Valentynsboodskappe

Met liefde …
In Februarie kon jy iemand met jou woorde betower. Wel, die liefde is verklaar en gevier en liefdesboodskappe het behoorlik ingestroom. Boodskappe met trefkrag, diepte, prettige sêgoed en passie het ons verlei, verruk en bekoor.
Baie geluk aan ons verrassingspryswenners en baie dankie aan Lapa Uitgewers wat die heerlike boekpryse geskenk het.

Die kaartjies is steeds beskikbaar by http://www.afrikaans.com/ontspan/taalpret vir verdere gebruik.

Ons Valentynsboodskappe-kompetisie het nou gesluit. Kyk uit vir meer geleenthede.
Ons sal gereeld ‘n uitnodiging rig.

Kersfees- en Nuwejaarsdagkaartjies

Wanneer ons feesvier doen ons dit saam met ons geliefdes ... vriende en familie en elkeen doen dit op sy eie, unieke manier. Of dit nou om ‘n kostafel, op ‘n spesiale plek, terug in ma en pa se sitkamer of ’n samekoms van vriende iewers in die middel van almal se besige lewens is, maar bymekaarkom kom ons bymekaar! Ons drome, verwagtinge en wense vir mekaar versterk ons bande en verdiep ons verhoudinge. Ons kyk terug, ons onthou, ons droom ... en die woorde op daardie kaartjie, e-pos of op jou Facebookblad bêre jy. Hierdie hartswoorde herinner jou aan jou drome reg deur die jaar, veral in moeilike of alleentye, maar veral aan diegene met wie jy hande vat ... die mense met wie jy die pad stap.

Ons het gevra vir daardie spesiale feesboodskappe ... raakvatwoorde uit die hart en van die mooistes omskep in ‘n kaartjie. Kyk hier na ons verrassingspryswenners en die pragtige woorde en wense wat hulle wou deel. Hierdie kaartjies is beskikbaar op Afrikaans.com se Taalpretblad. Jy kan dit druk of deel!

Kyk uit vir nog geleenthede om deel te neem. Ons sal gereeld ‘n uitnodiging rig. Ons is besig om hierdie heerlike skatkis van Afrikaanse feesboodskappe uit te brei. Wanneer jou woorde jou in die steek laat ... wanneer jy net te veel op die hart het ... Klik hier en vind daardie raakvatwoorde vir daardie spesiale mens wat van jou wil hoor.

Raakvatwoorde - Verrassingspryswenners

Baie geluk aan ons verrassingspryswenners en baie dankie aan Lapa Uitgewers wat die heerlike boekpryse geskenk het.

 

Ons feesboodskappe-kompetisie het nou gesluit. Kyk uit vir meer geleenthede.
Ons sal gereeld ‘n uitnodiging rig.

 

Wys ons hoe lyk die lekker van jou Afrikaans

Wat van Afrikaans laat jou hart vinniger klop? Dalk praat jy nie Afrikaans nie, maar jy hou daarvan? Kom wys vir ons hoekom.

Is dit 'n Deon Meyer-boek? 'n David Kramer-liedjie of Hemelbesem se ritmiese klanke? Jou ouma se borduurwerk? 'n Spookstorie uit jou kinderdae? 'n Lekker bord bobotie? 'n Unieke ornament of erfstuk? 'n Gedig of lirieke wat jou roer? Nog nie so daaroor gedink nie? Wel, neem jou tyd en deel jou antwoord met ons.

Deel jou antwoord as 'n skets of storie, neem 'n foto, of maak 'n video of klankopname en laai dit hier op. Moenie wag nie. Dis 'n kans om jou Afrikaans in die kollig te kry.

En as jy dit met ons gedeel het, deel dit sommer weer op Facebook en Twitter as #MyAfrikaans. Sodoende bly Afrikaans in die kollig. Kom spog met jou Afrikaans!

Kompetisies, pryse, en sluitingsdatums

Die "Hoe lyk jou Afrikaans?"-kompetisie het nou gesluit en die GROOT wenners is op 16 November bekend, maar moenie dat dit jou keer nie. Ons wil steeds weet hoe lyk jou Afrikaans. So, skryf vir ons, deel 'n foto of 'n video van die lekker van jou Afrikaans! Gesels saam.

So het die kompetisie gelyk:

  • Kategorie 1: Beste "Hoe lyk jou Afrikaans"-klankopname of -video - WEN R2 000!
  • Kategorie 2: Beste "Hoe lyk jou Afrikaans"-teksinskrywing - WEN R2 000!
  • Kategorie 3: Beste "Hoe lyk jou Afrikaans"-foto - WEN R2 000!