Hou ons WEN-bladsy dop en speel saam.

Paaseier-pret

Jou soektog na paaseiers begin 1 April. Soek elke week die nuwe paaseier wat op een van ons blaaie op die webtuiste weggesteek is en beantwoord die vraag. Daar is weekliks R500 op die spel. Wanneer jy al die paaseiers versamel het, staan jy ’n kans om die groot prys van R3 000 los te slaan!

#myAfrikaans

Neem deel

 

Kopkrappers

Kom toets jou taalvernuf met lekker idiome en woorde. Daag sommer jou slimkop-vriende uit om saam te speel! Skryf nou in en WEN dalk ‘n verrassingsprys.

#myAfrikaans

Neem deel

 

Valentynsboodskappe

Die Valentynsboodskap-kompetisie is gesluit. Die boodskappe wat in kaartjies omskep is, is steeds beskikbaar by ons taalpretblad.
Kyk hier na die wenners van ons verrassingspryse.

#myAfrikaans

Wenners

 

By Afrikaans.com vier en verken ons AFRIKAANS en ons deel in die lekker van ’n taal propvol karakter en kleur. Saamspeel bly maar die lekkerste en daarom nooi ons ’n ieder en ’n elk om te kom inloer en hulself te verlustig in die pret. Almal leef en beleef Afrikaans verskillend en op hierdie blad kry jy ’n kans met JOU Afrikaans!

Heeltyd speeltyd

Hier staan jy altyd die kans om te WEN. Hou gerus ons WEN-afdeling dop om deel te neem aan ons gereelde kompetisies. Dis groot pret en jy staan die kans om dalk ’n lekker verrassingsprys los te slaan. En wat is nou lekkerder as om sommerso uit die bloute ’n meevallertjie in die pos te ontvang!

Soos met alle kompetisies, moet ons hou by ’n paar kriteria en reëls vir deelname:

  1. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  2. Daar is slegs verrassingspryse op die spel in ons kort, taktiese kompetisies, behalwe indien anders vermeld.
  3. Bydraes moet kort en kragtig wees – vergewis jouself van die woordtelling.
  4. Video’s en klankgrepe moenie 2 minute oorskry nie.
  5. Foto’s moet van ’n goeie gehalte en oorspronklik wees.
  6. Sluitingsdatums soos vermeld, is finaal en geen laat inskrywings sal oorweeg word nie.
  7. Dit is die deelnemer se verantwoordelikheid om te verseker dat enige inligting wat verskaf word ten opsigte van die kompetisie akkuraat, volledig en op datum is.
  8. Deelname aan die kompetisie is op die deelnemer se eie risiko.
  9. Deelnemers stem in dat sy/haar kompetisiebydrae op Afrikaans.com gedeel mag word en indien van toepassing vir bemarking- en reklamedoeleindes gebruik mag word.
  10. Bepalings en voorwaardes: Klik hier