Uitskieterlys

Die Afrikaanse letterkundeskatkis maak dit voorwaar 'n moeilike taak om 'n lys van 100 belangrike boeke saam te sel wat die grootste impak gehad het. Die beginpunt bly natuurlik die opinies van lesers!

Deelnemers aan hierdie eerste opname het gewissel tussen akademici, resensente, lesers en skrywers. die boeke op ons lys het tussen 1925 en 2015 verskyn. Ons wil graag 'n boekeuitskieterlys saamstel van die 100 boeke wat die grootste indruk gelaat het. Help ons en stem vir jou gunstelinge. Gesels saam en laat ons weet as daar 'n boek is wat jy dink hier hoort en vertel ons waarom.

  1. image

    Susters van Eva

    Wat het Jessie de Waardt besiel om haar babadogtertjie in ´n kuil te verdrink nadat sy haar eers drooggemaak en gevoed het? En wie was die pa van die kind wat elf maande na haar man, Ses, se dood gebore is? Hierdie vrae spook by die vroue op die Rôeveldse plase in Grootberg-se-Kloof terwyl Jessie by ´n bobbejaantrop skuil om speurders te ontwyk.

    Susters van Eva was Dalene Matthee se gunstelingboek as dit by haar eie werk kom. Dit is in Braille gedruk vir gesiggestremdes, en ook op band opgeneem. Die boek is ook in ʼn toneelstuk verwerk.

    "'n Boek soos Susters van Eva bied 'n besondere beskouing van die feminisme en is beslis die moeite werd om weer te besoek." (Amanda Botha)

    Lees meer:

    http://www.dalenematthee.co.za/boeke/eva.html

    http://wwwoulitnet.co.za/inmemoriam/dalene_matthee.asp

    http://bookslikedb.com/book/143289-susters-van-eva/

  2. image

    Vlam in die sneeu

    Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai. ’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding. In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.

    Lees meer:

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2015/11/francis-galloway-red-vlam-in-die-sneeu.html

    http://www.litnet.co.za/oor-die-transkripsie-van-vlam-in-die-sneeu-se-liefdesbriewe/

    http://www.litnet.co.za/liefde-seks-vlam-in-die-sneeu-en-tristia/

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=84633

    http://versindaba.co.za/tag/vlam-in-die-sneeu/

    Kyk hier:

    http://kyknet.dstv.com/2015/11/02/kwela-vlam-in-die-sneeu-ingrid-jonker-andre-p-brink/

  3. image

    Donker stroom

    Aan die einde van 1896, enkele jare voor die Anglo-Boereoorlog, het die 26-jarige wewenaar en Transvaalse koerantman Eugène Marais na Londen vertrek om in die regte te gaan studeer. Hier het hy oënskynlik tot in die doodsnikke van die oorlog gewoon. In Donker Stroom word onthul presies waarmee Marais hom kort voor, tydens en ná die bitter stryd tussen Boer en Brit besig gehou het, ’n verstommende verhaal wat ’n mens jou skaars kan indink. Was Marais die onkreukbare patriot en joernalis wat sy biograwe van hom gemaak het, of is hierdie Afrikaner-ikoon ook deur die donker stroom van die tydsgees meegesleur?

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/donker-stroom-veelsydig-dubbelsinnig/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2015/10/carel-van-der-merwe-donker-stroom.html

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=81506&h=Kies-%27n-boek:-Donker-stroom

    Kyk hier:

    http://www.litnet.co.za/video-bekendstelling-van-donker-stroom-deur-carel-van-der-merwe/

    https://www.youtube.com/watch?v=uEcDlhK5gRs

  4. image

    Soos Familie

    'n Verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ’n honderd huisbediendekarakters in stadsboeke uit ’n groot deel van die twintigste eeu en daarná. Soos Jansen self sê: “Swart huiswerkers is dus ongelooflik belangrik as boodskappers, as kontakfigure tussen wit en swart, tussen ryk en arm, stad en platteland. So was dit in die VOC-tyd en dis nog steeds so.”

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ena-jansen-gesels-oor-soos-familie-stedelike-huiswerkers-in-suid-afrikaanse-tekste/

    http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/2233/2667

    http://reference.sabinet.co.za/document/EJC178821

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=82103

    Kyk hier:

    https://www.youtube.com/watch?v=KNtOwNuWsFY

  5. image

    Nagmusiek

    “Nagmusiek is tegelyk 'n lewensverhaal en 'n roman. Enersyds is dit 'n biografie van die Suid-Afrikaanse komponis Arnold van Wyk (1916-1983). Andersyds is dit 'n roman oor 'n fiktiewe karakter, Werner Ansbach, 'n musikoloog wat al jare lank worstel om 'n biografie van Arnold van Wyk te skryf ... Dis die soort boek wat 'n mens laat glo in die krag van die geskrewe woord, in die vermoë van taal om dinge gesê te kry wat eintlik onsegbaar is, maar wat, as 'n mens versigtig genoeg daar rondom bly praat, tóg kommunikeerbaar word.” – Prof Willie Burger

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/nagmusiek-deur-stephanus-muller/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/11/stephanus-muller-nagmusiek-2014.html

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=78001

    Kyk hier:

    http://bookslive.co.za/blog/2015/05/12/video-stephanus-muller-vertel-meer-oor-nagmusiek-arnold-van-wyk-en-hoe-goed-hy-as-pianis-was/

    Luister hier:

    https://iono.fm/e/241373

  6. image

    Buys: 'n Grensroman

    Die verhaal van Coenraad de Buys, wat beskryf word as die gevaarlikste man in die Kolonie, word beskryf as 'n grensroman. “ Dit kan ook beskryf word as 'n trekroman. Die trek loop op verskeie vlakke: die letterlike trek na die Oosgrens, anderkant die Oosgrens, na die Couga, na die noorde; die trek van Buys se lewe; die trek oor allerlei grense.” – Henning Snyman

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-buys-deur-willem-anker/

    http://www.litnet.co.za/tien-vrae-willem-anker-oor-buys/

    http://www.leondekock.co.za/wp-content/uploads/Rapport_ALL_Weekliks-JHB_25012015RW-1.pdf

    http://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/Murray-La-Vita-gesels-met-Willem-Anker-n-Skrywer-het-een-storie-20150619

  7. image

    Valsrivier

    “Valsrivier is 'n prosateks wat beweeg tussen die grense van vertelling en poësie. Dit is 'n hártgrypende verhaal wat die jeug van die verteller en haar sibbe in oënskou neem. Die leser begin die verhaal lees van die verteller / fokalisator (wat dieselfde naam dra as die outeur) en 'n stuk Afrikaanse verlede ontplooi hier voor die leser se oë. Die lewe op 'n plaas in die Vrystaat en hoe jong kinders reageer op ouers, skool, politieke verskille, diereslag, onreg – en wat nog - word beskryf.” – Prof Joan Hambidge

    Lees meer:

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/08/dominique-botha-valsrivier-2013.html

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=50390

    http://www.litnet.co.za/valsrivier-is-meesleurend/

    Kyk hier:

    https://www.youtube.com/watch?v=uqK9o3hOr0o

    Luister hier:

    https://iono.fm/e/79405

  8. image

    Rooi Jan Alleman

    ’n Historiese roman oor Bram Fischer. Die klein Bram Fischer word gebore uit drome en beelde, met die geloei van Bloemfonteinse osse in die agtergrond. Hy sien die spoke van Paul Kruger en Jopie Fourie, asook dié van Hendrik Biebouw, die eerste Afrikaner. In hierdie roman skryf François Loots ’n kreatiewe, fiktiewe weergawe van Afrikaner-kommunis en struggle-held Bram Fischer se lewe.

    Lees meer:

    http://www.ajol.info/index.php/tvl/article/view/102287

    http://www.litnet.co.za/rooi-jan-alleman-n-resensie/

    http://bit.ly/299zY9q

    Kyk hier:

    http://kyknet.dstv.com/2013/04/18/kwela-17-april-2013-francois-loots/

  9. image

    Die aanspraak van lewende wesens

    Die roman bied ’n priemende blik op twee parallelle reise: ’n man en ’n vrou elk op soek na die oorsake van ’n broer en ’n suster se ondergang. Na ’n onthutsende oproep van ene Josias Brandt, vertrek Karl Hofmeyr teësinnig om sy broer, Iggy, wie se kop skynbaar uitgehaak het, te hulp te snel. Maria Volschenk word op ’n dag oorval deur ’n groot leegte. Sy reis na die Wes-Kaap op ’n sending waarteen sy lankal opsien, in ’n poging om hierdie beleërende leegte af te weer. Komies, hartroerend, meditatief, verruimend!

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ingrid-winterbach-19481/

    http://www.litnet.co.za/die-aanspraak-van-lewende-wesens-deur-ingrid-winterbach-n-postmoderne-quest-verhaal/

    http://www.letterkunde.up.ac.za/resensies/50_2/21%20Resensie%20Pieterse%20WEB%2002.PDF

    http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/Die-aanspraak-op-grootsheid-20150920

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2013000200015

  10. image

    Sirkusboere

    Die verhaal van oud-Boerestryders se deelname aan Fillis se sirkus. Enersyds die verhaal van mense wat van hul ergste trauma 'n sirkus gemaak het, en andersyds 'n verhaal van 'n mens wat weet hoe om die mensdom se aptyt vir skouspelagtige geweld uit te buit.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/sirkusboere-n-boeiende-en-vermaaklike-historiese-roman/

    http://bit.ly/29dKNaN

    http://nb.bookslive.co.za/blog/2011/10/24/bekendstelling-sonja-loots-bespreek-die-historiese-figure-in-haar-roman-sirkusboere/

    http://slipnet.co.za/view/reviews/die-tirannie-van-simulakrum/

    http://www.academia.edu/12434692/Resensie_Sonja_Loots_-_Sirkusboere_2011_

  11. image

    Alfabet van die voëls

    “Die verbysterende verskeidenheid verhale in SJ Naudé se merkwaardige bundel Alfabet van die voëls tel onder die bestes in Afrikaans, gebou op terugkerende motiewe en gegewens soos musiek; vertrek en reis; sprokies en mites; siekte, aftakeling, sterwe en dood; stede; ’n soek na herkomste en oorspronge; vergeet en onthou; instink en rede; dit wat beskryf of gesê is teenoor dit wat vir altyd onuitgespreek of onbeskryfbaar bly; of die plek en gedaantes van die liefde in menslike verhoudings.” – André P Brink

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/alfabet-van-die-vols-stel-ho-eise/

    http://bit.ly/29kJtmw

    http://slipnet.co.za/view/reviews/die-skrywer-as-voelwiggelaar/

  12. image

    Die sneeuslaper

    “Die sneeuslaper is Van Niekerk, professor in kreatiewe skryfkunde, se kunsteoretiese besinning. Dit is haar ars poetica. Dit vertel hoe die skrywer sy onderwerp moet benader; hoe hy gierig alles moet waarneem en inneem – en opteken. Hoe die skrywer moet wegkom van ’n selfbehepte obsessie en hom moet indink in die lyf van die tassevrou of die sneeuslaper of die man wat met die swane praat.” – Prof Marius Crous

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/marlene-van-niekerk-1954/

    http://www.savn.org.za/images/stories/documents/191.pdf

    http://slipnet.co.za/view/reviews/van-niekerk-verbyster-weereens/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/marlene-van-niekerk-die-sneeuslaper-2010.html

    http://www.litnet.co.za/intertalige-en-kruiskulturele-verkeer-tussen-afrikaans-en-nederlands-marlene-van-niekerk-se-verhaalbundel-die-sneeuslaper/

  13. image

    Die benederyk

    Die verhaal van twee broers – Aaron en Stefaans Adendorff, die een 'n skilder, die ander ’n eks-verslaafde. Die kunstenaar word in die steek gelaat deur sy galery, en 'n buurvrou stel allerhande onwaarskynlike oplossings voor vir sy benarde situasie. Sy broer Stefaans lewer deurentyd verslag van sy labirintiese dwaalweë en sy soektog na die herkoms van hulle ontwykende derde oupa.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ingrid-winterbach-19481/

    http://www.litnet.co.za/hellevaart-herrysenis-winterbach-se-die-benederyk/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/01/ingrid-winterbach-die-benederyk-2010.html

    http://www.academia.edu/8399699/Resensie_Ingrid_Winterbach_-_Die_benederyk_2010_

    Kyk hier:

    https://www.youtube.com/watch?v=bI_FiYKbV_A

  14. image

    Afstande

    'n Roman gegrond op die Anabasis van Griekse skrywer-soldaat Xenophon, waarin hy verslag gedoen het oor wat al bestempel is as een van die groot avonture in die geskiedenis van die mensdom. Hierdie “avontuur”, wat in 401 vC begin het, was niks minder nie as een van die skreiendste gevalle van menslike ontbering en uithouvermoë. Die avonturiers was ’n leër van tienduisend Grieke wat as huursoldate ingespan is om die destydse koning van die Persiese Ryk te ontsetel. ’n Uitbeelding van die mens se soeke na identiteit en vastigheid in ’n vinnig veranderende en genadelose tyd.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/dan-sleigh-1938/

    http://bit.ly/29xg9Yk

    Kyk hier:

    Dan Sleigh praat oor Afstande:

    https://www.youtube.com/watch?v=krGFr65yeYU

  15. image

    Die afreis van Abel Lotz

    Hierdie trilogie vertel die verhaal van Abel Lotz, die psigopatiese alleenloper-reeksmoordenaar en die vrou wat hom moet vastrek, inspekteur Ella Neser. “Boeiend, slim, gedetailleerd en grillerig ... Karsten het homself bewys as 'n besonder bekwame krimi-skrywer.” Madri Victor

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/chris-karsten-gesels-met-bibi-slippers2/

    http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-chris-karsten

    http://www.litnet.co.za/geen-kriptiese-kitsbevrediging-meer-nie-chris-karsten-gesels-oor-sy-manuskrip-vir/

  16. image

    Abel se lot

    Hierdie trilogie vertel die verhaal van Abel Lotz, die psigopatiese alleenloper-reeksmoordenaar en die vrou wat hom moet vastrek, inspekteur Ella Neser. “Boeiend, slim, gedetailleerd en grillerig ... Karsten het homself bewys as 'n besonder bekwame krimi-skrywer.” Madri Victor

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/chris-karsten-gesels-met-bibi-slippers2/

    http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-chris-karsten

    http://www.litnet.co.za/geen-kriptiese-kitsbevrediging-meer-nie-chris-karsten-gesels-oor-sy-manuskrip-vir/

  17. image

    Abel se ontwaking

    Hierdie trilogie vertel die verhaal van Abel Lotz, die psigopatiese alleenloper-reeksmoordenaar en die vrou wat hom moet vastrek, inspekteur Ella Neser. “Boeiend, slim, gedetailleerd en grillerig ... Karsten het homself bewys as 'n besonder bekwame krimi-skrywer.” Madri Victor

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/chris-karsten-gesels-met-bibi-slippers2/

    http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-chris-karsten

    http://www.litnet.co.za/geen-kriptiese-kitsbevrediging-meer-nie-chris-karsten-gesels-oor-sy-manuskrip-vir/

  18. image

    Fees van die Ongenooides

    Hierdie roman is sekerlik die uitnemendste toonbeeld van PG du Plessis se vertelkuns. Deur elkeen van hierdie onvergeetlike Van Wyks en hul bywoners, die Minters, dra hy ’n eie persoonlike tragedie in by die wyer ellende van die oorlog, en so word die oorloggegewe ’n vervlegting van uiters intense menslike dramas, onvergeetlike taferele van vergeefse liefde, verydelde drome en die verbryseling van menslikheid.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/die-energie-en-die-chaos-van-die-lewe-treffend-vervat-in-pg-du-plessis/

    http://bit.ly/29hXxhC

    http://www.oulitnet.co.za/mond/jppg.asp

    http://www.litnet.co.za/die-fees-deel-1-pg-du-plessis-se-eie-stem/

    Luister hier:

    http://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/afrikaanse-boeke-wat-jy-moet-lees-fees-van-die-ongenooides/

    Kyk hier:

    https://www.youtube.com/watch?v=mVD1C1SlAsE

  19. image

    30 nagte in Amsterdam

    Henk de Melker, museumkundige op Somerset-Oos, kry ’n brief uit Amsterdam wat hom meedeel dat hy die erfgenaam van sy haas vergete Tante Zan is. Hy moet 30 nagte in haar huis in Amsterdam deurbring om te bepaal of hy daar sal bly en die erfporsie in ontvangs neem. “In vele opsigte ’n roman wat die leser oorrompel met flambojante taalgebruik, idioomrykheid, verrassende wendinge, goed geplaasde onthullings en ’n spanningslyn wat gelyk staan aan ’n spioenasieverhaal.” – Prof Johan Anker

    Lees meer:

    http://versindaba.co.za/2009/10/14/etienne-van-heerden/

    http://www.etiennevanheerden.co.za

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2009000200018

    Kyk hier:

    'n Onderhoud met Etienne van Heerden oor sy roman 30 nagte in Amsterdam:

    https://www.youtube.com/watch?v=Ciqg3_NVKHs

  20. image

    Asbesmiddag

    ’n Romanskrywer en professor in Skeppende Skryfwerk aan ’n Kaapse universiteit verkeer tussen boeke en is op sy weerloosste en hongerste. In die verslete haarsalon van ene Giuseppe Giuliani, in ’n minder goeie deel van Stellenbosch, ontmoet die skrywer ’n bejaarde en beroemde biljoenêr, ’n asbesmagnaat. 'n Storie oor bloedeed, sensualiteit, ’n veranderende Suid-Afrika, ’n verlange na ’n verlore verlede, en ’n geheimsinnige Wes-Afrikaan, die alomteenwoordige Mister Deejay Gucci X. Ook ’n handleiding oor kunstenaarskap, en ’n wrede verkenning van die etiese problematiek van die skrywer.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ballade-van-n-dun-man-opmerkings-oor-etienne-van-heerden-se-i-asbes/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/etienne-van-heerden-asbesmiddag-2007.html

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2008/02/12/BJ/12/Asbesmiddag.html

    http://www.litnet.co.za/hou-asbesmiddag-sy-kritici-op-hulle-plek/

  21. image

    Memorandum

    “'n Verhaal met skilderye deur Adriaan van Zyl. Van Niekerk se hoofkarakter is ’n stadsbeplanner wat aan kolonkanker sterf, en soveel lewe moontlik – nuwe kennis­terreine, nuwe gedagtes, nuwe drome – wil inpers in sy laaste dae. Soos ’n skilder kyk hy dinge in hul dinglikheid aan, en skryf in sy memorandum: “Is dit waarvan die digters praat as hulle sê dat betekenis in dinge huis?” Maar Wiid – dis nou die ­stadsbeplanner – grawe hom nog verder in die wêreld van die skilderkuns in. Hy praat van die oog wat vatbaar is vir illusie, en sien passie as ’n sug na vergetelheid. Memorandum is sterwensbegeleiding op die allerhoogste poëtiese plan. Dit sal, in watter taal of kultuur ook, onmiddellik as ’n literêre klassiek geëien word.” – Hennie Aucamp

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/sewe-m-bleme-vir-marlene-van-niekerk-en-marlene-dumas-n-metatekstuele-lesing-van/

    http://www.litnet.co.za/memorandum-n-verhaal-met-skilderye-kanttekeninge-deur-joan-hambidge/

    http://versindaba.co.za/gedigte/marlene-van-niekerk/

    http://www.academia.edu/7840570/Marlene_van_Niekerk_-_MEMORANDUM_2006_

    Kyk hier:

    http://nb.bookslive.co.za/blog/2015/04/23/video-marlene-van-niekerk-vertel-hoekom-dit-belangrik-is-om-denkend-te-skryf/

  22. image

    Die groot avontuur. Wondere van die lewe op aarde

    “Leon Rousseau pak twee take aan in Die groot avontuur. Eerstens wil hy leke-lesers saamneem op sy eie geesdriftige leke-ontdekkingstog deur die oerwoud van teorieë en vertolkings oor hoe lewe op aarde ontstaan en ontwikkel het tot homo sapiens. Tweedens wil hy die leser oortuig dat paleontologiese, biochemiese en neurologiese bevindings omtrent die ontwikkeling van ondermaanse lewensvorme nie verklaar kan word sonder om soms die ingryp van ’n bonatuurlike intelligensie in die verloop van natuurlike seleksie by te roep nie.” – Dr Andries Lategan

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/leon-rousseau-1931/

    http://satnt.ac.za/index.php/satnt/article/view/126/96

  23. image

    Die boek van toeval en toeverlaat

    Helena Verbloem, leksikograaf van beroep, gaan na Durban as projek-assistent van ’n man wat alle woorde wat in onbruik geraak het in Afrikaans, byeen probeer bring. Dan word daar by haar tuinwoonstel ingebreek en haar geliefde skulpe word gesteel. Die verhaal ontvou rondom die soektog na die gesteelde skulpe. Hierdie soeke raak verweef en verstrengel met die taalbewaringsprojek, die mense wat sy daar leer ken en met haar algemene besinning oor haar lewe.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ingrid-winterbach-19481/

    http://www.litnet.co.za/i-die-boek-van-toeval-en-toeverlaat-i-n-rykdom-van-verbeelding-b/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/ingrid-winterbach-die-boek-van-toeval.html

    https://www.ru.ac.za/wordfest/reviews/dieboekvantoevalentoeverl/

    http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_6_1_human.pdf

  24. image

    Uit die binneland

    Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die “Monnemint” en Boeregrafte, in ’n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was. Juis op een van hierdie reise het ’n bakkie se “gêrs soos ’n dier in pyn gesterf”. Snyman spaar ook nie die Nuwe Suid-Afrika nie: Jappies word die kop gewas, so ook sekere rugbyondersteuners, sekere radioluisteraars, sekere openbare figure. Maar Snyman verken ook die ander, pynliker kant van sy land en sy mense: Agnes wat donkermôre die skôrro-skôrro in Mabopane moet haal, Attie wat te vroeg die kroeg se binnekant moet leer ken, die Bosluismense van die Noordwes, die ryke en die arme wat mekaar deur ’n kamervenster aanstaar. En dis moeilik om te sê waar die lag ophou en die traan begin – en andersom.

    Lees meer:

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2005/05/02/VB/7/01.html

    http://uir.unisa.ac.za/bitstream/handle/10500/3890/dissertation_pereira_d.pdf?sequence=1

  25. image

    Briewe aan ’n rooi dak

    Die bejaarde Magdalena Otto skryf briewe aan 'n rooi dak omdat sy niemand anders het om voor te skryf nie. Haar man is dood en haar seun "bel maar min en kuier net elke tweede Sondag as hy hier aankom met een of ander duur winkelkoek. Lank nadat hy weg is, eet ek nog daaraan.” Dit word beskryf as 'n ode aan haar lewe in Johannesburg.

    Lees meer:

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2005/11/30/KA/03/01.html

  26. image

    n Ander tongval

  27. image

    Roepman

    'n Verhaal wat afspeel in 'n spoorweggemeenskap in die 1960's, soos vertel deur die oë van Timus, 'n elfjarige seun. Timus en sy gesin is vasgevang in die strukturele geweld veroorsaak deur die regering en die kerk van die tyd. 'n Onwaarskynlike held, Joon, verskyn telkemale tot die redding van Timus en veroorsaak dat Timus glo dat Joon wonderwerke verrig. In die verhaal vertel Timus van sy eie verlies van onskuld en hoe Joon op die einde 'n bietjie van daardie onskuld vir hom probeer teruggee.

    Lees meer:

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/search/label/Jan%20van%20Tonder

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/roepman.asp

    http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2005/02/06/R1/15/03.html

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2004/11/29/B1/13/03.html

    http://www.academia.edu/12428444/Resensie_Jan_van_Tonder_-_Roepman_2004_

  28. image

    Dis ek, Anna

    Dis ek, Anna is 'n gefiksionaliseerde outobiografiese roman, probleemboek en traumaverhaal geskryf deur Anchien Troskie, onder die skuilnaam Elbie Lötter. Die boek handel oor die seksuele molestering van Anna Bruwer deur haar stiefpa oor agt jaar, wat 'n sinspeling is op Troskie se pynlike grootwordjare en swye. Dis die eerste Afrikaanse boek om die Nielsen BookData Bookseller’s Choice-prys te ontvang.

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/04disekanna.asp

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2012/04/27/BJ/4/28AprilElbie.html

  29. image

    Agaat

    Agaat speel af in die periode 1946 tot 1996 en handel oor die lotgevalle van vier mense op ’n plaas in die distrik van Swellendam. Dit is 'n boek wat die “treurwerk” en die poging tot verledetydsbemagtiging van ’n hele generasie van landelike Suid-Afrikaners onder woorde wil bring en in die proses ook indringende perspektiewe open sowel oor die verantwoordelikheid en die noodwendige feile van die geheue, as oor die prekêre en twyfelagtige aard van die skryfdaad ten opsigte van ’n beroerde verlede en ’n onsekere toekoms in hierdie land.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/marlene-van-niekerk-1954/

    http://www.litnet.co.za/verwysings-na-klassieke-musiek-in-marlene-van-niekerk-se-roman-agaat/

    http://bit.ly/29i2JCa

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/agaat.asp

  30. image

    Niggie

    Niggie speel af teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog, en vertel die verhaal van 'n groep Boeresoldate. “(Dis) 'n roman deursypel met verlies, verdriet en verlange. Bykans elke karakter dra ’n liggaamlike of geestelike letsel van die oorlog en het ’n verhaal van persoonlike trauma te vertel. Hoewel hierdie verhale sáám ’n verwoording van kollektiewe verlies en ’n gemeenskaplike oorlogservaring is, dien dit ook as herinnering dat elkeen uiteindelik alleen staan met sy of haar verdriet.” - Prof Thys Human

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/ingrid-winterbach-19481/

    http://www.oulitnet.co.za/paneelklopper/ingrid.asp

    http://www.academia.edu/8406272/Resensie_Ingrid_Winterbach_-_Niggie_2002_

    http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2002/12/1/28/1.html

    http://bit.ly/29HF4bq

  31. image

    Eilande

    'n Teks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Sewe stukke lewe is hier ter sprake, almal manslewens wat iewers gewentel het om die bestaan van hierdie vrou in wie se liggaam die wit bloed en die bruin bloed saamgevloei het. Sewe mansmense wie se geskiedenisse byna soos aardplate oor mekaar skuif met dié vrou as swaartepunt.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/dan-sleigh-1938/

    http://www.litnet.co.za/aspekte-van-postkoloniale-verset-in-eilande-deur-dan-sleigh/

    http://www.oulitnet.co.za/paneelklopper/eilande.asp

    http://www.academia.edu/22253716/Resensie_Dan_Sleigh_Eilande_2002_

  32. image

    'n Pawpaw vir my darling

    “In 'n Pawpaw vir my darling het Goosen dit weer oor die Afrikaner van die verkeerde-buurt worstelend met die nuwe Suid-Afrika. Om die nuwe Suid-Afrika te verstaan, moet jy natuurlik telkens die oue inbring. Dit lewer skerp sosiale kommentaar en beweeg verby politieke inkorrektheid in 'n post 1994-Suid-Afrika.” – Prof Joan Hambidge

    Lees meer:

    http://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/Marida-Fitzpatrick-gesels-met-Jeanne-Goosen-20150829

    http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/jeannegoosen.asp

    http://bit.ly/29kRNTj

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/jeanne-goosen-n-paw-paw-vir-my-darling.html

  33. image

    Raaiselkind

    'n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle hele gesinlewe ontwrig "mens" te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot "Boetatjie" kan deurdring. Wat, as niks meer help nie, met hom onder die olienhoutboom gaan sit en sussende hallelujaliedere sing. En dan is daar Alexander. Vreemdelingkind op sy eie "eiland". Gillende, skoppende seuntjie wat kantelkop sit en luister wanneer die kerkklokke beier …

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/annelie-botes-1957/

    http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2001/05/20/3/7.html

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/04raaisel.asp

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2001/03/31/8/1.html

    http://www.nmmu.ac.za/onseangeltjie/botes02.htm

  34. image

    Die swye van Mario Salviati

    Die swye van Mario Salviati loop 'n wye, meevoerende draai - van die vroegste pioniersgeskiedenis af, deur oorloë en ontbering, die volstruisveertydperk en die koms van die Italiaanse krygsgevangenes in die Tweede Wêreldoorlog, tot by die hedendaagse Suid-Afrika. Dis 'n roman oor gierigheid en versweë skande; oor die verlede as gevangenis; oor mense wat onder hulle andersheid ly. Dit is ook 'n roman oor kunstenaarskap en oor bevryding.

    Lees meer:

    http://versindaba.co.za/2009/10/14/etienne-van-heerden/

    http://www.etiennevanheerden.co.za

    http://www.litnet.co.za/die-karoo-sintuiglike-verkenning-en-die-terugkeer-tot-kunsskepping-in-die-swye-van-mario-s/

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/swye.asp

  35. image

    Wegkomkans

    Wegkomkans is 'n roman oor die verhouding tussen tien vriende oor ’n tydperk van tien jaar, wat strek van die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding. Soos in 'n stadige dans beweeg hulle om mekaar, nader en verder, en weer nader, en deel in mekaar se ekstase en smart, vrese en fantasieë. Hulle ontmoet mekaar tydens “wegkomkanse” by die see, gewoonlik in 'n strandhuis.

    Lees meer:

    http://oulitnet.co.za/leeskring/199904_2.asp

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1999/05/15/2/2.html

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/1999/06/20/19/42.html

    http://www.maritavandervyver.info/html/interviews/interview_4.html

  36. image

    Vuur op die Horison

    Hierdie lywige, meesleurende intrigeroman Vuur op die Horison is al vergelyk met Gone with the wind, Anna Karenina en selfs War and Peace. Die gebeure strek vanaf 1846 tot 1903, met die Anglo-Boereoorlog as spilpunt. Generasies en kontinente word omspan terwyl die leser meegevoer word vanaf Suid-Afrika se goud- en diamantvelde, Victoriaanse Engeland, Matabeleland, Portugal, die eilande van Indië en die barre Argentinië. Sentraal staan die familie Viljoen van Grootverlangen naby Magaliesberg, asook die familie Dalmain in Engeland, almal bekend met ontnugtering.

  37. image

    Vos

    “Hierdie roman gaan om die magte van die onbewuste wat losgelaat word en wat die hoofkarakter, Vos, se lewe dwingend verander. Die gegewe is oerbekend. Dit gaan om die mense wat uitgelewer is aan die natuur en meer spesifiek, die reën wat uitbly. Vos kry te make met die Boesman, Hans Bokpoot, die reënmaker, wat dan op die voorwaardes van die 'bose’ net vir sy plaas reën bring in die dorre Noordweste van 1932.” – Prof Joan Hambidge

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/anna-m-louw-1913-2003/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/03/anna-m-louw-vos-1999.html

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1999/10/13/4/11.html

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1998/12/4/6/14.html

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/2003/06/15/R1/21~1/05.html

  38. image

    Draaijakkals

    “Draaijakkals is naas Brink se Inteendeel, waarskynlik ook die duidelikste Afrikaanse voorbeeld van die skelmroman. Dié pikareske genre het 'n picaro (wat in Spaans ''skelm'' beteken) as hoofpersoon. Dié karakter is gewoonlik 'n buitestaander, 'n uitgeworpe anti-held wat in die ek-perspektief vertel van sy eie omswerings wat dikwels 'n opeenstapeling is van negatiewe (en soms ongeloofwaardige) lotgevalle waarin toeval 'n groot rol speel. Draaijakkals is 'n vertelling wat draaie gooi met die leser wat met 'n vaart en telkens met presisie en elegansie vertel van die reise van Nicholaas, 'n eietydse Don Quichote, wat by tye vergesel word van vreemde agterryers.” – Prof Elize Botha

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/draaijakkals.asp

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2009000100018

    http://scholar.ufs.ac.za:8080/xmlui/bitstream/handle/11660/1367/Beuke-MuirCM.pdf?sequence=1&isAllowed=y

  39. image

    Verliesfontein

    Die eerste roman in die drieluik Stemme wat begin is, en die laaste wat voltooi is. Net soos die ander twee titels, Hierdie lewe en Die uur van die engel, handel dit oor die Suid-Afrikaanse verlede, en meer spesifiek die verlede van die Afrikaner, soos beskryf in die woorde van diegene wat dit self ervaar het. Die sentrale gegewe in hierdie roman is die inval van die Vrystaatse kommando’s in die Kaapkolonie in die somer van 1900-1901, tydens die Anglo-Boereoorlog.

  40. image

    Op soek na generaal Mannetjies Mentz

    'n Roman oor botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier … Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika: tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van die vorige eeu.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/die-verhouding-tussen-trauma-en-magiese-realisme-in-op-soek-na-generaal-mannetjies-mentz-1/

    http://oulitnet.co.za/leeskring/mentz.asp

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1999/10/7/6/16.html

    http://www.nmmu.ac.za/onseangeltjie/mentz.htm

  41. image

    Duiwelskloof

    “Die bevestiging van Brink die briljante, meesleurende storieverteller. Die verskillende hoofstuk-afdelings gaan terug op sy sieninge van die 17e en 18e eeuse roman toe skrywers aangedring het: dit is die werklikheid en ek sweer dis waar! Gaan kyk onder meer wat skryf Brink oor Cervantes en Defoe. Maar die roman het ook 'n klap weg van die magies-realisme, van die bo-natuurlike ... En ja, daar is ook 'n postmodernistiese blik.” – Prof Joan Hambidge

  42. image

    Gordel van Smarag

    'n Reisverhaal oor Elsa en haar man, die skrywer Klaas Steytler, se reis na Indonesië.

  43. image

    Die groot gedagte. Abstrakte weefsel van die kosmos.

  44. image

    Kikoejoe

    “ ’n Meesterlike literêre roman op die patroon van die whodunnit. Een van die aantreklikhede van die tradisionele speurverhaal is die duidelike onderskeid tussen goed en kwaad, en die oorwinning van die goeie aan die einde — die misdadiger word uiteindelik deur die speurder vasgetrek. Etienne van Heerden gebruik hierdie patroon, maar vul dit met allerlei ironie en dubbelsinnighede. Kikoejoe handel oor ’n middeljarige skrywer, Fabian, wat in New York sit en terugdink oor die somer van 1960 op Halesowen, die vakansieoord van sy ouers op hul plaas in die Karoo. Verskeie merkwaardige gaste het daardie somer op Halesowen vertoef ...” – Prof Chris van der Merwe

    Lees meer:

    http://oulitnet.co.za/leeskring/kikoejoe.asp

    http://www.litnet.co.za/die-tante-uit-nederland-as-liminale-karakter-in-etienne-van-heerden-se-kikoejoe-1996-en-30-nagte-in-amsterdam-2008/

    http://www.etiennevanheerden.co.za

    http://versindaba.co.za/2009/10/14/etienne-van-heerden/

  45. image

    Feniks

    Kaptein Mat Joubert moet ’n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, en terselfdertyd moet hy ook die bloedspoor vat van ’n laksman. Maar op 34 is Mat oorgewig en hy rook en drink te veel. Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder, pas terug uit exile, plaas druk op hom. Daar is nog hierdie één kans om homself te bewys en weer voor te begin.

    Lees meer:

    http://oulitnet.co.za/leeskring/09feniks.asp

    http://www.deonmeyer.com/afrikaans/index.html

    Kyk hier:

    http://nb.bookslive.co.za/blog/2015/06/18/ek-skryf-al-my-boeke-vir-die-leser-in-my-deon-meyer-gesels-oor-ikarus-video/

  46. image

    Ek stamel ek sterwe

    Konstant Wasserman se pad loop dood. Sy mense met hul verstarde lewens en hul aansprake dryf hom tot raserny, dryf hom die land uit: Australië toe. In Sydney leer hy kook in 'n restaurant en vind hy vrye geeste wat hom verstaan. Die liefde, in 'n smeulende gedaante, terg sy sinne. Hy is vry. Tot die vreemde blou merke op sy bene begin uitslaan en hy begin siek word. Die toetse is positief, en hy moet klaarmaak, vrede maak. In 'n beheerste proses van heroïese afmetings konfronteer Konstant, en lê hy af: elke vriendskap en verwantskap, sy sinnelike liefde vir die lewe, en in 'n geïnspireerde deurgang, uiteindelik die lewe self.

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/leeskring/stamel.asp

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=50279

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1997/02/17/12/5.html

    http://bit.ly/29iKLzt

  47. image

    Triomf

    “Die verhaal speel af in die maande voor die verkiesing van 1994. Vir die inwoners van Triomf is die komende demokrasie ’n verskrikking ... Triomf is ’n moderne variant van die Ampie-geskiedenis; die uitbeelding van die arm Afrikaners. Waar Ampie egter beskerming en hoop op die boereplaas gehad het, is hierdie armblankes van Johannesburg sonder beskerming.” – Prof Chris van der Merwe

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/marlene-van-niekerk-1954/

    http://oulitnet.co.za/leeskring/triomf.asp

    http://www.academia.edu/8417765/Resensie_Marlene_van_Niekerk_-_Triomf_1994_

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1999/05/05/4/28.html

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1999/11/17/8/27.html

    Kyk hier:

    http://nb.bookslive.co.za/blog/2015/04/23/video-marlene-van-niekerk-vertel-hoekom-dit-belangrik-is-om-denkend-te-skryf/

  48. image

    In die omtes van die hart

    “In die omtes van die hart is 'n besondere publikasie wat van die mees beleë prosa in Afrikaans bevat. 'n Mens lees die 76 (dikwels poëtiese) prosas, waarvan slegs 'n handjievol kortverhale in die tradisionele sin van die woord is, proe-proe en verlustig jou in die smaak daarvan en in die onverwagse vlugte waarop die gees weggevoer word.”- Gretel Wybenga

    Lees:

    http://www.litnet.co.za/petra-m-ller-1935/

    http://www.letterkunde.up.ac.za/argief/47_1/03%20Meyer%2003%20WEB.pdf

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/viewFile/1080/1501

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1996/01/8/8/2.html

  49. image

    Die uur van die engel

    In 1837 het ’n engel aan ’n jong skaapwagter verskyn, en die weerklank van hierdie gebeurtenis in sy eie lewe en dié van ander mense oor ’n tydperk van anderhalwe eeu is die onderwerp van hierdie roman. “Die prosa in Die uur van die engel bars as ’t ware uit sy nate, om die onverwoordbare te verwoord; konvensionele grense van genre word oorskry. Liriek en epiek smelt saam.” – Prof Chris van der Merwe

    Lees meer:

    https://leeskring.wordpress.com/2014/09/01/notas-by-die-bespreking-van-karel-schoeman-se-lewe-en-werke/

    http://versindaba.co.za/tag/karel-schoeman/

    http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/Karel-Schoeman-op-75-20141027

    http://www.oulitnet.co.za/mond/kschoeman.asp

    http://www.academia.edu/3733132/Die_oeuvre_van_Karel_Schoeman

  50. image

    Die reise van Isobelle

    Die reise van Isobelle neem ’n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oënskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op ’n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Enersyds bied die skrywer ’n panoramiese blik op groot omwentelinge, andersyds ’n intieme kyk op die persoonlike belewenisse van vier generasies van ’n blanke Afrikaanse familie in Afrika - veral die hartstogte wat hulle dryf en sin gee aan hul bestaan.

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/mond/ejoubert.asp

    http://www.litnet.co.za/uitbeelding-van-die-mistiek-in-die-reise-van-isobelle/

    http://www.academia.edu/24543311/Elsa_Joubert_as_postkoloniale_skrywer

    http://oulitnet.co.za/leeskring/isobelle.asp

  51. image

    Karolina Ferreira

    “Karolina is 'n entomoloog wat navorsing kom doen oor die oorlewing van ’n sekere motsoort in droogte-omstandighede. Onderweg laai sy vir Willie September op. Sy laat ook haar fortuin vertel by ’n vrou met hare soos ’n vergulde nes waaruit ’n voël sou kon opstyg. Die vrou sien ’n man wat Karolina altyd sal liefhê en ’n goeie vriendin wat haar nooit in die steek sal laat nie ... (Dis) ’n vernuftige boek wat by die herlees steeds nuwe insigte, nuwe verbande en nuwe verrassings oplewer. Dit bied iets vir beide die lesers wat soek vir ’n lekker storie en vir diegene wat pitkos vra.” – Dorothea van Zyl (Lettie Viljoen is die skuilnaam van Ingrid Winterbach.)

    Lees meer:

    http://www.academia.edu/8406090/Resensie_Ingrid_Winterbach_Lettie_Viljoen_-_Karolina_Ferreira_1993_

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/viewFile/337/306

    http://www.litnet.co.za/ingrid-winterbach-19481/

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/01/ingrid-winterbach-die-benederyk-2010.html#uds-search-results

  52. image

    Die dinge van 'n kind

  53. image

    Juffrou Sophia vlug vorentoe

  54. image

    Hierdie lewe

    Schoeman is bekend vir sy verbeeldingryke en insiggewende verbinding van geskiedenis en fiksie. Dit blyk besonder duidelik uit Hierdie lewe, die tweede roman uit sy “Stemme”-trilogie. Die roman speel af in die Roggeveld rondom die eeuwending ’n honderd jaar gelede. In die verhaal van vier generasies van ’n enkele blanke boeregesin oor ’n tydperk van bykans ’n honderd jaar word die omwenteling weergegee wat in die loop van die negentiende eeu op die Suid-Afrikaanse platteland en in die Afrikaner-samelewing voltrek is.

    Lees meer:

    https://leeskring.wordpress.com/2014/09/01/notas-by-die-bespreking-van-karel-schoeman-se-lewe-en-werke/

    http://www.academia.edu/3733132/Die_oeuvre_van_Karel_Schoeman

    http://versindaba.co.za/tag/karel-schoeman/

    http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/Karel-Schoeman-op-75-20141027

    http://www.oulitnet.co.za/mond/kschoeman.asp

  55. image

    Foxtrot van die Vleiseters

  56. image

    Die reuk van appels

    “Met die volgehoue ironisering is Die reuk van appels op die 'wysie’ van ’n kindervertelling 'n genadelose afrekening met die apartheidsera. ... En anders as so baie romans van díe aard "wys" Behr se struktuur nie en word ons as lesers nie bewus van 'n manipulasie nie. In laaste instansie is dit die ligte aanslag wat in hierdie boek so bevredigend is.” – John Kannemeyer

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/in-memoriam-mark-behr/

    http://www.independent.co.uk/news/people/mark-behr-novelist-who-confessed-to-the-anc-in-1990-that-he-had-been-recruited-as-a-spy-by-south-a6786181.html

  57. image

    Die dwerg van die Infanta

  58. image

    Suidpunt-Jazz

    'n Protes-roman uit die veelbewoë tagtigerjare, voor die aanbreek van die Nuwe Suid-Afrika, en voor die jong skrywer André Letoit finaal besef het hy gaan nooit die Groot Afrikaanse Roman skryf nie. Suidpunt-jazz is die verhaal van 'n skrywer, sy boek en sy karakters. Dit vertel ook die storie van 'n geskiedenisdosent se onthutsende besoeke aan die verlede, met 'n onkonvensionele aartsengel as metgesel - van Jan van Riebeeck se landing aan die Kaap tot Piet Retief se laer by Bloedrivier ... En dit kan net tot een ding lei: 'n piekniek by Dingaan!

  59. image

    Slagplaas

    “ ’n Bundel waarin Prinsloo sy talent tot die uiterste en byna roekeloos inspan om ’n vorm te vind wat adekwaat is aan sy visie van die wêreld as slagplaas van manlike geweld, liefdeloosheid en emosionele ontreddering.” – Prof Gerrit Olivier

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/klassieke-prinsloo-se-boodskap-vandag-nog-net-so-tersaaklik-as-destyds/

    http://www.litnet.co.za/om-hulde-te-bring-aan-koos-prinsloo/

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1993/01/29/4/1.html

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2009000100019

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/2009/02/17/RH/V/koos.html

  60. image

    Klaprose teen die wind

  61. image

    Griet skryf 'n sprokie

    Die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame, kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. ’n Dooie kakkerlak in de oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon.

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/leeskring/05griet.asp

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/viewFile/695/865

    http://www.maritavandervyver.info/html/interviews/interview_4.html

    http://www.litnet.co.za/marita-van-der-vyver-1958/

    http://www.sarie.com/lewe-liefdes/5-boekminute-met-marita-van-der-vyver/

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1994/11/7/8/4.html

  62. image

    Die verdwaalde land

    “As outobiografiese vertelling deur iemand met geen kennis van literêre tradisies en konvensies nie, is dit uniek. As kroniek van die lewens van mense wie se stemme tot dusver nog selde sonder die bemiddeling van wit skrywers in die Afrikaanse prosa gehoor is, lewer dit 'n waardevolle bydrae. Binne die Afrikaanse literêre bedryfswêreld van 'n veranderende Suid-Afrika is dié boek iets besonders; die verhaal is geskryf deur 'n plattelandse bruin man uit die werkersklas, keurig uitgegee deur 'n onafhanklike wit uitgewer en van ekstra teks voorsien deur 'n bekende wit kanonskrywer.” – Dr Marion Hattingh

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/abraham-phillips-1945/

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/viewFile/699/869

  63. image

    Die afdraend van die dag is kil

  64. image

    Wolftyd

    Luk Obach het sy jongelingsjare in die Nazi-Duitsland van net voor die oorlog deurgebring as seun van ’n Joodse pa met heftig pro-Duitse sentimente. Jare later sterf hy in Suid-Afrika as ongelowige, siniese en ontnugterde ou man. Sy vrou Leonie, wat hom nooit eintlik liefde gegee het nie en 'n Calvinisties-Afrikaanse weduwee, vertel dié verhaal.

    Lees meer:

    http://oulitnet.co.za/leeskring/wolftyd.asp

    http://www.litnet.co.za/anna-m-louw-1913-2003/

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1999/10/13/4/11.html

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/1998/12/4/6/14.html

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/rapport/2003/06/15/R1/21~1/05.html

  65. image

    Kroniek uit die Doofpot

    “Miles se roman is lank voor die tyd van die Waarheids- en Versoeningskommissie geskryf. Van die aktiwiteite van die Veiligheidspolisie in die tagtigerjare was nog min bekend. Die roman fokus op een ontstellende geval: ’n moord gepleeg deur polisiemanne op ’n medepolisieman. Sy roman is ’n tipiese voorbeeld van “faction”, dit wil sê fiksie wat op feite gebaseer is ... Dis nie net geskiedenis nie, maar ook 'teen-geskiedenis’: dit vertel wat nie in die amptelike geskiedskrywing staan nie, en wat ook nie die koerante gehaal het nie.” – Prof Chris van der Merwe

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/leeskring/doofpot.asp

    http://argief.litnet.co.za/article.php?news_id=36138

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1992/08/8/3/3.html

  66. image

    Dulle Griet

  67. image

    Casspirs en Camparis

    Die geweld en inhaligheid van die tagtigs word verken in hierdie satiriese roman oor Suid-Afrika se dekade van chaos en opwinding. Die intrige is spannend, soms uitasem, met gemene spel, moord en poging tot moord, seks, wegkruip vir die Boere, aksie, baie liefde en 'n bietjie haat ook, reklame en geld, retoriek en armoede. Casspirs en Camparis tas soos 'n tergende soeklig deur die jare tagtig. Soos 'n kollig, eintlik, want dis inderdaad soos aan die begin gesê word: 'n historiese entertainment.

    Lees meer:

    http://www.etiennevanheerden.co.za/interviews_kemp.html

    http://oulitnet.co.za/onderwys/bes_9910.asp

    http://www.nrc.nl/handelsblad/1991/03/08/gesprek-met-de-zuidafrikaanse-schrijver-etienne-van-6959611

  68. image

    Abjater wat so lag

    Hierdie merkwaardige, bekroonde roman het as verteller 'n eenkantvrou en oujongnooi wat (op 'n plattelandse dorp in die eerste deel van die twintigste eeu) terugkyk op haar lewe - as 'n versorgster in gegoede witmense se huise, eers as hulp met kinders en later vir oumense en sterwendes. “'n Vaartbelynde konfessie ... Dit het die kwaliteit van 'n Virginia Woolf-roman.” – Prof Joan Hambidge

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/wilma-stockenstr-m-1933/

    http://johanndelange.blogspot.co.za/2013/08/huldeblyk-wilma-stockenstrom-80.html

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2013/02/wilma-stockenstrom-abjater-wat-so-lag.html

  69. image

    Ons is nie almal so nie

    Wat het 'n mooi Afrikanervrou in die 1950's gedoen as die lewe begin druk? As haar man 'n verbitterde Ben Schoeman-man is wat moet aansukkel met 'n asmapompie en haar pa 'n kommunis en Katoliek agter elke bos raaksien. As die enigste afleiding die jaarlikse ATKV-konsert op Hartenbos is. Veral as haar doodgoeie bure skielik aangesê word om te trek? Deur die oë van 'n kind vertel Jeanne Goosen hoe Doris van Greunen van die wêreld probeer ontsnap: in die bioskoop, met haar Cavallas, met vriende soos Ant Mavis, Uncle Tank – en met Barnie, die swank.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/jeanne-goosen-kry-dit-reg-met-i-ons-is-nie-almal-so-nie-i-1990/

    http://www.vrouekeur.co.za/artikel.aspx?id=48845

    http://versindaba.co.za/gedigte/jeanne-goosen/

    http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/jeannegoosen.asp

  70. image

    Die rugkant van die bruid

  71. image

    Die jakkalsjagter

    “Die sentrale karakter is ’n man wat ontbied word om ’n jakkals te skiet op die plaas van ’n weduwee met twee dogters. Dit gaan egter nie in die eerste plek om ’n 'letterlike’ jakkalsjag nie, maar eerder om die konfrontasie van simboliese jakkalse wat die man se innerlike wingerd verniel. Die jakkalsjagter is ’n skrywersfiguur wat terugkyk op traumatiese gebeurtenisse uit sy verlede en wat dit opteken en omvorm tot ’n boek. Wat die jagter opteken, is uiteindelik die roman van Strachan; sodoende word ’n verband tussen die skrywer en die hoofkarakter gelê.” – Prof Chris van der Merwe

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/alexander-strachan-1955/

    http://oulitnet.co.za/leeskring/11jakkals.asp

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1990/10/29/12/7.html

  72. image

    Nag van die Clown

    “De Vries is onteenseglik een van die meesters van die kortverhaal in Afrikaans en met hierdie tekste lewer hy weer eens bewys van sy vermoë om die verwikkeldheid van 'n gebeurde deur fyn nuansering van verhaal en karakter en deur 'n subtiele manipulasie van die verteller-perspektief weer te gee. En hierdie soort verhaal het fyn en versigtige lees nodig, want nie een van dié stukke is sommer maar net 'n storie nie.” – Gunther Pakendorf

  73. image

    In die kamer was 'n kas

  74. image

    Joernaal uit 'n gragtehuis

  75. image

    Versamelde Prosa (geskryf tussen 1950 en die sewentigerjare)

    “Louw het homself altyd ’n Afrikaner-nasionalis genoem, ook in sy kritiek op die Nasionale Party-regering. Sy taal- en kulturele nasionalisme kom tot uiting in sy poësie en drama maar ook in talle tydskrif- en koerantartikels. Die meeste van dié stukke is later gebundel as Lojale verset en Berigte te velde (albei in 1939) en Liberale nasionalisme (1958) ... In al drie hierdie bundels, maar veral ook in lateres, behandel hy daarby beginsels en probleme in die letterkunde soos die psigologisme, oorspronklikheid, literêre vernuwing en volkspoësie. Hierdie bundels is Maskers van die erns (1955), Swaarte- en ligpunte (1958) ’n Wêreld deur glas (1958), Vernuwing in die prosa (1961), Opstelle oor ouer digters (1972), Deurskouende verband (1977) en Rondom eie werk (1970). Hierdie en ander essays (soos Die digter as intellektueel van 1950) word gebundel in die twee dele van sy Versamelde prosa (1986).” – Prof Jaap Steyn

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/np-van-wyk-louw-100-jaar-2006/

    http://www.standpunte.co.za/biografie-np-van-wyk-louw/

    http://oulitnet.co.za/spook/vwl.asp

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1999/03/22/10/7.html

  76. image

    Toorberg

    Die verhaal is gebaseer op 'n ware gebeurtenis wat baie in die nuus was, dié van 'n kind wat in 'n put geval het en hoe daar gesukkel is om die kind uit te haal. Die gebeure het die verbeelding van die hele Suid-Afrika aangegryp. Die kind in die werklike gebeure is lewend uit die gat gehaal, maar Van Heerden het hierdie gegewe verwerk tot 'n ander verhaal. In Toorberg kombineer hy hierdie verhaal met die familieverhaal van 'n denkbeeldige familie op 'n familieplaas.

    Lees meer:

    http://oulitnet.co.za/onderwys/bes_9910.asp

    http://www.nrc.nl/handelsblad/1991/03/08/gesprek-met-de-zuidafrikaanse-schrijver-etienne-van-6959611

  77. image

    Fiela se kind

    Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysna-bos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ’n “weggooilam” wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ’n bruin gesin in die Lange Kloof kry.

    Lees meer:

    http://www.dalenematthee.co.za/boeke/fiela.html

    http://www.oulitnet.co.za/inmemoriam/dalene_matthee.asp

    http://www.litnet.co.za/dalene-matthee-1938-2005/

  78. image

    Kringe in ’n bos

    Saul Barnard is 'n houtkapper met 'n rustelose siel - hy wil vreemdes uit die Bos hou en die vernietiging van die Bos probeer keer. Dan is daar 'n legendariese olifantbul - Oupoot - wat losbreek van sy trop en agtervolg word deur jagters ... In Kringe in 'n bos het Dalene Matthee haar bemoei met bewaring en haar sterk uitgespreek teen die roekelose verwoesting van die inheemse bos. Maar sy het ook die stryd aangesê teen die hartelose uitbuiting van die minderbevoorregtes, die ongeletterdes: die bosmense in besonder, maar nie net hulle nie.

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/inmemoriam/dalene_matthee.asp

    http://www.dalenematthee.co.za/boeke/kringe.html

    http://reference.sabinet.co.za/webx/access/journal_archive/10113053/701.pdf

  79. image

    Die waarheid gelieg

  80. image

    n Wêreld sonder grense

  81. image

    'n Ander Land

    Teen die einde van die negentiende eeu kom ’n middeljarige besoeker uit Europa in die binneland van Suid-Afrika aan. Versluis is ’n afsydige, aristokratiese Nederlander wat na Bloemfontein kom om van tering te herstel. Hy verken die vreemde land en doen algaande kennis en begrip op van dít wat tot dusver vir hom vreemd was. Dit word ook, uiteindelik, ’n voorbereiding op die onafwendbare einde van die reis: die dood. Die “ander land” word nie net geografies bedoel nie, maar ook die reis na die onbekende. “Met 'n ander land het Karel Schoeman 'n 'groot’ roman geskryf – groot nie net in omvang nie, maar ook in emosionele diepte en vervlegting. 'n Aangrypende siening van menslike lyding en die dood. Dis een van die boeke waarvoor Schoeman onthou sal word.” – Prof Gerrit Olivier

    Lees meer:

    http://versindaba.co.za/tag/karel-schoeman/

    http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/Karel-Schoeman-op-75-20141027

    http://www.oulitnet.co.za/mond/kschoeman.asp

    http://www.academia.edu/3733132/Die_oeuvre_van_Karel_Schoeman

    http://www.litnet.co.za/tussen-mans-n-perspektief-op-homososiale-begeerte-in-karel-schoeman/

    https://leeskring.wordpress.com/2014/09/01/notas-by-die-bespreking-van-karel-schoeman-se-lewe-en-werke/

  82. image

    Jonkmanskas

    Dapper verhale vir die tyd waarin dit verskyn het (1982), 'n vermenging van feit en fiksie en kritiek op die patriargie. Koos Prinsloo was een van die eerste kortverhaalskrywers in Afrikaans wie se werk postmodernisties genoem is.

  83. image

    Halfkrone vir die nagmaal

  84. image

    Volmink

    Volmink is saamgestel uit die woorde volmaak en vermink. Met hierdie bundel kortverhale word Hennie Aucamp die eerste Afrikaanse skrywer wat nadink oor die identiteitskonstruksie wat sedert die 1960’s deur die gay-beweging bevorder en verkondig word. Aucamp meen gay skrywers moet hulself nie beperk tot gay skryfwerk nie, maar behoort hulself ook te wy aan 'n verkenning van die menslike kondisie.

    Lees meer:

    http://www.ebookxp.org/joanhambidge.blogspot.com/2014/03/huldeblyk-hennie-aucamp-1934-2014.html?b=4

    http://joanhambidge.blogspot.co.za/2014/01/hennie-aucamp-80.html

    http://www.litnet.co.za/hennie-aucamp-1934/

    http://www.dbnl.org/tekst/kann003gesk02_01/kann003gesk02_01_0012.php

    http://www.academia.edu/7121705/Die_vader-seun-verhouding_in_Hennie_Aucamp_se_kortverhaaloeuvre

  85. image

    Die Kremetartekspedisie

    Die verteller is ’n ou slavin wat verslag lewer van haar bestaan vandat sy as jong meisie gevange geneem is, agtereenvolgens deur drie eienaars besit en daarna deur ’n vierde man op ’n ontdekkingsreis deur Afrika geneem is. “In 'n tyd waarin die taalgebruik van jong skrywers al by geleentheid deur Andries Visagie as 'bloedarmoedig’ beskryf is, behoort Die kremetartekspedisie verpligte leesstof vir elke voornemende skrywer te wees. Dit is in die eerste plek 'n taalkunswerk. Hier word dit duidelik waarom taal 'n "waarnemingsintuig" (soos Breyten Breytenbach poësie beskryf) genoem kan word. Dit is die soort prosa waarvan 'n mens paragrawe wil oortik en aan al jou vriende stuur oor die fyn waarnemings en die raak woorde en die verstommende beelde. Die "fyn net van die woord" word hier ingespan om groot visse te vang.” – Prof Willie Burger

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/wat-oor-is-is-die-self-verblyf-in-n-boomholte-in-wilma-stockenstrom-se-die-kremetart/

    http://www.oulitnet.co.za/akademies_geestes/pdf/la_7_3_murray.pdf

    http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/2004/08/16/DB/11/02.html

    http://johanndelange.blogspot.co.za/2010/03/wilma-stockenstrom-75.html

    http://www.litnet.co.za/wilma-stockenstr-m-1933/

  86. image

    Melk

  87. image

    n Seisoen in die paradys

    Dié boek word as 'n “onkonvensionele reisboek” beskryf, en is die verslag van Breyten Breytenbach se reis van drie maande lank deur sy geboorteland na dertien jaar van selfopgelegde ballingskap in die buiteland. Maar, soos prof Ampie Coetzee dit stel: “(Dis) 'n ironiese titel, want dis nie 'n paradys wat hy hier ervaar nie.” Dit verskyn onder die skuilnaam BB Lazarus, en spring verbanning deur die destydse sensuurraad vry.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/breyten-breytenbach-1939/

    http://www.dbnl.org/tekst/kann003gesk02_01/kann003gesk02_01_0013.php

    http://www.scielo.org.za/pdf/tvl/v46n2/v46n2a08.pdf

    http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/viewFile/1243/1351

    http://www.savn.org.za/images/stories/documents/191.pdf

  88. image

    Die swerfjare van Poppie Nongena

    Audrey Blignaut het die betekenis van die roman só saamgevat: "'n Aangrypende, onvergeetlike boek wat die sluier tussen die witmens en die swartmens in Suid-Afrika afruk." André P Brink het dit in Rapport as die boek van die jaar in die Afrikaanse prosa uitgesonder: "'n Visioen van menslike gevangeneskap ... Ontstemmend en indrukwekkend ... Verpligte literatuur vir elke mens wat oor hierdie land wil saampraat.

    Lees meer:

    http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/die-swerfjare-van-poppie-nongena/

    http://www.oulitnet.co.za/mond/ejoubert.asp

    http://www.academia.edu/24543311/Elsa_Joubert_as_postkoloniale_skrywer

    Luister hier:

    Die Swerfjare van Poppie Nongena (RSG Radioteater 29 Junie 2012) https://www.youtube.com/watch?v=a_pojhiz-W0

  89. image

    Uitdraai

    Die verhaal van Flip wat op die plaas Uitdraai woon. Hy is die kind van ’n Afrikanervrou en ’n gekleurde plaaswerker. Sy ma is deur haar Afrikaanse bure verguis en het selfmoord gepleeg. Flip is deur sy grootouers aan moederskant grootgemaak en het ook hulle plaas geërf. Toe hy sy huishulp en haar siek kind versorg, het die bure weer gespekuleer dat hy saam met ’n "gekleurde" vrou leef. Hy moes, want dit is “in sy bloed". Die ironie lê egter daarin dat die dogter van een van sy stoere bure, Cornelie, verlief raak op Flip, hom verlei en swanger word.

  90. image

    Magersfontein, O Magersfontein

    'n Satiriese blik op die Boere-oorlog. In die roman volg Leroux 'n filmspan wat 'n fliek maak oor die Slag van Magersfontein. Leroux spaar nie die establishment nie, wat daartoe lei dat die boek in 1977 verban word. In Maart 1980 word die boek ontban.

    Lees meer:

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2002/06/13/3/9.html

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1990/01/04/11/4.html

    http://www.dbnl.org/tekst/kann003gesk02_01/kann003gesk02_01_0010.php

    https://diesestigers.wordpress.com/etienne-leroux/

    http://oulitnet.co.za/spook/magersfontein.asp

    http://www.koersjournal.org.za/index.php/koers/article/view/1133

  91. image

    Dooierus

    Dooierus vorm saam met Aucamp se vorige bundels Hongerblom en Wolwedans 'n drieluik. Soos in van sy vroeëre kortverhale, vind die leser weer die eensaamheid en vrees van gefrustreerde wesens en die boerewêreld van die Stormberge in hierdie kortverhaalbundel.

  92. image

    Die uurwerk kantel

    'n Roman van herinneringe: Die bejaarde Maria du Preez, gebore Cilliers, kyk terug na al die dinge wat met haar gebeur het, al die mense wat haar lewenspad gekruis het en die groot politieke gebeure wat die agtergrond vorm van die klein lewe van gewone mense. Herinneringsgrepe uit haar lewe vertel 'n gesinsverhaal wat oor vier geslagte strek.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/mari-heese-1942/

    http://protea.bookslive.co.za/blog/2015/11/06/uittreksel-uit-die-uurwerk-kantel-deur-mari%C3%A9-heese-nog-net-so-lewenswaar-en-eg-soos-30-jaar-gelede/

  93. image

    Chriskras

  94. image

    Kroniek van Perdepoort

    Die roman volg die lotgevalle van die Lotriets deur verskillende dekades. Die Bolander Koos Lotriet vestig hom aan die begin van die twintigste eeu aan die voet van die Swartberge en bou met die jare 'n spogplaas op, al word hy en sy vrou as gevolg van sy hoogmoed – wat aan hom die bynaam Koos Nek besorg – nooit volledig in die samelewing opgeneem nie. Ná sy dood sit vier van sy seuns die boerdery voort, maar nie een van hulle is vergelykbaar met hulle vader wat werkywer, idealisme en deursettingsvermoë betref nie en die hele familie, ook die kleinkinders, toon tekens van agteruitgang.

    Lees meer:

    http://www.litnet.co.za/anna-m-louw-1913-2003/

    http://www.litnet.co.za/gauwa-dwaal-vennag-anna-m-louw-se-kroniek-van-perdepoort-ondergrawe-deur-trieksters-en/

    http://www.journals.koers.aosis.co.za/index.php/koers/article/viewFile/1239/1348

    http://leeskring.lefora.com/topic/766992/KRONIEK-VAN-PERDEPOORT-VAN-ANNA-M-LOUW#.V1XMD5F94hc

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/view/886

  95. image

    ’n Oomblik in die wind

    ’n Oomblik in die wind is die aangrypende verhaal van liefde oor die kleurgrens heen in die agttiende eeu. Elisabeth vergesel haar Sweedse eggenoot, Erik Alexis Larsson, en ’n gids, ene Van Zyl, op ’n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar dan begin Van Zyl se drinkery, sy bakleiery en muitery. Op ’n dag stap Erik Alexis die wildernis in, om nooit weer terug te keer nie. Adam Mantoor, ’n droster-slaaf, ontferm hom oor Elisabeth. Dié roman was die tweede uit Brink se pen wat as “ongewens” verklaar is deur die destydse sensuurraad, en die Engelse vertaling daarvan, An instant in the wind, was in 1976 op die kortlys vir die Bookerprys.

    Lees meer:

    http://www.letterkunde.up.ac.za/argief/41_1/08%20Willemse.pdf

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2014000200015

    http://www.litnet.co.za/andr-p-brink-1935/

    http://www.litnet.co.za/andr-p-brink-se-nalatenskap-aan-die-letterkunde/

    http://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/afrikaanse-boeke-wat-jy-moet-lees-andre-p-brink/

  96. image

    Kennis van die Aand

    “Dit is onder meer as gevolg van die eksplisiete kritiek op apartheid daarin dat Kennis van die aand in 1974 die eerste Afrikaanse literêre werk geword het wat verbied is. Die implikasies van hierdie verbod was verreikend en het onder meer waarskynlik bygedra tot Brink se wêreldwye bekendheid ... Kennis van die aand is egter meer as net 'n tydsdokument. Dit is 'n roman van 'n individu se verset, dit is 'n ondersoek van die geskiedenis van verdrukking.” – Prof Willie Burger

    Lees meer:

    http://www.oulitnet.co.za/seminaar/sensuur.asp

    http://www.letterkunde.up.ac.za/argief/41_1/08%20Willemse.pdf

    http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2014000200015

    http://www.litnet.co.za/andr-p-brink-1935/

    http://www.litnet.co.za/andr-p-brink-se-nalatenskap-aan-die-letterkunde/

    http://bit.ly/29y8JoK

  97. image

    Die groot verlange

  98. image

    My beskeie deel

    Die outobiografie van die skrywer Maria Elizabeth Rothmann (M.E.R.). Sy was ’n Afrikaanse skrywer, en ’n medestigter van die Voortrekkerbeweging. Haar grootste bydrae tot die Afrikaanse letterkunde is ’n eties-didaktiese, kultuurhistoriese blik op ’n vervloë Afrikaanse samelewing.

    Lees meer:

    http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2004/06/07/DB/11LDN/01.html

    http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/profiel-mer/

    http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2000/04/15/11/2.html

    http://www.literator.org.za/index.php/literator/article/viewFile/264/237