Stories en blogs

Woeker met die woord – Afrikaanse skrywers, bloggers, digters, skilders

Lees hier hoe Afrikaanse bloggers, digters, musikante en skilders Afrikaans besing, beleef, beskryf en uitbeeld. Klik hier  ... en kom gesels saam in Afrikaans.

Wees skeppend in Afrikaans

Mond uitspoel, pret in Afrikaans, nuwe woorde en unieke gedagtes – dis maar net die begin van lekker blog in Afrikaans en ons nooi jou uit om jou Afrikaanse blog aan ons voor te stel sodat ons die nuus kan versprei en jy lesers kan bykry. Klik hier … en deel jou blogskakel of storie.

Kyk hoe doen ander dit

Kom gesels saam en vertel ons watter blogs lees jy! Blog jy graag oor Afrikaans of in Afrikaans? Vertel jy lekker stories? Kom gesels saam ...

Elke foto vertel 'n storie

 

Dit het gegons op sosiale media met #myAfrikaans toe Afrikaans.com en Huisgenoot se lekker fotoverhaalprojek ’n paar maande gelede afgeskop het.

Huisgenoot het lesers genooi om ’n fotoverhaal wat oorspronklik in die vroeë 1970’s in Huisgenoot verskyn het, “oor te vertel”. En was dit nou pret! Lees meer ...

 

Lekker blogs

Vertel ons van 'n lekker blog of storie waarvan ons moet weet. Klik hier ...

 Wat gaan jy hierdie vakansie met die kinders doen?

Rentia Weber, is die ma van Klara (6) en Daniel wat in Desember vyf jaar oud word. Hierdie Afrikaans.com Ambassadeur woon in die Paarl en sy sê die lang somervakansie is ideaal om prettige dinge saam met die kinders te doen. Besoek Rentia se Facebookblad, Afrikaanse Woord vir die Dag https://www.facebook.com/AfrikaanseWoordvirdieDag/ waar sy elke dag ’n nuwe, interessante of besonderse Afrikaanse woord deel en lees haar raad hier ... . Lees meer ...

 

 

Annelien Pienaar is een van ons Ambassadeurs wat dit geniet om kos te maak in Afrikaans. Op haar blog, Boerekos met ’n Twist, http://boerekostwist.blogspot.co.za/ deel sy nie net heerlike resepte nie, maar sy deel ook stories en wys op moontlike haakplekke in die kookproses en hoe om dit te systap. Hierdie blog lok besoekers van reg oor die wêreld en Annelien sê daar is beslis ’n honger na heerlike resepte in Afrikaans. Sy deel hierdie heerlike gebakte biltongkaaskoekresep wat ideaal sal werk vir die feestafel. Lees meer ...

 

Die Groot Uitsmyt – wenke vir opgaarders

As die lente aanbreek, vee ons spinnerakke weg en staan moedeloos voor die kas volgeprop met jare se “wat as…”-uitrustings. Die skoonheidsdoyenne Elsa Krüger laat waai in haar blog oor die Groot Uitsmyt: www.mooipraatjies.com/die-groot-uitsmyt-episode-1/. Laat weet waar jy vanjaar die Groot Uitsmyt aanpak, en wat eerste gaan waai.

 

Dié stories sal by jou spook! – Frances Strooh

Min lande het soveel stories om te vertel soos onse Suid-Afrika. En Suid-Afrikaners is mal daaroor om stories te vertel – die bewyse staan om elke kampvuur. Ons land is ‘n smeltkroes van kulture wat elk help weef het aan die unieke tapisserie stories wat ons vandag ken (en tientalle wat ons nog nie ken nie, of al lankal vergeet het). Ek het dit goed gedink om ‘n paar van Suid-Afrika se spookstories na te vors en neer te pen.

Lees meer ...

 

Fanie Os Oppie Jas

Fanie Os Oppie Jas se blogs is 'n lekker plek as jy wil saamreis deur Afrikaans en Fanie van der Merwe wil volg op sy wêreldreise. Sy nuutste idee is sy "Maak die wêreld 'n beter plek - een poskaart op 'n slag!

Lees meer ...

 

André Christof – Op Vlerke

André Visagie en sy vrou, Katie, se passie was nog altyd die natuur en saam het hulle oor die afgelope 35 jaar gereeld die Krugerwildtuin besoek.

Op Vlerke, die gewilde blog onder die naam André Christof,verskyn op Netwerk24.

Lees meer ...