Praat vir 'n dag NET Afrikaans!

Probeer om 'n dag lank jou Engelse woorde met regte Afrikaans te vervang. Kyk of jy hiermee can "cope" vir net een dag - dis dalk makliker as wat jy gedink het!

Praat vandag NET Afrikaans!

Hier is ‘n lys van 10 Engelse woorde wat Afrikaanssprekendes algemeen gebruik en ‘n hele rits Afrikaanse woorde wat jy eerder kan inspan. Verbeter op ons alternatiewe en voeg by. Klik hier

Probeer om 'n dag lank jou Engelse woorde met regte Afrikaans te vervang. Kyk of jy hiermee can "cope" vir net een dag - dis dalk makliker as wat jy gedink het!

Engelse woord Afrikaanse alternatief
cute oulik, skatlik, lief, ougat
actually eintlik, trouens
amazing merkwaardig, verstommend
obviously vanselfsprekend, duidelik, ooglopend
eventually uiteindelik, mettertyd, einde ten laaste
issue kwessie, saak, aangeleentheid, vraagstuk, probleem, twispunt, strydpunt, geskilpunt
great uitstekend, baie goed, besonders
basically in wese, wesentlik, fundamenteel, basies
anyway in elk/ieder/alle geval, nietemin, hoe dit ookal sy

Hier is 'n lys van woorde wat ons almal algemeen gebruik wanneer ons met ons kinders praat. Hier volg 'n rits Afrikaanse woorde wat jy eerder kan inspan. Verbeter op ons lys of vul aan. Klik hier

Probeer 'n dag lank met jou kind net in Afrikaans praat. Kyk of jy hiermee can "cope" vir net een dag. Dis dalk makliker as wat jy gedink het!

birthday verjaardag
cupcakes kolwyntjies
jungle gym klimraam
slide glyplank
jump spring
swing swaai
joke grappie
smile glimlag
popcorn springmielies
movie fliek
toast roosterbrood
play-date speel by 'n maat
make-up grimering
face paint gesigverf
superheroes superhelde
craft kunsvlyt
stapler krammasjientjie / kramdrukker
glitter blinkertjies
witness getuig
challenge uitdaag
worship aanbid
accountability rekenskap gee/toerekenbaarheid/aanspreeklikheid
awesome asemrowend/wonderlik/ongelooflik
fist fight vuisgeveg
scary vreesaanjaend
journey reis

 

So praat ons land en sand …

(Die Engelse lag vir ons:) – uit die pen van Cecilia Steinberg (2016)

Afrikaanse kinders verjaar nie meer nie
Maar het birthdays
Waar hulle cupcakes eet
Nie kolwyntjies nie
Hulle gly nie meer af van die klimraam se glyplank nie
Hulle slide - op die slide van die jungle gym
Hulle spring nie, maar jump
En swing in plaas van swaai

As iemand 'n grappie maak is dit 'n joke
Hulle glimlag nie - maar smile
Hulle eet nie meer springmielies nie,
Maar popcorn. Veral as hulle movies kyk.
Wie kyk dan nog stories?
Vir ontbyt is toast 'n gunsteling
Niemand eet roosterbrood nie

Afrikaanse kinders speel nie meer by maats nie.
Daar word geplaydate
En gespeel met make-up
want wie dra dan grimering?
Hulle wil face paint hê soos superheroes
Nie gesigverf van superhelde nie

Dis craft
Nie kunsvlyt nie
Juffrou het 'n stapler - nie 'n krammasjientjie nie
En glitter is aan die orde van die dag
Definitief nie blinkertjies nie

In die kerk
Word daar testimony gewitness gejourney gechallenge geworship accountability gevra
Nie getuig gereis uitgedaag aanbid rekenskap van gegee nie.

Alles is awesome
Niks is asemrowend nie

Op kampus word daar vuisgeslaan oor Afrikaans
Sê een student
Actually

Lees meer, luister of kyk 'n bietjie waar loop Afrikaans se wye spoor: