskep in iets vars. Kyk hier na die musiekvideo van Rina Hugo en YOMA met Al lê die berge nog so blou.

 

  Lees meer ...