Hoe lyk Afrikaans in JOU dorp?

Afrikaans.com is vanjaar 'n trotse borg van Kwêla Dorp van die Jaar en ons wil jou dorp saam met jou verken!

Van dorp tot dorp proe, ruik en voel Afrikaans verskillend…
Ons wil weet #waarsitlekka

Gee Afrikaans.com die kans om jou dorp deur jou oë te beleef, saam met jou deur strate te loop, te sien hoe daar in Afrikaans sake gedoen, skoolgegaan, gekuier en geskep word.

Hoe werk dit?

Jy het twee opsies.
 

 

    
    

 

Afrikaans op die Woordfeesdorp.

Afrikaans.com was die week op Stellenbosch om die kunste in Afrikaans te vier.
Hier is ’n kort insetsel oor Stellenbosch. Vertel ons hoe lyk Afrikaans in jou dorp!

 

 

Afrikaans.com het ook gaan kyk hoe lyk Afrikaans in Kwêla se semifinalis-dorpe.

Lees meer ... 

 

 

Nomineer ook jou dorp vir Kwêla Dorp van die Jaar 2017

Dis maklik! Benoem jou gunsteling dorp uit enige streek deur die dorpsnaam na 33157 te SMS (SMS’e kos R1,50). Die eerste fase van die nominasieproses is nou verby. Maar dis net die begin!

Streekwenners bekend

Vanaf 29 Maart word die streekwenners bekend gemaak!

... en die wenner vir Gauteng/Noordwes is ... Vanderbijl! 

Pieter Cloete het met ‘n paar inwoners gesels oor hul dorp en hulle vertel ons #waarsitlekka …op Vanderbijl.


5 April
Die finalis vir Limpopo is: Tzaneen.


12 April
Die finalis vir Mpumalanga is: Nelspruit.


19 April
Die finalis vir die Wes-Kaap is: Mosselbaai.


26 April
Die finalis vir die Oos-Kaap is: Barkly-Oos.


3 Mei
Die finalis vir die Vrystaat is: Hoopstad.


10 Mei
Die finalis vir KwaZulu-Natal is: Margate.


17 Mei
Die finalis vir die Noord-Kaap is: Van Zylsrus


24 Mei
Die finalis vir Namibië word aangekondig!

Lees meer oor die trotse wenners en sien hoe die wendorpe feesvier. Klik hier ...

Moenie Kwêla misloop nie. Elke Woensdagaand, 20:30 op KykNET.