Ons stories

Hier sien jy Afrikaans in haar volle emosionele reënboog. Hierdie taal se horisonne is wyd en met ’n karakter so eiesoortig soos elke mens wie se wortels in hierdie kontinent geanker is. Hier beleef jy die kragtige speelsheid in vertellings, woorde en uitdrukkings ... jy sien Afrikaans getooi in al haar eenvoud, diepte, volheid en nederigheid. Jy sien haar speel, lag, dink, droom en jy ervaar hier monduitspoel, pret in Afrikaans, nuwe woorde en unieke gedagtes – dis maar net die begin van lekker blog en storievertel in Afrikaans. Ons nooi jou om te kom lees en kyk na hartelus, en ook jou eie stories, video’s of Afrikaanse blog te deel. Gee hierdie blad lewe!

Gesels saam

 

Sandra is wêreldgehalte

Sandra Prinsloo se onvergeetlike bydrae en nalatenskap is ongeëwenaar. Haar betowerende krag op ‘n verhoog slaan keer op keer ‘n mens se asem weg. Haar talent bekoor gehore al dekades lank. Sy is ‘n legende, maar Sandra, die mens, inspireer op soveel vlakke. Alita Steenkamp het met haar gesels kort na haar 70ste verjaarsdag (15 September) en gee ‘n intieme blik op haar lewe en werk.  

Lees meer ...

Doktor Marlene!

’n Besondere eer het Marlene le Roux, die hoof uitvoerende beampte van die Kunstekaapsentrum, te beurt geval. Op Donderdag 30 Maart het die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) aan Marlene ’n eredoktorsgraad in opvoeding toegeken. Marlene, wat ook die SBA-voorsitter en ’n beskermvrou vir Afrikaans.com is, het werklik al ’n besonderse bydrae gelewer tot die uitvoerende kunste, opvoeding en sosiale transformasie in Suid-Afrika.  

Lees meer ...

@reis-afrikaans – Bevredig jou swerflus

Twee jongmense wat dol is oor reis, mense, woorde en Afrikaans, het koppe bymekaar gesit en met die idee van ’n Instagramblad na vore gekom waarmee reiservarings in Afrikaans gedeel kan word. Lara Erasmus en Jolene Potgieter het in Julie 2016 begin werk aan die idee en in Desember 2016 is @reis_afrikaans in die lewe geroep. Binne vier maande het hierdie groep se volgelinge gegroei tot 900 en dit sluit bekendes soos Dewald Wasserfall, Izak Davel, Lara Kinnear, sowel as verskeie lodges en feeste in.  

Lees meer ...

Henk Serfontein: Winterslaap

’n Eerste ontmoeting ses jaar gelede, ’n bos blomme ... en die res? Wel, die res is ’n portretstudie van Wilma Stockenström, digter, skrywer en aktrise deur die bekende kunstenaar Henk Serfontein en 12 aangrypende tekeninge van ’n slapende Stockenström by Woordfees 2017 na aanleiding van haar gedig, “Winterslaap”.  

Luister hier na sy storie ...

 

Stories en blogs

Woeker met die woord – Afrikaanse skrywers, bloggers, digters, skilders.

Lees hier hoe Afrikaanse bloggers, digters, musikante en skilders Afrikaans besing, beleef, beskryf en uitbeeld. Mond uitspoel, pret in Afrikaans, nuwe woorde en unieke gedagtes – dis maar net die begin van lekker blog in Afrikaans en ons nooi jou uit om jou Afrikaanse blog aan ons voor te stel sodat ons die nuus kan versprei en jy lesers kan bykry.

Lees meer ...

Op pad met Afrikaans

Anoeschka is die skrywer van onder meer Annerkant die Longdrop en Vaselinetjie. Sy was ‘Op pad met Afrikaans’ as Arikaans se ‘boesemvriendin’ en het aangedoen in verskillende streke van ons land. Ons nooi JOU nou uit om stories te deel uit jou streek. Ons wil deel in die lekker van JOU Afrikaans.
Stuur 'n e-pos aan:
myafrikaans@afrikaans.com, neem ‘n video en laai dit op YouTube, stuur vir ons die skakel of stuur foto’s en vertel jou storie. Ons wil hoor hoe jy klink! Soek jy inspirasie?

 

Klik hier