In 'n neutedop

Afrikaans.com is daarop gemik om Afrikaans in haar volheid te vier en te verken. Hier vind jy alles oor Afrikaans en kom jy alles te wete oor organisasies, feeste en projekte wat ‘n bydrae tot die Afrikaanse landskap lewer. Die onderwerpe is:

Met onderafdelings soos musiek, boeke en kos, en ‘n nuttige feeskalender en 'n webkatalogus met bakens wat jou reis op jou verkenningstog deur die Afrikaanse landskap vergemaklik.
 

Deel in die lekker van Afrikaans

  • Deel die lekker van jou Afrikaans.
  • Almal se Afrikaans lyk anders.
  • Ons leef, praat en ervaar Afrikaans verskillend.
  • Deel jou stories, ‘n foto of ‘n video en wys ons hoe lyk die lekker van JOU Afrikaans!

Lees meer ...

Stem

Stem: Uitskieterlyste - Liedjies en boeke
  • Stem vir jou gunstelingboek om te verseker dat dit die Afrikaans.com-liedjie- of boekeuitskieterlys haal.
  • Stem vir die 100 liedjies wat oor die afgelope eeu die grootste impak gemaak het.

Ontspan

  • Boeke, kos, feeste, flieks en tydskrifte ... dis maar net die begin! Hier kan jy stem vir 'n jou gunstelingliedjie of -boek om te verseker dit verskyn op ons Afrikaanse boeke- en liedjieuitskieterlys.
  • Ons gesels oor alles feestelik en deel die lekker van Afrikaanse feeste met 'n feeskalender sodat jy jou vakansies kan beplan.
  • Ons wil graag sien wat gebeur wanneer jy self agter daardie kameralens inskuif of dit waag op die verhoog.
  • Poësie, teater, televisie en radio is volgende op ons lys.
  • Stuur foto’s, video's, klankopnames, resensies, of lusmakers en vertel ons hoe jy ontspan!

Beleef

  • Hier vier ons die lekker en nut van Afrikaans en daag jou uit om ‘n dag lank NET Afrikaans te praat.
  • Besoek Ons Afrikaans en vier die raakvat-sêgoed wat Afrikaans in haar volheid en verskeidenheid vier.
  • Hier kry jy nuus oor Afrikaans en ons hou jou oppibôl oor wat met Afrikaans in die sakewêreld en op die sportveld gebeur.
  • Is jy ‘n doener? Hier kan jy in Afrikaans netwerk, betrokke raak en uitvind wie doen wat.

Leer

Deel

  • Ons nooi jou uit om saam te gesels in en oor Afrikaans.
  • Lees meer oor ons ambassadeurs vir Afrikaans, verskilmakers wat eienaarskap neem van Afrikaans, toetree en projekte aanpak wat Afrikaans vlerke gee.
  • Ons beskermhere en -vroue dien as inspirasie. Hulle is mans en vroue wat ‘n passie het vir Afrikaans en ‘n groot bydrae op hul gebied lewer.
  • Afrikaanse blogs en stories vertel ‘n storie van mense wat oor en in Afrikaans gesels oor alle onderwerpe onder die son.
  • Reis saam met ons joernalis, Anoescha von Meck, op pad met Afrikaans. Op haar reis ontmoet sy mense wat in hul alledaagse lewe hul lieflingstaal – Afrikaans – vier.