Veldtog vir Afrikaans

Veldtog vir Afrikaans:

Afrikaans.com word ondersteun deur ’n opwindende bewusmakingsveldtog wat verkeer na die webtuiste aanmoedig, Afrikaans as handelsmerk vestig en bevorder en die taal op ‘n positiewe wyse uitbou.

Die veldtog word deur middel van buitelugborde, asook redaksionele en advertensieblootstelling op televisie en radio en in die drukmedia gedryf. Die kernboodskap van die advertensieveldtog is: Hoe lyk jóú Afrikaans? Die idee is om mense se belangstelling te prikkel en Afrikaanssprekendes, maar ook alle Suid-Afrikaners, te nooi om die webtuiste te besoek en deel te neem aan die kompetisie: Hoe lyk jou Afrikaans en WEN!

Afrikaans.com is webtuiste waar jy Afrikaans se sjarme, eiesoortigheid en kleurrykheid kan vier en verken in samewerking met en tot voordeel van die reeds bestaandeprojekteenorganisasies.


Kaapse gesin: Ons kuier, drink ... en eet Afrikaans

 

 

My Afrikaans is ...

Dit is JOU Afrikaans, dit is MY Afrikaans

Afrikaans is 'n passie

Afrikaans is mooi

O gonnatjiepiet! Afrikaans het karakter.

Agter die skerms

Ontmoet die mense agter die skerms en wat deel uitmaak van Afrikaans.com se media-veldtog. Elkeen het 'n eie storie en 'n unieke manier waarop hulle Afrikaans praat en leef.

Lees meer ...