Agter die skerms

Ciaran Coetzee (33) Kaapstad

“Ek het ’n sagteplek vir *%!%*polisiekar.”

Hoewel Ciaran nie regtig Afrikaanse musiek luister nie is daar ’n sagteplek in sy hart vir*%!%*polisiekar. Hy is ’n ou wat met syfers toor en werk in ’n rekeningeafdeling van ’n bekende maatskappy in die Tuine, Kaapstad. “Ek was gelukkig genoeg om Ingrid Jonker se gedigte op ‘n jong leeftyd te ontdek en haar werk het ‘n kragtige indruk op my gemaak.” Skobbejak, pantoffel en gaaf is sy gunsteling Afrikaanse woorde en waterblommetjiebredie is ‘n lekker woord om te sê … “nie noodwendig om te eet nie!” Sy lekkerste Afrikaanse sêding is: “Meng jou met die semels en die varke vreet jou op!”

 

Ruthford-/Cyster-gesin

“Laat jou tanne bietjie afkoel.” (Lag meer.)

Hier is baie lag, enditboonop in Afrikaans, rondom die tafel van ma Ilse (39) en pa Hilton (38) Ruthfordengrootouers, Julie (70) en Henry (71) Cyster van die Paarl, enditspoelregdeur tot by die kinders. HullekkerAfrikaansewoordesooslekkers, toffieappels, koeksisters, mosbroodentjop-en-dop, sê ietsoorkuierengeselsoorouderdomsgrenseheen. Ditsemenaitsa is woorde wat jygereeldaantafelhoorenlekker man, trots op jou, liefvirjouenallemintig … dis die hartklop van hul Afrikaans! Spreekwoorde wat die kinders al terug sê, soos: “Arm maar gesond, enelke man virhomself, maar God viralmal,” hou die Ruthford-/Cysterbloeddikker as water. Goeiemusiekenboeke is diepdeel van hierdiegesin se karakter. Van hulgunstelingliedjies is: Veelsgelukliewemaatjie, SuikerbossieenJalopy van Taliep Petersen en op hulboekraksienjy van Deon Meyer tot DaleneMattheeen Ingrid Jonker.

 

Helgaard, Rozelle en klein Lilly Jordaan

Alla wêreld!

Alla wêreld! of Alla! enige-ding is ‘n lekker sêding vir die Jordaan-gesin van Johannesburg, maar hul gunsteling is: “Nou probeer jy botter met ‘n rooiwarmnaald in ‘n luiperd se dinges druk,” lag pa Helgaard wanneer hy gesels oor die gesin se lewendige Afrikaans. Hul lekkerste koswoord is “braai!” en die gesin is lief vir ‘n groot verskeidenheid Afrikaanse musiek. Hul vyf gunsteling liedjies is Koos Kombuis se Lisa se klavier, Koos van der Merwe se Ballade van die wegloopmerrie en Tamboerynman, Francois van Coke & Karen Zoid met Geenpretensie, geenbeheerenOnsvirjou,Suid-Afrika van Stef Bos. Hul boekrak vier skrywers soos Dalene Matthee en André P. Brink, Annalie Botes en nog ‘n verskeidenheid ander.

 

Chantelle Lerumo

“Ek voel baie trots oor my Afrikaans. Dit voel soos my moedertaal. Ek het dit geleer van agter my ouma se rug en op haar knie - dis nou die taal wat ek elkedag praat! Afrikaans is my hartstaal.”

Chantelle is 22 en woon in Kempton Park. Sokkie en langarmdans is haar ding. En haar gunsteling woord? Braaivleis! Asook “verskriklik en asseblief” en “asseblief en dankie”. “Dis my ouma se woorde en ek sê hulle elkedag.” Een van Chantelle se gunstelingliedjies is Pampoen van Steve Hofmeyr.

 

Troy Brutus

"Alles wat ek wiet, wiet ek in Afrikaans."

Troy is 'n vakman-van-die-see. Aan die Weskus is Afrikaans die taalwaarinhyvisvang, kuierendroom. Sytaal is aangepaas van geslag tot geslagen so "salekdoodgaan". Hymoesvir die “huis help sorg”vandathyagtjaar oud was. Die kwaai see konhomnieterughounie. Die skipper se woord is wet enhierdie skipper se woorde is Afrikaans.