|
Hieronder sal jy ′n paar pragtige tong-en-oorfeeste kry wat deur moedige taalsoldate ingevoer is.
Hoe sê die spreekwoord? Wie nie waag nie, sal nie wen nie! Strek daardie vingers, haal diep asem, voel die woorde wat vlamvat in jou kop, en...
CARPÉ DIEM!!
|
|
|
|
| Chris Klopper |
8/27/2008 3:30:45 PM |
 Titel: 'n Eik soos Ek
Die laat-middag son
val heuningsoet
in strepe deur die herfs-verkleurde blare
Mostertsdrif se lewensnote dryf
soos rimpels op die nawerk stilte
blaf blaf hier en ‘n fietsklok daar
en ‘n ou ou Eik in Thibaultstraat
verslae op sy sy.
Ongeval omgeval. Afgesny
verklap hy stil hoe oud was hy
verdiep in my verbeeldings dinge loop ek
en wens tog so jy was nou ook hier by my
net ek en hy
wat goed verstaan
tot stof sal ons vir goed vergaan
selfs dan sal my herhinderinge
aan jou, vir altyd tog bly voort bestaan
|
|
|
|
| Chris Klopper |
8/27/2008 3:33:39 PM |
 Titel: Daar is JY
In elke blomblaar in elke wolk
in elke koeltekol en helder waterkolk
in elke brander onder by die see
Dis Simonsberg en Jonkershoek
wat my aan jou herhindering gee
Daar's Kanonkop en Laborie
die watervoor daar langs die pastorie
Daar's Berry Farm en lekker tee
die wiegbruggie by Mostertsdrif
wat my aan jou herhindering gee
Oor Helshoogte en dan deur Pniel
sing en draai die fiets se wiel
L'Ormarins waar jy die pas aangee
dis eers Franschhoek voor ons omdraai
en niks hou my herhinderings tee
Daar's baie jare tussen toe en nou
Daar's nog meer jare tussen my en jou
en 'n ewigheid wat nou ontvou
'n slaweklok wat stilweg slaan
en jou in my herhindering hou.
|
|
|
|
| Petro Rhode |
10/24/2008 1:11:38 PM |
 Titel: As ek kon dig (vir wyle Marieta Appollis)
As ek kan dig
vir Marieta Appollis
Ek sou vir jou
van die mooiste verse ooit
sommer ‘n boek vol skryf,
as ek maar net kon dig.
Ek sou alles skryf
wat ek onthou van almal saam
van kleintyd af tot nou.
Teen deure, mure, vensters
oral sou my verse pryk
as ek maar net kon waag
om my hart in ink te doop
en alles neer te pen.
My verse sou miskien nie rym
of pryse wen,
maar dis mos nie van belang.
Jy sou elke woord beaam
want jy sou weet dis waar.
want wat dan vergete sou word
sal dan verewig so onthou kon word.
Ek sou selfs vir jou ‘n liedjie sing,
As ek net die regte woord en melodie kon vind.
my verse sou nog lank
kon voortleef in die mond van een en twee...
as ek maar net kon dig.
|
|
|
|
| Wilma Barry |
10/27/2008 3:11:15 PM |
 Titel: Jeans
Soos ʼn paar jeans is die liefde
Geruit, gestenig en selfs gekruikel.
Soms gebleik, gekleurd, verslete, geskeur ,
Met spelde verbind , die blinkers gegom om te hou.
Gespes verstrengel terwyl die nate vernou om die bates.
Verblind met diamanté , vol ritsleutels, verstop en geknoop,
met sake vol borduursels, maar stylvol gemerk vir die afslag teen half prys.
|
|
|
|
| Wilma Barry |
10/28/2008 5:10:05 PM |
 Titel: Soeke
Soeke.
Soeke na die verlore tyd
veroorsaak 'n stresvole stryd
wat soos kanker jou siel vekrag
tot niks oorbly vir die sirkel swerende aasvoels
ver bo die nag.
So pronk die tyd sekond tot sekond
teen die muur terwyl jy niks bedeinend
die soektog voortsit teen wil en leed.
Geen oomblik te lank te kort om te onthou
want daar sonder is die soeke
na die toekoms sonder rigting geen sent te duur.
Die soeke heers gerus dapper voort
sonder vlender kommer en voetstoots noord.
|
|
|
|
| Wilma Barry |
10/30/2008 4:20:03 PM |
 Titel: Die stryd
Die Stryd
Met albasters gluurend na die toekoms
Wie sal sê wat dink sy terwyl die duifies
doer sit en koer.
Die woorde skerp gemik na die een
wat altyd skoorsoekerig die dag wil bederf
Ai! tog hoekom moet hy haar tog so terg.
Al weer vervelig soos gewoontlik
speel liewerste jou musiek
wat soms so hard kan blêr
soos die siek brak van duskant die draad.
In stilte sal ek wag tot die dag
wanneer die vuurvreter 'n slag
die kat gaan slat met 'n ingelegte lat.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/5/2008 4:52:01 PM |
 Titel: die kruispad...
Die hittegolwe dans oor die grondpad waarop ek staan...
Voor my vurk die pad in twee en ek staar hipnoties na 'n tolbos wat wild in die linkerkantste paadjie bollemakiesie slaan tot dit klein word en verdwyn in die verte.
Ek vra myself - Is ek reg vir die transformasie van jongmens tot middeljarige, vir die geboorte van 'n nuwe hoofstuk in die boek van my lewe?
Ek weet dis tyd om 'n grootmeisie pil te sluk...;
Ek besef meteens ek was daardie tolbos, wild en impulsief, altyd opsoek na antwoorde, rigtingloos en sorgeloos, selfsugtig in my soeke na geluk en ek besef meteens my antwoord is ja, ek is gereed!....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/10/2008 11:58:52 AM |
 Titel: Golden Gate...
Asemrowend mooi toring die berge van Golden Gate bo my uit, uitgedos in skakerings van goud.
Ek staan hier in my herfseer, vervalle blare versamel om my voete en ek voel so klein soos 'n atoom in die reusagtige skadu van hierdie skepping van God.
Aan weerskante staan my vriende, staan jy - getuies saam met my van hierdie wonderwerk van die Vader en ek besef hoe gelukkig ek einlik is... en hoe geërd ek moet voel...
|
|
|
|
| Wilma Barry |
11/10/2008 1:08:51 PM |
 Titel: Mummie furguur
Verstringel deur sy drade.
toe gevou in die spierwit kakoen .
Die gespinde web geborduur
om die mummie furguur.
Suurstof verminder, wasem pak saam.
ln oomblik van waansin gemoedsrus
slegs in die naderende verligte uur.
Die gespinde web geborduur
om die mummie furguur.
|
|
|
|
| Wilma Barry |
11/10/2008 1:21:54 PM |
 Titel: Vuurvliegies
Die aand sluip vinnig nader.
'n Oomblik onbekend en jonk.
Vas gepen teen die vaal gebarste muur.
'n Skildery van victoriaanse tyd versier.
Die verwagting geskep vir afwagting
terwyl die vuurvliegies alles nouliks bespeur.
Die vermengde geur vars vernisde hout
en see gras gedurende die koorsagtige stuur
van die uur.
Fluistering bring vertroosting.
Gesuis van skoenlappers oëgies glinster
soos sterre in duistere nag.
Verward is die verskynsel
seker vir elkeen op die pad.
Die koue rillings omvou die aand.
Terwyl victoriaanse geraamde deurborende oë
in skaamte die aansig verbloem .
Vuurvliegies het die rigting verraai om
slegs om die skildery skaduwees te wil draai.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/10/2008 1:54:42 PM |
 Titel: O donker donker nag...
O donker donker nag;
Geklee in misterie en die onbekende;
die skaduwee waaronder ons lewe, altyd daar soos my gewete;
alomteenwoordig, nooit vergete...
O donker donker nag;
die laaste hoofstuk van ons lewe;
die hangbrug waarop ons sal bewe, terwyl ons oorloop na die Ewige Lewe...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/11/2008 10:14:05 AM |
 Titel: My musiek...
Met sagte ongeoeffende hande neem ek huiwerend my kitaar en laat my hand saggies oor die hout streel.
Die koel gladde tekstuur en die reuk van die hout bring saam met dit herinneringe van vroëer dae saam met jou, "daddy"...
Ek sien jou sit in my geestesoog met toe oë agter jou drom stel, vasgevang in die oomblik, onbewus van die mense rondom jou...
Ek was ook so eens op 'n tyd soos jy weet, "daddy", opgesweep in musiek en sang waar ek kon vlug van die wêreld,
na 'n plek van misterie en diep fantasië waar niemand my kon opspoor nie...
Toe jy skielik weggeraap is uit my lewe het die musiek verdwyn saam met jou in die skemer in en ek was alleen...
Vir baie lank het ek gedwaal in die sopdigte mis van verlore jare, vasgevang in selfbejammering en verdriet; my siel verpletter en moeg...
Met ouderdom kom wysheid "daddy" en ek besef die musiek was nog altyd in my!
Terwyl ek my kitaar so sus en my vingers versigtig op die snare laat rus sluit ek my oë en hoor jou stem sê: "Laat gaan my nou, my kind...".
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/12/2008 9:36:34 AM |
 Titel: Jou liefde...
Kyk vir my, kyk in my oë, kyk vir my mond;
Sirkel my in 'n tango van passie, oë wat my siel smelt tot ek verdrink in adrenalien...
Ruk my nader; jou vingers verstringel in my lang hare;
Jou mond tergend naby myne; steel my asem en laat my styer...
Jou liefde, soos warm lawa vloei deur my are en bars uit my hart in 'n duisend skakerings van rooi!
My liefde vir jou is primitief, wild en warm; 'n tropiese eiland in die middel van winter;
'n bloedrooi roosblaar teen die sneeu...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/13/2008 10:28:24 AM |
 Titel: paternoster
Paternoster, vissersdorpie tussen prehistoriese rotse toegevou;
Witgekalkte hartbeeshuisies; stringskulpies wat die borrelende bruin kindertjies gemaak het en gesmous het as stoepversierings omring deur oseaan, wit sand en namakwadaisies...
Onthou jy nog toe ek en jy soos kinders oopbek gery het deur die strate;
die kleurvolle vissermansbootjies in 'n ry;
Winkeltjies wat visnet verkoop en 'n stukkie weskus geskiedenis...
Die hotel met duisende handtekening teen die mure, getuies van die maagdelike skoonheid van die plek... Daar het ons ook ons merk gelos, baby!
Ek onthou die lugtoring van Tietiesbaai in die verte en besef net hoe bevoorreg ek was om dit saam met jou te kon deel...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/13/2008 4:31:31 PM |
 Titel: Drakensberge
Neem my terug na die berge van drake;
waar die reuse teen die hemel klop;
Sit met my weer voor die kaggel waar goue vlamduiweltjies met ons skaduwees gedans het teen die muur;
Loop met my hand aan hand op kronkelpaaie deur denneplantasies donker en stil;
Deel saam met my die sonsopkoms bo purper kranse;
Kom ons pluk die songeel veldblommetjies wat teen die hange blom langs bergstroompies wat kabbel tot in diep donker poele waar visarend se ego vibreer in die mistigheid van gister...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/19/2008 10:06:13 AM |
 Titel: Aanvaarding van myself...
Die mis soos wolke hou my veilig gekoekon;
agter die wit gordyn word my hele toekoms ontbloot vir 'n oomblik;
My verlede ontsnap soos 'n dief in die nag toegewikkel in 'n geheimsinnige swart kleed van geheime en gebroke beloftes...
Ek beur vorentoe; na die lig; na helende vrede;
na jou...!
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
11/19/2008 1:26:17 PM |
 Titel: Jou oë...
Jou oë is
diep soos die diepste groen van die see;
wat my vasvang in hipnotiese brandende vure;
wat hul gloeiende voetsporte los op my wange;
en my siel deurboor met hul intensiteit;
Jou oë sê
wat jy nooit kon nie;
'n taal primitief wat nie meer bestaan nie;
wat net ek verstaan soos geen ander sal nie...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
12/4/2008 11:33:24 AM |
 Titel: Die stilte in my is absoluut...
Die stilte in my is absoluut;
'n Heelal waarin gister slaap;
toegesmoor in beloftes van môre;
begrawe in gister se smart...
Die stilte in my is absoluut;
Verlangende vrede sus my hart;
Bedwelmd deur pynlose ure
so veilig in jou arms, my skat...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
12/17/2008 12:49:49 PM |
 Titel: Desember...
Gooi weg jou kettings en slotte, slaaf;
Dis tyd om jou kop neer te lê;
jou ligggaam en siel te sus in die soete
rustigheid van Desember.
Haal diep asem; proe die somer op jou tong;
jou sintuie oorweldig deur vars lug;
weg van die donker, donker stad;
waar monsters skuil en in vuil donker gange...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
12/17/2008 4:38:58 PM |
 Titel: Monster...
Kyk vir haar,monster!
Kyk wat het jy haar in verander;
Kyk na jou walglike kunswerk;
Jou skepping...
Oud voor haar tyd, haar ou-mens siel ontbloot in haar oë;
Blootgelê vir die volgende jagter;
so onskuldig, maar geestelik uitmekaargeruk en opgebruik...
Drie-en-twintig jaar later en sy onthou goed jou gletserblou oë; jou morsige hande;
Jou warm rookasem teen haar dogtertjie-wang...
Ja, jy monster;
Jy wat agter jou aansien skuil;
wat die waarheid begrawe in sertifikate en almal flous rondom jou...
Kyk vir haar monster,
want sy kyk vir jou....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
12/18/2008 3:22:19 PM |
 Titel: Ewige Liefde...
Ek kyk verdwaas terwyl sy knopperige geplooide ou-mens hand haar saggies stut teen haar rug terwyl die tannie skoffel-skoffel sukkel oor die vloer...
Daar is dit, die subtiele kyk, hul liefdesverhaal van 'n honderd jaar reflekteer in mekaar se oë en wat my vir 'n sekonde die eregas maak van liefde se ewigheid...
Geduldig praat hy sag in haar goeie oor en vee liggies haar spookasem haartjies uit haar hemelblou oë wat vertrouend opkyk en glimlag vir haar held; haar lewe; haar alles...
Ek glimlag en kyk na my verloofring voor ek met 'n warm hart voortgaan met my dag...
|
|
|
|
| Dalene de Vente |
12/28/2008 11:51:26 AM |
 Titel: Die musiek dans om my
Die musiek dans om my
Die reën laat my vrede voel
Ek sit en kyk hoe die druppels gly-gly
En hoor hoe die keteltjie stomend woel
My uitsig vanuit hierbo is mooi
Maar ek wens ek kon die beeldskone wolkies nooi
Om warm, snoesig, op my te kom lê
Sodat ek nog meer vrede kan hê
Die kamer ruik na rook, suiker, kaneel,
Ek kyk deur die gevriesde glas
Terwyl my gunsteling cd’s speel
En dis asof alles saam die verlange weg sal was
|
|
|
|
| Dalene de Vente |
12/28/2008 11:53:32 AM |
 Titel: Jy is dood
'n yskoue wind waai die oranje
blare van 'n boom af
Die winter is om die draai
Jy is dood
skielik
Jy met jou silwer stem
en jy met goue hart
jy is dood
en hier wag ek nog pouses vir jou
tussen die pawiljoene by die bome se skaduwees
en skielik
as ek die leë nessies
sien
kan ek onthou
die middag met jou fiets
die sirenes
die begrafnisklokke
die trane
die verlepte blomme
en jou geskende gesig
en ek besef
toe die einde-van- die- pouse-klok lui
ons maatjie dae is vir ewig verby
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/13/2009 9:32:29 AM |
 Titel: Mishandel...
Naamloos, stemloos, hopeloos...
Half verdrink in die dryfsand van haar lewe;
'n Marionet in die hande van wreede meesters;
misbruik, mishandel, stukkend...;
Haar miskonsepsie van liefde 'n tragedie;
haar gebroke siel getuie van haar hart's hongersnood...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/13/2009 4:56:15 PM |
 Titel: Ongetiteld
Daar is geen glimmer van die held wat jy was nie,
die afgod wat almal jou gemaak het;
die bloedsuier wat op onskuld geteer het;
sonder trots of gewete;
siele vermoor en verkrag het;
jou korrupte lewe...
Jy lyk eensaam, ek sien jou bewe;
Die jare haal jou in voor jou gewete...
Ek sal nooit kan vergeet,
maar het jou vergewe...
|
|
|
|
| Hendrè Jacobs |
1/21/2009 11:03:03 AM |
 Titel: Die vloek van die Bloukopkoggelmander
Die twee plaaskinders draf uitgelate met die leë melkemmers oor die knopperige vlakte; hulle gebarste voete deur die jare gepantser teen die skroeiwarm ysterklippe wat rond en bont oor die randjie lê. Elke nou en dan stop hulle om eers ‘n akkedis of ‘n geitjie met die klippe te betakel. Die son is nog nie behoorlik uit nie, maar die hitte dans kilometers ver die vlaktes in. Aan die verste rantjies kan ‘n mens opgepofte wolke sien en enige gesoute plaaskind sal jou kan sê reën is op pad. In hierdie geweste is reën so skaars soos hoendertande en ‘n mens kan duidelik die blye afwagting sien in die opgewonde huppel van Jonas en Kain. Selfs die senuweeagtige gebalk van die donkies en die kanteling van die turksvybome na die hemelruim, verklap die feit dat Rietfontein regmaak vir reën. Van ‘n afstand lyk die rye turksvybome soos ‘n handeklappende skare. Rietfontein lê in die buik van die Ongeluksvallei net skuins voor Marydale. Jan Besselaar, afgetrede prokureur, boer hier met dorperskape en angorabokke. Die netjiese plaasopstal lê reg oorkant drie strooihuise. Die grondpad na Keimoes skei die strooihuise van die plaasopstal. Die beeskrale lê ‘n klipgooi vanaf die strooihuise; so half weggesteek teen die rant. ‘n Fontein kronkel vrolik tussen die kraal en die strooihuise deur. Oor die pad droog dit op in ‘n biesiesland wat kilometers verder aanloop tot in die Oranjerivier. Die oog van die fontein, wat ook die waterskeppunt is, lê net langs die kraal. Jonas en Kain gaan elke oggend eers die koeie melk en daarna kan hulle speel. Die fontein is die tweelingboeties se geliefkoosde speelplek en hulle is veral mal om paddavissies te jaag. Neffens die fontein lê ‘n ou klipmurasie; ‘n mekka vir koggelmanders en geitjies. Langs die klipmurasie, wat toentertyd ‘n plaashuis was, is ook ‘n ou windpomp en ‘n leë sinkdam. Volgens Ouma Meitjies, die Griekwa-ouma wat al oor die honderd jaar oud is en ook op Rietfontein woon, bly daar ‘n reuselikkewaan in die klipmurasie. Die kinders is dus streng belet om nie naby die vervalle huis te kom nie. Die likkewaan het glo ‘n groot gesplete tong waarmee dit die sterkste mens kan oorrompel. Ouma Meitjies se woord dra heelwat gesag onder die plaasvolk want sy het al verskeie storms en vloede korrek voorspel deur net te kyk na die manier waarop ‘n bloukopkoggelmander sy kop laat kantel. Daarom het die ou murasie vir die kinders buite perke gebly. Selfs nie eens die soet peule van die Suidwesbome langs die ou murasie kon die kinders sover kry om daar te gaan speel nie. Almal behalwe Seuntassie is die klipmurasie belet. Hy is Ouma Meitjies se stiefseun en is bekend vir sy sterkmansdade. Die seuns bewonder Seuntassie natuurlik verskiklik. Hy is ‘n groot en sterk man en Jan Besselaar se regterhand. Hy vat soms vir Jonas en Kain saam as hy met die groen John Deere trekker die lusernlande gaan ploeg. Hy het hulle al vertel dat die likkewaan groter as ‘n krokkodil is. Seuntassie sê die likkewaan hardloop sommer stert tussen die bene weg as hy net in die omtes van die ou kliphuis kom. Ouma Meitjies sê dis omdat hy met die helm gebore is.
Kain sukkel om die kalfie sover te kry om die uier skoon te suig. Hy smeer die speensalf oor die uier en sak op sy regterknie terwyl hy met sy hande die warm melk in ritmiese stroompies in die blink emmer spuit. Hy moet sy sit ken om die lastige stertbewegings van die koei te ontwyk. ‘n Mengsel van reën en misgeure vul die bedompige lug, die afwagting tasbaar in die vroëe ure van ‘n snikhete somersoggend.
Kain sit tevrede agteroor na beide emmers vol melk is en verkyk hom aan Jonas wat vuurvonke laat spat soos hy geitjiejag. Jonas wink hom nader en beduie na die bloukopkoggelmander wat sy kop op en af laat wip op die hoekpaal. Kain wil nog keer, maar die klip tref die bloukopkoggelmander teen die kop terwyl Jonas ‘n triomfiantelike danspassie uitvoer. Kain voel die benoudheid in sy bors opstoot toe hy die dooie koggelmander uitbrand. Ouma Meitjies het altyd gesê ‘n mens mag nie ‘n bloukopkoggelmander doodmaak nie, want dan gooi jy jou g’luk weg. Jonas sê Ouma Meitjies is net kêns. Waar het jy nou al gehoor van ‘n bloukopkoggelmander wat ‘n mens badluck kan maak. Kain skud net sy kop in ongeloof en onthou Ouma Meitjies se bangmaakstories oor bloukopkoggelmanders.
Die haelkorrels vang beide van hulle onkant en Kain gryp dom-geskrik na die melkemmers. Hy besef dat die nie gaan help nie toe hy die groot haelkorrels bo die melk sien dryf en sit vir Jona agterna wat koes-koes deur die vlei in die rigting van die klipmurasie hardloop. Hy skree agterna van die groot likkewaan, maar die donderslae doof sy dun stemmetjie uit. Kain maak vinnig somme en besef dat die ou klipmurasie nou die naaste skuiling is. Hy trek sy ore plat soos ‘n vlakhaas en snel noodgedwonge agter sy boetie aan. Dis net toe hy hom verbysteek dat ‘n enkele bliksemstraal die hele vlakte verlig en Jonas in sy spore inmekaarsak. Die skuim by Jonas se mondhoeke laat Kain onmiddelik besef iets groots is fout. Hy hardloop skree-skree die afstand strooihuise toe. Die hele werf is in rep en roer. Seuntassie is heel voor, daarna volg Kain en die res van die plaasvolk met Ouma Meitjies heel agter. Die trane oor Seuntassie se wange bevestig die ergste. Kain staan eenkant met sy hande op sy kop, terwyl Seuntassie Jonas se oë toedruk. Die reënboog vorm ‘n kaleidoskoop van kleure oor die silhoeët van ‘n familie wat in mekaar se arms staan en huil. Die reëndruppels lê volrond op die blare van ‘n enkele wag-bietjie-boom; die trapsuutjies skaars sigbaar vir die betraande oë. Teen skemeraand is die werf vol donkie- en perdekarre soos naburige plaasvolkies kom medelye betoon.
Dominee kom vanuit Marydale vir die teraardebestelling. Jan Besselaar het hom gevra om sommer met die volk te praat oor die gevare van weerlig. Seuntassie is egter winddronk en sê vir Dominee is oordat Jonas rooi klere aangehad het. Ouma Meitjies skud net haar kop onder haar kappie en mompel saggies iets oor die vloek van die bloukopkoggelmander.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/23/2009 3:39:25 PM |
 Titel: 'n Vrou se hart...
'n Vrou se hart is 'n diep oseaan van geheime;
'n Skatkis veilig begrawe in daardie spesiale plek;
'n Plek waar haar hart en siel mekaar ontmoet.
'n Plek wat niemand aan kan raak nie.
As 'n vrou huil, huil sy 'n reënstorm wat dreig om alles om haar te verdrink;
Die spiëels van haar siel geswel en rou;
haar moed gebreek;
hart wat leeg bloei op haar mou...
'n Vrou se hart is 'n diep oseaan van onthou;
wat terug gaan oor dekades;
elke skeurtjie elke letsel
mooi opgevou
goed of sleg;
hare om te hou...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/26/2009 4:53:22 PM |
 Titel: Liefde is...
Liefde is die suurstof van die lewe;
Die reën na die droogte;
'n bloeisel na die koudste winter;
Die mooiste simfonie vanuit jou wese;
'n Reënboog na 'n somerstorm;
Onbeskryflike mooi woorde in die wind gefluister;
Maak oop jou hart en begin luister...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/27/2009 3:07:49 PM |
 Titel: Ons eerste soen...
Die bloed skiet kokend deur my are;
My hart klop 'n wilde eksotiese ritme;
My mond is droog;
met rooi koorsige wange
sluit ek my oë terwyl jou hand
saggies my nader trek
en ek smelt in asemrowende
golwe van passie as een teen jou bewende lyf;
met asems wat hyg
Met onsekere sekondes;
vind jou lippe myne vir die eerste maal...
daar in die kosyn van daardie deur het ek my hart vir jou gegee...
|
|
|
|
| Ilse Pheiffer |
1/29/2009 12:29:25 PM |
 Titel: EK IS
EK IS………..
Ek’s ‘n kindjie klein,
Ek’s ‘n kindjie rein,
GOD het my spesiaal gemaak
Waarom my onskuldig seer maak?
Ons liggaampies word seer kastei
So klein kan ons nie terug baklei
Waarom ons kinders so seer verkrag?
Gewetenloos dag na dag
Mens waarom is jy so genadeloos?
Ek is so klein, so magteloos
Kinders word net aan ons geleen
‘n Gawe en GOD”s seen
Waarom al hierdie smart?
Dink jy nie jy breek GOD se hart
Ek is ‘n kindjie klein
Ek is ‘n kindjie rein
O Heer hoor ons roep, help ons veg!
O wreede mens jy het geen reg.
Hou jou vuil hande ver weg!!
ILSE PHEIFFER
|
|
|
|
| Ilse Pheiffer |
1/29/2009 12:43:51 PM |
 Titel: ALKOHOL
ALKOHOL
Alkohol verwoes daagliks iemand se lewe
Bied jou absoluut niks om na te strewe
Deur alcohol verwaarloos jy jou huis
Sit selfs jou eie lewe op ‘n gevaar lys
Jy verloor selfs jou waarde
Laat val alles om jou in flarde
Alkohol laat mens soms ‘n duur les leer
Pynlik maak jy jou naaste seer
Alcohol bring by kindertjies ‘n holte
Neem die broodjie uit hul monde
Ons kindertjies ly daagliks so honger
Omdat jy nie kan daarsonder
Alcohol laat voel mens soms alleen
GOD is daar vir elkeen
Hy roep jou daar is hoop
Jy hoef nie die pad alleen te loop
Waarom toelaat dat drank jou lewe beheer
GOD wag dat jy tot Hom keer
GOD sal jou nooit weg wys
Reeds het JESUS vir jou betaal aan die kruis
Neem nou GOD se Hand en sit Alkohol - eenkant
ILSE PHEIFFER
|
|
|
|
| Ilse Pheiffer |
1/29/2009 12:44:42 PM |
 Titel: Aids Poem
AIDS POEM ILSE PHEIFFER
Today I want you to hear me out
This is what these few words are about
If you look at me everything seems fine
Not realizing how sick this body is of mine
I was as well as you
Why me? What did I do?
Now there’s no time for tears, questions or fear
Please don’t be scared of me
A friend is what I need you to be
Dear God before you take me away
This is what I need to say!
Friends be careful who you trust
AIDS is killing us!!
Decide to do the right and not the wrong
To pray is what kept me strong!
A CONDOM COULD HAVE BEEN USED
Now I have so much to loose
As each minute pass
I’m living it as if it was my last
As I’m waiting for my final day
Please Do Listen and Please Do pray!
BE WISE, TAKE UP GOOD ADVICE!!
Thank you!!
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
1/30/2009 1:04:01 PM |
 Titel: My hart verstaan...
Hoë kranse gedrapeer in 'n goue kleed;
Die bergpiek gedoop in 'n wolk kombers;
vroëe-oggend mis wat hang aan die nag se lip;
My hart verstaan
waar kom ek vandaan...
Dagbreek kom lui-lui met die son wat skugter loer
en dan stading breek oor die berg se rug;
Wilde perde gallop deur kristal
blou bergstrome;
My hart aanvaar
Ek is hier..., dit is klaar...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/2/2009 4:22:07 PM |
 Titel: Wat maak my anders?
Wat maak my anders?
My hart; my siel; my gewete, my drome en my ondervinding van die lewe...
die klein dingetjies wat vir my meer werd is as skatte;
mooi woorde;
lang soene;
kaalvoet op 'n verlate strand;
iemand om op staat te maak;
...maak nie saak hoekom; maak nie saak wat...
Liefde uit my siel, my hart;
tot dit bars uit my bors en stukkend val op die pad;
om musiek te maak en te sing tot dit trane bring;
om te verf in reënboog kleure dit wat ek voel diep hier binne;
Jou arms om my lyf;
jou oë wat deur my kyk... so
wat maak my anders?
Die vrou wat ek net is wat voor jou staan;
niks minder...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/4/2009 4:58:36 PM |
 Titel: Seer....
Sy breek die stilte in 'n duisend skerwe;
en skree haar frustrasie soos 'n gewonde dier;
Rou en bebloed haar hart en siel;
noodlottig gewond
en stukkend gekneus...
|
|
|
|
| Nelis van Staden |
2/5/2009 10:23:28 AM |
 Titel: Oog na Wang
as dit nie was
‘n onleefbare droom
sou ek nie nou so gevoel het
maar ek doen
as jammer meer as 'n woord was
iets vir die siel
maar dis nie
jou oë draai soos ‘n wiel
was te goed vir waarheid
was goed vir my
wanneer psige die brein flous
die afgrond het stilgebly
die donker binne my
jou skadu wat daar bly
oog na wang
sal nooit vervang
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/6/2009 11:23:01 AM |
 Titel: Ek glo, want ek wil...
Ek glo, want ek wil...
In my lewe telke kere
nes ek dink ek kan nie meer
het U o Here my vergewe
en my verlos van al die seer...
Ek praat met U want U's my Vader;
my skouer wanneer niemand luister
Al is U vêr daar in die Hemel al wat ek net moet doen is luister...
U lig skyn helder op my pad
en somtyds wanneer ek verdwaal;
vind U my weer en tel my op
alweer het U U kind kom haal...
Sonder U deur al die jare
sou ek nie hier gewees het nie;
U is my Vader en my Redder;
dit is my eer om U te dien...
Ek glo, want ek wil...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/9/2009 11:20:10 AM |
 Titel: GENOEG...!!!
Genoeg is die finale woord;
die beskrywing van emosies
kort en kragtig soos my
geduld...
Genoeg is wat ek voel hier binne;
die laaste strooi van opgebruikte tyd;
wat die mooi smelt tot in ewigheid;
Genoeg is jou selfsugtigheid;
en ek, jou mooiweersvriend loop weg met gister se herinnerings...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/9/2009 11:44:48 AM |
 Titel: Hulle sê jy is anders...
Hulle sê jy is anders...;
'n vreemdeling voor my oë
wat my laat twyfel in my eie vermoë om die waarheid te sien;
om aan vriendskap
te glo...
Wanneer het jy dan wreed geword;
'n slagoffer van jou eie obsessie;
'n Moordenaar van drome wat jou nie traak nie;
harteloos; gevoelloos - iemand wat ek nooit gedink het jy was nie!
Hulle sê jy is anders....;
miskien is hulle reg;
of dalk is die waarheid dat die een wat ten goede verander het net ek is...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/9/2009 4:08:59 PM |
 Titel: Luister na my....
Luister na my;
want ek was daar;
daar waar jy nou is;
lewendig begrawe onder
selfbejammering en selfverwyte;
wat jou gat dieper en dieper grou;
jy probeer jou probleme verdrink in 'n bottel;
om te ontsnap na jou eie hel?
Luister na my!;
voor dit te laat is!
Jou redenasies en medikasies
verskonings wat niks volume
meer dra nie...
Kyk vir my; lig op jou kop;
weet dat tyd nie vir jou sal wag nie;
Dinge gebeur en die lewe
is nie altyd wat ons verwag nie!...
Luister na my....;
huil jou hart leeg op my skouer;
weet net jy is nooit alleen nie;
nooit sal ek jou veroordeel of in die rug steek nie;
bring jou bagasie;
hier is baie plek;
jy is my familie;
my plek is jou plek!...
|
|
|
|
| JC Numec |
2/10/2009 6:51:50 PM |
 Titel: Kindernomie
Dis Donderdagaand mistig en koel
hier binne isit warm en soel
gebonde oomblikke verwoed bebroei
genadiglik verby van alle gebloei
donker gelde wat alles verdruk
Beskerm ons van al die gepluk
n week n maand n jaar verby
wat bly selfde en wie gaan ly
jong ogies vol slaap warm en knus
dis Donderdagaand slaap nou en rus
weet nog so min bekommer jou nie
oor goggas wat teer op geld enie konomie
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/12/2009 12:50:34 PM |
 Titel: Wees net vry...
Delg diep tot binne-in jou wese;
daar waar skaduwees agter die waarheid skuil;
breek oop die gevangenis van jou emosies
drink in die lewe en wees net vry...
Hoekom wegkruip agter leuenaars wat fluister,
mooiweersvriende wat jou in 'n oogwink sal verraai?
Jy is jou eie grootste vyand;
die een waarom alles altyd draai...
Delg diep tot binne-in jou
wese;
daar waar skaduwees agter die waarheid skuil;
breek oop die gevangenis van jou emosies;
drink in die lewe en wees net
vry...
|
|
|
|
| Shirley Louise du Plessis |
2/13/2009 5:08:12 PM |
 Titel: Die droomhawe
Een nag het ek gewonder
Waar kom my drome vandaan
Kom dit dalk van ‘n droom-hawe
Waar daar baie drome staan
Gaan hul ook in en uit by die hawe
Na die gedagtes van mense wat hul droom
Gebruik die drome dalk petrol
Of loop hul op verbeelding-stoom
Dalk werk daar dromer-mense
Wat gebreekte drome herstel
Hulle sit dalk net daar rond
Om verlore drome op te tel
Dalk vlieg daar wens-arende rond
Wat die drome se wense wil steel
Dalk loop daar wens-hengelaars
Wat hul wense met jou wil deel
Dalk droom die hengelaars van wensvang
Dalk droom hul van ‘n beter droom
Dalk wens hul om ‘n groter wens te vang
Met hul droom daar op die stroom
As die hawe regtig bestaan
En dromers kan daar gaan bly
Sal ek graag daar ‘n huis wil koop
Net langs die droom gety
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/16/2009 1:05:39 PM |
 Titel: Woorde van 'n mishandelde hondjie...
Ek wens jy kon voel wat in my oë nou wys;
my terleurstelling en woede;
my pyn en moë pleit...
ek jou beste vriend;
maar jy't dit nooit gesien nie!
Jy skop my, skree en stoot my weg;
Vir jare deur mishandel; my nooit gesien nie!!!
ek staan net weer op;
my vaal ou stertjie waai versigtig;
ek kruip nader vir bietjie liefde
ek kyk af; my hart gewigtig...
hoekom is jy vir my kwaad;
is ek dan nie jou getroue vriend
wat deur dik en dun van kleins af al
jou lief gehad het meer as enige mens in die heelal???
Jy kyk vir my en vir 'n oomblik sien ek weer die ou jy;
maar die bitter wrede werklikheid van jou korrupte lewe vloei terug in jou oë
dis weer verby;
Ek is al oud en kyk vir oulaas
smekend vêr na buite;
waar grassies groen en berge blou;
my naderwink en weg van jou...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/18/2009 1:32:04 PM |
 Titel: tweegesig...
Jou twee gesigte flits deur my gedagtes;
jou gesplete tong jou wapen
glibberig en vol leuens!
vertel weer - te goed om waar te wees stories -
goed uitgedinkte beloftes;
Jou valse profeet!
Vir jou is als 'n kompetisie;
vir die niksvermoedend 'n paradys,
Min wetend klou hul aan jou lippe;
te laat sal jou doodsbyt die waarheid wys...!
|
|
|
|
| Nelis van Staden |
2/19/2009 6:15:27 AM |
 Titel: Dagbreek Doodmoed
slakspoed sonstraal
deur sy bloed
die son kom op
sonder gister groet
bloedklont
trek sy tyd
oos donker wes
skyn angs aan ewigheid
sirkel pil sy brein
skadu’s trek die berg se lyn
dagbreek doodmoed
die son val oor sy bloed
|
|
|
|
| Nelis van Staden |
2/24/2009 3:29:19 AM |
 Titel: 'n Swart Spoor
sy arms styf
sluit troos teen dryf
‘n sinkgat sluk die pad
‘n kniellende ma snik in swart
‘n bondel liefde
haar spoor van gees
dit lê net daar
‘n hart in reus
die bom getralie
‘n vuis so suur
reikende siele wurg
vir ‘n prys te duur
‘n geslote oog
sluit spieëlbeel terug
swart spore wat haat
ry ewig oor sy aangesig
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/24/2009 1:20:43 PM |
 Titel: Sluit jou oë, haal diep asem....
Sit 'n oomblik hier op die ou boomstomp;
voel die growwe koel bas teen jou palm skuur;
ruik gister se reën wat die
aarde gegeur het
sluit jou oë;
haal diep asem;
laat jou siel rus hier...
Laat jou oë die buitelyn van die berge streel;
na die groen wye velde wat jou hart en siel lok;
sien die skoonheid;
die skepping van God se verbeelding;
sluit jou oë;
haal diep asem;
laat my in,
hier's ek ok...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/24/2009 2:04:06 PM |
 Titel: Die Geur van my Pa...
"Cherry" en "maple" hang in die lug,
ek sien hom in my gedagtes;
mooi hande;
bruingebrande gesig...
swart snor;
wit tande;
khaki broek en wit hemp;
die geur van my pa;
vir my so bekend...
"Mykota" voetpooier;
en "original stimorol"
ek onthou elke haar op sy plek ;
elke plooi perfek gevou;
Ek was trots om hom as my pa te hê;
goeie hart;
so lojaal;
and "best friend"...
Pappa Joe se "famous" hoender;
"Garlic en Peri-peri" sous;
die geure van my pa sal ek
altyd onthou...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
2/27/2009 10:47:14 AM |
 Titel: Die ridder van my drome...
Selfs in my drome kom jy na my
op 'n spier wit perd aangery;
ek sien my staan op 'n verlate strand;
my donker hare los,
tone in die sand...
Jy is die ridder van my hart;
op jou spierwit perd;
gallop jy oor die sand;
Die hittegolwe het my weer verlei!
Net my verbeelding;
dit was nie jy!!!
Stadig loop ek na die water;
êrens hoor ek meeue skater;
met dryfhout skryf ek jou naam met liefde
voor die water dit saamvat na die dieptes...
My oë gaan oop;
dit was net 'n droom;
die wind waai die takke van die boom;
jy trek my nader - jou lyf teen my;
saam dryf ons weer weg op die gety...
|
|
|
|
| Gava Kassiem |
2/27/2009 12:15:36 PM |
 Titel: 27 April
27 April
Elke jaar kom lê 27 April papsakbitter in my pa se mond. Al die jare gluur hy na my met ‘n ‘hoe’s dit moontlik’- kyk. Daai frons op sy voorkop het oor die jare ‘n diep kerf tussen sy wenkbroue gemaak. Sy voorkop gee my rillings wanneer ek skelme kykies na hom waag. Dan voel dit vir my of ek onwillekeurig my bestaan op aarde moet verwerdig. Sy please-explain-oë brand gate in my. Ek dink as hy my kon wegwens – sou hy nie twee keer dink nie.
Dit help ook min dat die mense in die ganse land en in die res van die wêreld dié dag met ‘n passie vier. En dat die hele dag gewy word aan die land se vurige stryd om bevryding nie. Dis ‘n dag van comic en plesier. Die lug word besoedel met braairook. Trane vloei vryelik saam met die onthou, terwyl die voggies ‘n kat se kans het om op ys gehou te word. Vuvuzela’s skreeu hul hees. Ondervindinge van die stryd teen apartheid word lustig gedeel en niemand waag dit om te protesteer dat die einste verhale elke jaar ‘n stertjie bykry soos hul vertellers ouer word en die stories afgesaag word nie.
Maar in ons huis is 27 April ‘n duistere dag.
My pa staan op met sy befronsde gesig en voor hy sy tande borsel, steek hy ‘n sigaret aan en suig daaraan asof iemand dit van hom gaan steel. Ek sien hoe stoei en baklei hy met sy duiwels en na meer as tien jaar lyk dit asof dié duiwels die oorhand kry. Hy praat al hoe minder. Sit net. Rook net. Drink as die vuvuzela’s te erg in sy kop skree. En al die jare ignoreer hy my. Kyk bo-oor my wanneer hy met my praat. Oor die jare het sy behandeling my in ‘n skim verander. Ja, ek het langer geword – nes hy, maar met elke blik van hom het ek gekrimp. Dit was ‘n kuns om in sy teenwoordigheid te verdwyn en nog steeds teenwoordig te wees. Hy laat my altyd voel dat ek net soveel skuld daaraan het. Ek was dan nie eers mens nie!
“Ma, vertel my van my pa.” Elke jaar is dit my vraag wat ek op 27 April vra. Ek weet sy eis die vraag elke jaar en bid en hoop ek vra nie meer nie. Ek wonder hoeveel stertjies háár storie elke jaar bykry. Sy is so verbitterd. Noudat ek ouer is, let ek op dat haar oë ‘n stille boosheid het en dat die stories wat sy vertel skielik ophou sodra die onthou te erg raak.Toe ek kleiner was, het ek aan haar lippe gehang en gedink dat die trane wat sy huil trane van blydskap en onthou is, maar nou wéét ek.
“Jou pa is (was) ‘n wonderlike man. Hy was een van die voorbokke tydens die bevrydingstryd. Ek het hom so van ‘n afstand gekyk as hy sy broek met trots laat val om die lang hale oor sy agterent aan sy vriendekring te wys. “Vir mý land!” Dan het die res van hulle skaam weggekyk en ‘n stille besluit geneem om meer sekuur klip te gooi en die vure hoër te laat brand. Ons meisies het hom verafgod. Sy wese het gebrand vir die bevrydingstryd. Hy wás die stryd. Wanneer dinge skeef geloop het, kon hy die vuur van bevryding in jou laat brand met ‘n passie waarvan jy tot nog toe onbewus was. Ons meisies kon nie wag vir die volgende geleentheid om sy mooigevormde boude te sien nie, terwyl die lang hale daaroor ons gewalg het. Hy was (is) ‘n heethoof.”
“Ma, vertel van daai dag!”
Dis dán wanneer sy yskoud word. Die vrank smaak in haar mond knoop haar woorde met haar tong, terwyl die vuvuzela’s in haar kop harder raas. Nou moet sy haar storie ken. Waar begin sy nou weer elke jaar? O, ja, die dag toe die ikoon, Nelson Mandela vrygestel is. Sy was een van die tienduisende wat sy toespraak op die Parade in Kaapstad bygewoon het. Die buurt het en masse gegaan. Selfs die stomme Sophia was ook saam. Sophia wat al die jare ‘n Sprinkbok-ondersteuner was en ‘n koerantuitknipsel van die Groot Krokodil in haar Bybel as ‘n boekaanwyser gehou het. Miskien omdat dit ‘n free bus trip was en sy altyd die Kaap as overseas beskou het. Die onwerklike gevoel van vryheid kan sy nie beskryf nie. Dis nie net tronke wat gevangenes huisves nie. Die pad na vryheid was ‘n lang en bloedvergiete pad. Die gesing en gejuig en die atmosfeer op daai dag was magies, onwerklik en wragtig, sy sweer, dit was heilig.
“Ma, wat van Pa? Waar was hy? Wat het hy gedoen? Het jy hom gesien?” Die stortvloed van vrae hou net nie op nie. Nou moet sy baie kreatief te werke gaan.
“Jou pa het eenkant gestaan. Weg van die uitbundige gejuig en histerie. Dis hoe ek hom opgemerk het. Dit het gelyk asof die vuur binne hom geblus is. Miskien was die oomblik vir hom net te onwerklik en te groots. Trane het langs sy wange gerol. Sy vuiste was gebal. Hy het hard probeer om die emosie te beteuel en ek het hom so jammer gekry. Weg was die opruier en rumoerige jong man met die mooigevormde boude. En dis toe ek na hom oorstap en sy gebalde hande probeer vat. Ek het hom soos ‘n baba vasgehou totdat hy bedaar het. Ons is daarna na die paartie van die eeu waar ons die vieringe voortgesit het.”
(Eersens - jou pa het die hardste geskreeu! Tweedens - jou pa het die hardste geskreeu! Niemand kon hom stilkry nie. Ek kon sien dat hy histeries is en het sonder om te dink hom hard op sy mond gesoen. Dit het hom bedaar, maar die vuur binne hom het nog gewoed. Nie eers dié hoogtepunt op die Parade kon dit blus nie. Sy ‘high’ was net te hoog. Dit moes uitwoed. Hy het my met daai selfde passie gesoen waarmee hy bande hoog laat brand het en klippe na vangwaens gegooi het. Die oomblik was te groots. Ek – omdat hý vir die eerste keer mý raaksien en hy – omdat dit die culmination van ‘n droom was wat sy jong lewe heeltemal verorber het. Jy was jou pa se grootste bleddie ‘mistake’.)
“Maar hoekom praat hy nooit daaroor nie?” Thabo se stem dwing haar terug hede toe.
“Jou pa, was maar altyd so. Praat nie eintlik oor diep dinge nie. Die goed maal binne hom en oor die jare het dit hom fyn gemaal. Hy weet dit. Hy is leeg gemaal. Het niks meer oor in hom nie. Niks om voor te veg nie. Hy is koersloos. Sewe-en-twintig April het jou pa gekerker. Hy het net nooit probeer om te ontsnap nie. Hy is vasgevang in die verlede en in sy wese brand die vure nog hoog.”
“Ma, ek gee nie om dat hy my ignoreer nie. Ek verafgod hom. Hy is my held. Dis reg so. ‘n God moet nie te na sy onderdane kom nie anders verloor hy sy goddelikheid.”
Nomsa kyk na haar seun. Sy gesig straal van aanbidding en trots. En die bitterheid stu weer in haar op. Sy gaan sit. Die vuvuzela’s gaan haar nog mal maak. Elke jaar sweer sy dat sy iets omtrent die bure gaan doen wat 27 April so uitermate vier. Tog begewe begewe haar moed haar elke jaar. Maar hoe sal hulle ooit weet? Hierdie huis is grafstil op 27 April. Drome wat begrawe is, word dieper begrawe. En Nelson wat stil is, word nog stiller.
En sy wat die verhaal op dié dag noodgedwonge moet vertel, verloor elke jaar ‘n bietjie meer van sy borduurwerk. Daar is tye wat dié steke net nie wil saamstryk nie. Tye wanneer die valse woorde volstrek weier om oor haar strak lippe te gaan. En wee die jaar wat sy vir Thabo gaan skree: “Jou pa was a good-for-nothing wat sy tyd met Lion Matches en te veel protests meetings gemors het! Wee, die dag wat sy gaan skree: Jou Pa-Patrick het nooit weer aan my geraak sedert jou geboorte nie.” Dat sy op ‘n einste 27 April moes hoor dat hy wat Patrick is háár verantwoordelik hou vir die vuur wat in sy gemoed geblus is. Het sy dan nie ook voor daai Caspirs ewe braaf probeer weghardloop nie? Dra sy dan ook nie die letsels van ‘n sambok nie? Háár neus en oë het ook intieme kennis van traanrook. Haar hande kén die fatsoen van ‘n klip.
Die vuvuzela’s skree nou harder en die voggies trek. Daar is selfs feesgangers wat probeer om Die Stem in Xhosa te sing. Sommer so impromptu. Die gelag is oorverdowend want elke keer word dit met ‘n slagspreuk van die struggle onderbreek.”Amandla!” Soveel so dat die verse net nooit vertaal word nie, want almal word meegesleur deur die slagspreuke. Mans se nekare bult en vrouens skud hul lywe in ongeloof by die onthou. En Nomsa wonder hoeveel vuurvreterjies vanaand in die lewe geroep gaan word.
Thabo het onder die lawaai aan die slaap geraak en Nelson het in die verste hoekie in die agterplaas gesit. Maar daai slagspreuke het hom gevind en sy bloeddruk laat styg, die ou wond in sy linkersy laat antwoord en sy boude van vooraf laat brand. Die seun se dringende geroep na sy ma irriteer hom. Wanneer gaan sy tog na die kind omsien?
Op 27 April het Nomsa haar in die kleurvolle, nuwe landsvlag toegewikkel en korrek ook – die rooikleur na bo en haar aan die bloekomboom opgehang. Só het sy gewapper tot Nelson haar gevind het. Nelson het lank na die toneel gestaar. Hy het diep asemgehaal en driftig binne gestap opsoek na die kind.
“Thabo, bring daai Lion Matches dat ek vir jou kan wys hoe maak ‘n mens ‘n bonfire!”
----------------------------------------
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/3/2009 10:44:58 AM |
 Titel: Verlore kind...
Die donderweer rol oor die Afrika vlakte;
wat kleure verander van purper na goud;
stoom rys soos mis uit die pad oppervlakte;
en groot druppels reën
ontplof in die stof...
Ek sien jou gesig in die donker berghange;
jou asem wat hyg en fluit soos die wind;
Jou oë weerkaats in die storm rivier water;
koud en geheimsinnig nes jou dood als verslind...
Tornado winde ruk aan my hartsnare;
'n tragiese wysie wat strum op die wind;
Jou stem wat echo in my verbeelding;
spookagtig en eensaam;
en ek jou verlore kind....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/4/2009 1:12:54 PM |
 Titel: Hier staan ons nou...
Hier staan ons nou;
soveel ouer...
mooi afgerond;
soveel getrouer...
kyk in my oë;
kyk in my siel!!!
sien jy dit nog?
of sien jy nog
wat jy wil?
Hier staan ons nou;
bietjie verweer;
maar jy's nog jy
en ek's nog hier...
Sien jy my hart;
Sien jy my bewe!!?
Sien jy dit tog
dat ek jou vergewe
Sien jy my....?
Sien jy my hart breek in my oë?
Hoor jy hoe sag ek bid en glo;
Kom staan voor my laat ek kan sien;
Of jy nog 'n kans verdien...
Hier staan ons nou;
nog steeds verlief;
somtyds baklei ons
vir niks my lief;
met my hele hart;
met my hele gees!
wil ek graag net by jou wees;
na al die tyd...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/4/2009 4:16:49 PM |
 Titel: Beskadig...
'n Leunaar ;
'n Gyselaar van haar verlede;
'n Dief in die nag;
vir haar was dit 'n nagmerrie;
en niks wat ander sou verwag...
Almal wou 'n stukkie hê
van haar siel;
van haar hart;
Min het mense geweet net hoe
beskadig die jong meisie was...
Voor jy veroordeel;
maak eers seker dat
daar nie ietsie dieper sit;
diep begrawe onder lae
letsels wat verleentheid bring...
|
|
|
|
| Nelis van Staden |
3/6/2009 2:12:36 AM |
 Titel: 'n Swart Spoor
sy arms styf
sluit troos teen dryf
‘n sinkgat oorheers die pad
‘n kniellende ma snik in swart
‘n bondel liefde
haar spoor van gees
dit lê net daar
‘n hart in reus
die bom getralie
‘n vuis so suur
reikende siele wurg
vir‘n prys te duur
‘n geslote oog
sluit spieëlbeeld terug
swart spore wat haat
ry ewig oor sy aangesig
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:05:21 AM |
 Titel: Liefde sonder naam
Op jou wag ek in linne van goud.
Bedek met geure van jasmyn
my wese oopgevlek
sonder my eksoskelet
Weerloos sag en ryp om te bied
seëninge uit my lendene.
Jou oë gesluit
jou mond soekend na
die snak van my asem
Jou hande berei my
tempel met olie,
mirre en roosmaryn
Woorde verstil op lippe
verdwyn in sug .
Jou tong volg
die paaie na plesier
om my te offer op altare
van jou Eros god.
©Elza
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:09:32 AM |
 Titel: unieke ek
daar waar donker skadus
bang maak en koggel
lê trane en poel tot
gebarste modder korse.
In gebarste modder korse loop
ou spore kringe
tot geslote punte
deurkruis oor dorre woestyne
oor dorre woestyne sonder oase
waar geen rus gevind word
volg ek die son en vind rigting
in jou wandeling
in jou wandeling
slaafs gevolg met blinde oë
kruis ek my donker gang
net een maal
net een maal herroep die
sagte vlinder kus
met woordevrug my siel
versadig
versadig laat ek jou vry
om te kom drink
uit my fonteine
van vandag se
toekoms drome
toekoms drome in my
spel versteek tussen
dig en rym
in dig en rym het ek
perdalks 'n deel vir myself gekleim
en die knoop trek vaster
stywer
elke unieke ek
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:11:11 AM |
 Titel: Vrees
Die kosmos draai van tyd in eeue
skryf name in sterre
bindend in berou
aksies en reaksies van
vrees gevulde lewens
vir 'n oomblik tuimelend
grypend na lewe
die skaduwee van 'n duisend leeftye
laat jou gesigloos,
sonder identiteit
desperaat skreeuend
ineen gekrimp tot niks
wegkruip in jouself
opsoek na skuiling
die realiteit is
daar is niks tevrees nie
behalwe vrees self
ek draai my gesig weg
'n glimlag graveer in tyd
en laat begaan
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:13:13 AM |
 Titel: Vensters
in fragmente van lig en glas
met grasievolle passie
jy verleidster
danseres
trek jy jou skoene uit
stap kaalvoet deur
koue wasem ruit
my warm asem wêreld in
bedrieglik die weerkaartsing
kring myself van buite af in
vasgekeer in vensterbeeld
die eie ek
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:14:32 AM |
 Titel: Versmoor
onder fonteine van selfverwyt
besmeer met seep van troos
kleef jy vaster aan my menswees
sypel jy druppels deur my siel
soos liggamsweet
jou maskerspel is my hel en
grense my bouvalmuur en
ek versmoor
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:16:31 AM |
 Titel: Weet jy
weet jy
voor die haan nog kraai
of die nag na dag toe draai
kyk ek slaap-oog na jou
so rustig jou asemhaal die
deining van jou bors
so gespierd, sag, so fors
jy my mansmens van staal
wintersneeu bedek jou kruin
maar dis lente in jou hart
kraaispore versier die pad
tot by jou woorde blommetuin
voor die son jou mansmens lyf
met goue strale kom bestuif
moet jy weet en ewig onthou
ek is baie lief, net vir jou
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:19:08 AM |
 Titel: rose en jasmyn
Van rose en jasmyn berei jy 'n bed
Vir koningin, maagd en slet
ritmies, statig die sigeunerdans
ineengevleg in liefdes trans
woorde geskryf op vel papier
in klam speeksel spore versier
aanraking van honger vlees
soet die genot van menswees
hoor ek jou enkelringe klingel
en jou vel ritsel,
rimpel
rimpel
ons harte kring stiltes oop
om lêplek te vind
toegedek met hoop
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:21:05 AM |
 Titel: Ek, Jy, Ons
( ouderdom beperking?)
Tastend,
soekend
bestyg jy lyf heuwels tot bo,
hygend jou asem in my oor.
wyd oop jou druipnat liggaam .
smagtend,
wagtend
ek
jy
ons
©Elza
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/11/2009 8:35:10 AM |
 Titel: Verf jou met woorde
Druppels maan soos
spatsels oor jou mitiese lyf ,
jy verslaaf my siel
jy's sag en broos
in graniet gegiet
tussen skadu's van jou oë
kalwe my vastrapplek weg
jy steel my fantasië my drome
werklikheid lê in splinterglas
voor jou swik ek in sonde
hartseer roep
echo in die maannag
afguns se palet van
skakerings gemeng
maskers van jaloesie
in wit afgewas
druppend op my vel
ydelik.verlydelik
Eva,
Delilah,
Jy
die liefde volg ek slaafs
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/11/2009 4:58:57 PM |
 Titel: Ek weet jy weet...
Jy is "sweet" om die dinge te sê wat jy sê;
Komplimente soos geskenke vir haar uit te lê;
Ek luister stilswyend na dit wat jy bieg;
maar een ding moet jy weet; dis vir jouself wat jy lieg...
Ek kyk deur die heuning na die waarheid versteek;
Ek sien in jou oë jou bitter pyn daar wat smeek;
Smeek om iewers 'n plekkie te vind;
om te ontsnap van die seer
verlos te word van die blind...
My oë vind joune en ons word geroer;
deur die intense emosies wat vir ons terugloer.
Ek weet jy weet ek begryp - ek verstaan -
Jy weet baie goed waar kom dit vandaan...
Die maan blink helder en verf die nag
in silver skakerings wat alles versag...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/13/2009 2:02:40 PM |
 Titel: Elektrisiteit in my siel...
Ek voel elektrisiteit in my siel as jy aan my raak;
jou liefde ontvoer my na
'n fantasie wêreld;
jou lag voed my gees vind
die kind wat daar slaap;
en ek so lighoofdig;
deur jou liefde bedwelmd...
Skoenlappers wat fladder in my ingewande;
Jou oë soos magnete wat my hipnotiseer;
jou warm hande wat my ken soos geen ander;
wat my ondersoek en diagnoseer...
Ek voel elektrisiteit in my siel as jy my so soen;
Jou lippe so sag; ek smelt
in eksotiese lyding;
my asem wat hyg in ekstatiese bevryding;
Jou mond wat my soen soos geen ander kan doen...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/13/2009 2:33:48 PM |
 Titel: Klein bedelaar...
Woorde vloei soos die oseaan se gety
hier in my gedagtes diep en donker verby...
die wêreld is wreed
as voorspoed jou los;
ek sien 'n klein kindjie
wat bedel vir kos.
Die mense skel;
die mense gluur;
die verskrikte kind lyk oor die muur...
Hier in ons warm snoesige duur voertuie
het ons geen idee wat daar aangaan buite;
niemand wil meer betrokke raak;
wanneer die lig groen slaan;
gaan almal spore maak!
Ek self ignoreer haar sagte stem by my venster;
hees en skaars hoorbaar;
onseker haar fluister...
In skaamte trek ek stadig weg
na my warm huis;
in my hart voel ek sleg...
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/17/2009 9:36:35 PM |
 Titel: Erfsondes
Jou vrou wees
hang soos erfsondes om jou nek
Jy vrou verleidelike jy
Granaat ryp stem vlei
flankeer
heuning soet jou woordevloed
oë sprankelend met beloftes uit
warm vrouwees hart
jy vrou onbeskaamd,
onbeskroomd
Eva met erfsondes om jou nek
©Elza
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/17/2009 9:38:42 PM |
 Titel: Eerste liefde...
Die liedjie wat op die radio speel,
Maak verlang gedagtes van my ‘n deel
Die liedjie ,’n sleutel van vêr verlange,
Eens weg gebêre in my hart
se kamers en gange.
Ek laat my versigtig deur gedagtes ly,
Om die wegbêre gisters te kry.
Ek soek om elke hoek
,elke draai.
Agter deure ,
selfs in ‘n laai.
Die verlang kry toe n naam,
jou foto in ‘n goue raam.
Weg gebêre in verlede se rak,
Nooit gedink om dit weer uit te pak.
Nou wonder ek wat jy nou doen,
Onthou jy die liedjie,
ons eerste soen.?
Loop jy ook soms deur ‘n verlore gang,
Laat liedjies jou ook soms verlang.?
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/17/2009 9:40:38 PM |
 Titel: Gisters…
Nostalgies troetel ek elke gister,
soos vlinders in my hart.
My gisters, vreugde wat ek smaak,
Wat doel deel van my lewe maak.
Sonder my vreugde en seerkry gisters,
Beteken my raaisel môres niks.
Vandag, die goue band
Wat gisters met môres bind
My gister soos 'n voetpad,
Wat my na vandag toe dra.
Vandag, die toekoms deur,
Wat my môres met goud inkleur.
Ek troetel my gisters, foute en al,
My vandag se besluite
sal my môres laat tel.
Op tyd se rug ry ek
uur na uur,
Met my Hemelse Vader
aan die lewens stuur.
|
|
|
|
| Elza Smal |
3/17/2009 9:42:38 PM |
 Titel: woorde
Waarna toe gaan woorde.
gefluister.
geskree of net
gesê.
waar gaan hulle dan lê?
ry hulle speels op die wind se rug.
of baljaar op skuimwit branders rond..
speel wegkruipertjie
tussen donker se skadukante.
waar gaan die woorde heen?
waar kom woorde vandaan?
gebore uit liefde of 'n niks bestaan
kry are van ink om polsend te skink
van briewe en woorde
en word net soms
akoorde...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/19/2009 9:22:18 AM |
 Titel: As ek dans...
Die musiek begin...
my hart hou ritme;
primitiewe dromme
wat die passie in my siel
roer tot ontwaking...
Ek voel hoe spoel
adrenalien deur my bloed;
die gehoor is stil;
my dans kommunikeer
woordloos
hul eensame bestaan;
'n hartseer oomblik van verstaan...;
Ek sweef grasieus oor die verhoog;
teaterstof spiraal soos klein warrelwinde om my voete;
ek straal,
behep met dit diep binne;
die verhaal van my hart
my siel in my oë...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/20/2009 12:56:51 PM |
 Titel: Die Tsitsikama woude...
Dis so rustig hier waar die water kabbel,
op mos bedekte rotse blink en glad...
Die reuk van reënwoud ryk in osoon;
waar dwergies sing en feetjies bad...
Die Tsitsikama woude waar Geelhout reuse
op bergbries wysies die wolke streel,
en tortelduiwe die aarde sus;
dis hier waar ek my siel wil rus...
In my verbeelding hoor ek dit al;
die ego van Grootvoete geskal;
Die reuse van 'n ander tyd;
hul storie op rotse verewig in antieke kryt...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/20/2009 1:08:36 PM |
 Titel: Die nag....
In die skadu van die kamer,
silwer maanskyn teen die muur;
monster skadus van boom takke,
middernag en hekse-uur.
Die nag geheimsinnig op sy eie,
elke geluid bring vrese voor!
'n Uil wat roep hier by my venster,
lok bygelowe wat my verbeelding toor...
Toegewikkel onder donskombers
soos 'n papie in sy dop;
ek is nou groot, daar is geen duiwels
wat uit die swart fluweel sal kom...
Nog steeds lê ek daar vir 'n wyle,
verstar in vrees soos daardie tyd;
toe hy ongenooid soos 'n monster in 'n riller
op my bed kom sit het en vir my kyk...
In die skadu van die kamer;
silver maanskyn wat als verlig;
ek raak vaak en skuif styf teen jou;
en konsentreer op jou gesig...
Die sonsopkoms, pastel en sag;
verjaag die monsters van die nag....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/30/2009 4:56:38 PM |
 Titel: my begin...
Raai waar is ek?
Ek is hier;
hier waar jy nooit kan raak nie;
O noodlot!
waar jou skurwe hande en
jou lus nie aan my kan vat nie;
veilig in haar arms;
weg van die ondiere
soos jy........, soos hy......;
my hart omring deur
doringtakke druppend met die gif van ware liefde....;
jou ondergang;
jou einde...
my begin.....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
3/31/2009 10:27:21 AM |
 Titel: Ek is stil vandag...
Ek is stil vandag....
Stil soos die nag voor die son breek oor die bergpiek;
stil soos my bewuswording van die aarde se wakker word;
my gedagtes gevul met ego's van gister,
Jou woorde wat lui aanmekaar in my kop....
Ek is stil vandag;
stil want die woorde het my ontsnap;
die beklemming van ongestorte trane,
my hart in jou hand
verbrysel tot sand...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/1/2009 10:19:14 AM |
 Titel: Terleurstelling...
Diep swymel donker waters
wat borrellend en giftig
in die put van terleurstelling
styg en dreig om alles in
my te verdrink...
In versmorende gejaag na
asem;
die realisasie dat niks dieselfde sal wees
dat my "bubble" gebars is
en ek vergete
in die sloot van die lewe
gesmyt is;
soos vuilgoed
op die ashoop van die lewe;
Ek kyk af;
sluk die trane van vernedering
weg...
vir die duisendste maal...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/1/2009 10:28:47 AM |
 Titel: Bitter...
Bitter soos harlemensies;
koud soos die diepste sneeu,
my gemoed;
jou hart
gevoelloos en verniel...
Bitter soos die bitterste bessie;
is die smaak wat jy los op my tong;
jou kouebloedige oë en pruim geplooide mond versuur;
elke sekonde, minuut en uur...
|
|
|
|
| Louise Clute |
4/4/2009 12:12:09 PM |
 Titel: Sirkelgang
SIRKELGANG
Daar lê al lankal ‘n klip in Sophie se hart. Nie sommer so ‘n nikswerd ou klippie wat sy minagtend in haar vuis kan toevou en van haar af kan wegslinger nie. Nee, dis ‘n moewiese klipklont wat haar gesigvelle afrem en haar loop stadig maak. Dit steel van haar asem sodat sy gedurig voel om te hap-hap na lug soos ‘n triestige vissie in ‘n selfgeknoopte vangnet. Soms brand haar polse en stoot die sooibrand suur in haar keel op. Sulke tye spring haar hart soos ‘n bang voëltjie teen die kou van haar ribbes.
Dis eers wanneer sy bene in die lug op die lendelam kooi in haar kaiatjie lê dat sy begin beter voel. Dis dan asof die klip sy ou bekende sit kry hier neffens haar nawel. Sy maak haar hande kommetjie en hou die papperige ronding van haar lyf vas. Haar krom ouvrou vingers sprei soos swartgebrande takke oor die geplooide velflappe en tik ‘n boodskap aan die klip. Doem, doem-doem, doem. Sy neurie saam met die tromslae. Al harder en harder...
Haar tone trap die volgeswelde druiwe dat hulle met sjlop-geluide onder haar sole oopbars. Sjlop het dit geklink toe die baas van die plaas by haar in die balie klim en haar tussen die uitdopsels beetkry. Sjlop het dit geklink toe die ligte vel bybietjie met die kroeshaartjies nege maande later by haar té nou jongmeisie-lyfie uitskeur. Sjlop het dit geklink toe sy die graffie met haar kaal hande in die gietende reën grou en die verrimpelde lykie wegbêre. Sjlop, sjlop, sjlop ...
Toe sy haar kon kry, staan sy buite. Naby die groot opstal. Die werf lê stil en verlate in die skrefie maanlig wat skugter tussen die blertse wolke uitloer. Moeisaam skuifel sy nader aan die outydse balie wat langs die skuur staan. Tas liefkosend met haar vingers oor die growwe hout asof sy ‘n ou vriend groet. Moos, haar susterskind, het ‘n paar mandjies swanger druiwe in die balie omgekeer soos sy hom vroeër die dag versoek het.
Haar knobbelrige tone gly tussen die koel druiwe in en sy lag kliphard toe die blinkgeswelde korrels met klein ontploffinkies onder haar voetsole oopknars en die sap haar nagkabaai rooi vlek. Trap, trap. Op, af. Sjlop, sjlop.
“Sophie?”
Sy draai nie haar kop nie. Hou net aan trap. Voel die klewerige vloeistof teen haar bene afloop. Haar vingers krul om die rand van die balie vir ondersteuning. Sy voel nie die splinters wat onder haar naels insteek nie. Met elke beweging van haar lyf skommel die klip in haar binneste rond soos ‘n bybietjie wat verwoed skop en beur om gebore te word.
“Maar mens, het jy nou skoon kêns geworre? Klim uit daar! Wat soek jy dié tyd van die nag hier?”
Hy gryp ‘n vuis vol flennie en probeer haar oor die rand van die balie sleep, maar ouderdom het hom ook ingehaal en kromgetrek. Sy ruk uit sy greep los en trek hom langs haar in die balie in. Hy gly in die nat pappery en kom op sy knieë te lande. Die soetsuur reuk van die bloeiende doppe stu oorweldigend skerp in sy neusgate op en hy snak desperaat na suurstof.
“Sophie! As ek my sonde nie ontsien nie ...”
“Die sônne het djou gavang, báás!” spoeg sy rou uit. “Sestig djare galiede het djy ook so by my in hierie einstelike balie gawies. Djy’t djou kjênd, djou aller-enagste, gamaak hie tussen hierie ronne houte. Hie tussenie sop vanie korreltjies het djy my vrou gamak toe ek ma twie hanne djonk was. Djou hond! Djou vieslike hond!”
Sy lig haar been hóóg en sit haar voet op sy grys hoof neer. Toe tráp sy. Op, af. Sjlop, sjlop. Vreemd, maar met elke trap raak die klipklont in haar binneste ligter. Asof dit in duisend skerfies opbreek en vlerkies kry en by haar keel uitvlieg in ‘n sirkelgang.
En iewers hoor sy ‘n bybietjie lag ...
|
|
|
|
| Louise Clute |
4/4/2009 12:16:33 PM |
 Titel: Die Digter
In diepe nanag skaduwee
by 'n gros motbestorwe blakers
vis hy letters en aksenttekens
tussen bleekgebleikte skedels.
Verpulp en uitgespoeg
die drek van uitgestorwe novas
gegrendel tussen neuron
en stuiptrekkende dendriet.
Skel grepe en flitsbeelde
in kakafoniese hallusinasies
dol-snellend in repertoire
van grynslaggende harlekyne.
Knersende klank-kordonne
in rye eengelid letterkrulle
einde ten laas uitgebaar
op bloedbevlekte Croxley blaaie.
|
|
|
|
| Louise Clute |
4/4/2009 12:18:40 PM |
 Titel: Ongeduld
As ongeduld in matelose tempo
teen jou slape klop
en in jou keel kom sit
jou wurg tot jy nie asem kry
en jou vingernaels klouend saamtrek
om ritmies te tik-tik-tik in onegalige resies
teen die stadige, o so kruiende aanstap
van 'n wyster teen die muur,
dán kners jou spits gebit 'n kotteljons
en tamboer jou pomp 'n revolution song
wat knarsend teen jou oor se trommel bars
en met aardtrillings jou lyf se
Richterskaal met harwar stote verkrag
|
|
|
|
| Louise Clute |
4/8/2009 6:05:17 PM |
 Titel: Navraag
Hi
Ek het verlede week 3 werkstukke ingestuur, maar dis nog nie op die webwerf nie. Wat nou?
Louise
|
|
|
|
| Nelis van Staden |
4/9/2009 9:11:39 AM |
 Titel: Jou Hande Blom
jou hande
jou hande blom
kosbaar in myne
jou gees vol bloei
wat so diep in my groei
bloeisels en stilbries
‘n horison weegskaal
my oë roep jou
wanneer my stem toe val
geboorte oral om
sonder val
vasgewortel
vasgegom
‘n dag te kort
vir hoe mooi jy word
seisoene verby
jou blom sal bly
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/16/2009 12:59:01 PM |
 Titel: Emosioneel....
My trane sit weer vlak;
my asem kom vinnig;
my kontrole onsigbaar...
jare se ondervinding
flits deur my herinnerings;
van seer en damme trane
'n prentjie in my kop van
'n geswelde hart op 'n
wipplank en ek met 'n
gat in my bors wat staar;
staar tot in ewigheid;
geen lewe meer oor
soos 'n woestyn;
nog mooi, wild en misterieus;
maar dodelik in my kompleksiteit...
O waai Suid-ooste winde waai!
Bring vir my namakwa stilte;
wat vêr en wyd oor vlaktes strek
en my laat rus op sagte duine...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/16/2009 3:53:39 PM |
 Titel: Nosferatu - verewig liefde
Wanneer die stof gaan lê
en die wind gaan slaap
en die aarde sug teen die
berg se rug;
staan sy op saam met die maan;
beeldskoon in swart gedrappeer
op haar wang 'n rooi traan...
Hoe mooi is sy in haar doodsgewaad;
hare lank en swart;
oë gevul met haat....
hoe kon hulle haar net so verlaat;
verewig liefde.....
nooit versadig sal sy raak...
|
|
|
|
| Basil Ellman |
4/20/2009 10:20:45 AM |
 Titel: Die gedig van klei
Die gedig neem vorm aan,
soos 'n pot uit klei in die hande van die pottebakker.
Die finale produk is in die hande van die kritici.
Koop hulle dit of bly dit op die rak.
Nou ja...
Dit is wag en sien.
|
|
|
|
| Gava Kassiem |
4/21/2009 11:06:08 AM |
 Titel: cowcatcher
cowcatcher
Ek kon nooit kwaaivriendskap tussen familie verduur nie. Die dood soek angstig na my. Ek voel hom in elke sukkelende asemteug en ek weet die dag gaan kom dat hy binne eensklaps die laaste bietjie lewe in die ou bene gaan stuit. Dit sal dan die einde van my, Pretoors Bliksem beteken.
So tussen my swaksiende oge besigtig ek my familie met hul nagemaakte sorg en hartseer en ek verkneukel my. Sommige kere lag ek dat ek snork. Dan sien ek die ai siestog – hoofde wat so jammerlik geskud word. Hulle staan hier rond en wag ongeduldig op daai laaste asem van my. Die dood sal noodgedwonge net ‘n bietjie moet wag. Dié spul gaan my verwens, maar dis ook oraait. Ek skuld hulle niks.
En so het ek met grote wilskrag en baie genade uit daai dodebed opgestaan - tot groot konsternasie van tantes, ooms, susters, kleinnefie en die spul honde, katte ens. Elke sonsopkoms het my gestel sterker en sterker gebrei. Dit kon nie anders nie. Ek moet bieg. Ek het hulle eintlik gedwing. Elke dag met dié ou verkrummelde bene en bloeddruk en diabetes gepraat en na al die jare het hulle uiteindelik na my geluister. Pretoors Bliksem het letterlik opgestaan.
Dis toe dat ek vir my ‘n properse cowcatcher aan te skaf. Die kleinnefie was só ontstig. Wat sal ek dan nou met so ‘n mouterkar wil maak? Cows vang natuurlik! Daai motor was pure vintage horsepower en ek het hom laat blinkvryf sodat al wat koei is vir haar in dié se glans kan vermooi. Maar eers my gehoorapparaat vervang sodat ek darem kan hoor wat die koeie van my nuwe ryding sê. Wat ‘n plesier. Wat ‘n uitdaging! Ek het pure man gevoel.
My eerste dag op die pad met die cowcatcher het al douvoordag begin. Ek het die dag met ‘n glas warm water begin waarin alsblare gedoop is. Dis nou om die bloeddruk te beheer. Daarna het ‘n stywe ontbyt gevolg. Ek gaan die energie nodig het. Die suikerpilletjies volg dan en dan is dit die lang tog badkamer toe. Die gepronk en mooimaak gebruik die helfte van my ontbyt se energie en ek moes op die bed gaan lê om die duiseligheid van die opwinding onder beheer te kry.
En so val ek in die pad met my cowcatcher. Waar ek gaan, draai die cows hulle koppe en ek voel soos 007 in my swart pak. Al wat nog kort is my rewolwer. Maar al’s is so van korte duur. ‘n Paaltjie rys voor my op en voor ek kon sê “Hends up” vloer ek daai paaltjie met die cowcatcher. Die cowcatcher is erg geknou, maar die lafenis van die mooie kind wat my aandag afgetrek het, het my rustig laat word. So op haar skoot terwyl sy my voorkop met iets klam afvee en terselfdertyd haar in die glans van die motorkar bewonder, het ek gedink ek het uiteindelik die hemelpoort bereik. Wel, die mouterkar is huis toe gesleep en my getroue drywer het uit sy vel gespring toe ek dit aan hom skenk. Hy het eers uit goeie maniere heftig geprotesteer en later minder heftig todat hy uit goeie maniere my geskenk aanvaar het. Die kleinnefie was rasend.
Die mense by Gouritzmond het my lettergreep vir lettergreep verduidelik dat 80 nie ‘n goeie ouderdom is om te bungee-jump nie. Die dame het my tien gelyksoortige verduidelikings gegee. En hoe meer ek vir haar sê dat die opwinding goed vir my hart is, hoe meer het sy verduidelik dat haar maatskappy nie die kans kan waag nie. Sy is later rooi in haar ergenis en slaan oor na gebaretaal toe sy my gehoorapparaat sien. Al kopskuddend draai ek my rug op haar. Miskien moet ek liewer valskermspring probeer. Dis dieselfde storie daar. En by die rotsklim. En by die diepseeduik.
Dis tyd om die inwendige mens te versterk. G’n gekookte groente en jogurt en vrugte vir my nie. Ek voel soos die gevangene wat op death row is. Die laaste maaltyd voor ‘n teregstelling. En so besluit ek dis alles wat ek nie mag eet nie. Brekfis by McDonalds. Middagete by Kentucky en aandete by die Steakhouse Ranch. Suikersiekte en bloeddruk en gout behoort tot ‘n ander wêreld en tyd. Die hoogtepunt is natuurlik die appelpastei met roomys vir nagereg. Die gevolg was orgasmies. Diepe tevredenheid en geluksaligheid spoel oor my. Die Franse beskryf dit as “die kleine dood”. Ek stem.
Die opwinding van die laaste paar dae put my uit. Ek sal moet briek aandraai. Maar Marie wag ook. Die ou hart moet tog net hou vir die soete samekoms. Môre gaan ek vir Marie besoek en my hart oopmaak. Vyf miljoen hartslae is al wat ek benodig. Marie lyk pragtig! Ek kyk verby die grys hare en mollige lyf en ek sien vir Marie soos sy destyds was: viets en bliksemmooi. “Marie, ek kom groet.” sê ek so onder die koeksusters en tee. Die atmosfeer is skielik droef. “Vir al die jare – mooi sestig van hulle – wat ek dit nie wou erken het nie – ek was en is lie vir jou.” Alles word doodsti. Ek wag. Dis Neil wat die stilte onderbreek. Hy spring op en slaan my grond toe. Toe wens ek driftig dat ek 007 was. ‘n Skop hier en ‘n vuishou daar en siedaar! Opponent gepot. Maar die arms wil nie na die hart luister nie. En so in my beswyming gee ek vir Neil die pakslae van sy lewe omdat hy Marie van my afgevry het. Ek moker hom behoorlik. Ek sien hoe Marie skaars haar bewondering kan dwing en ek sweef behoorlik op Neil se sterretjies van euforia.
Al wat nou nog oorbly, is die buurman se Khoi-visse en sy spog-dahlias. Ek wil net die water van die dammetjie laat uitloop en daai spog-dahlias van die buurman trim. Dié jaar gaan mý dahlias pragtig blom. My buurman gaan groen van jaloesie wees en wonder wat verkeerd geloop het. Net jammer van die Khoi-visse. Maar in elke oorlog is daar bloedverlies en mensverlies. In dié geval – visverlies.
Die ambulansmanne skud net hul kop. Hulle is van die mening dat ek gegly het. My kop voel sleg, my bors brand en my neus bloei. Die ambulansman probeer die salige uitdrukking op my gelaat te verklaar. Kom tot die slotsom dis die mooiheid voor die dood intree. Hy probeer hard om dié hart te laat bokspring, maar gooi uiteindelik die handdoek in. Met ‘n geoefende hand word die laken oor die liggaam getrek en die sirene van die ambulans word stil. Ek rus in saligheid. Geen stoornis en geen gepeuter en boweal geen pilletjies en bitter medikasie. Salig!
“Mense, ons vergader vandag hier om die testament van wyle Pretoors Beukes beter bekend as Pretoors Bliksem te lees.” Die prokureur hou sy vinger op die paniekknoppie in geval van pandemonium. Hy het klaar besluit dat hy by die agterdeur gaan uitglip, indien die familie hul ware self begin wys. Maar daar is ‘n mate van veiligheid in die koelheid van die knoppie. Tantes, ooms, kleinnefie, kleinniggies sit angstig – almal sedig in swart geklee. Die honde spits hul ore en een kat gee ‘n uitgerekte miaau.
Hy lees: Ek bemaak my boedel aan die verskeie diereorganisasies waarby ek betrokke was. Aan my familie gee ek al die liefde wat ek nooit aan hulle getoon het nie. Aan Marie – my boekeversameling – die liefdesgedigte is almal aan haar opgedra. En aan my seun… Die prokureur bly stil. Almal kyk in afwagting op. Tantes blaas hard in hul snesies en die ooms skuif ongeduldig rond. …aan my seun - my stel tande. Mag hy sy pad in die lewe oopbyt.
Die prokureur voel hy is ‘n verduideliking skuldig. Die verontwaardiging op die groep mense se gesig por hom aan. Pretoors Bliksem se tande bevat heelwat goud. Maar ongelukkig is een van die bepalings dat dié stel tande in ‘n fles bewaar moet word. Pretoors het sy laaste paar dae dinge gedoen waarmee ons miskien nie sal saamstem nie. Maar hy het doodgelukkig gesterf. ‘n Tevrede siel.
Die dominee kon beswaarlik sy lag hou en het keer op keer geproes onder die lees van die heilige Skrif in die kerk en by die graf. Die lang gesigte in die kerk en by die graf het niks met smaad en droefheid te doen gehad nie. Dit was regtig lang bekke. En so lê ons Pertoors te ruste – ‘n ware man in murg en been en wat tot op sy laaste oomblik gelewe het. Laat ons ‘n les uit sy lewe neem. Ek inkluis. Amen.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/21/2009 11:31:06 AM |
 Titel: Altyd vergete...
Altyd vergete;
niemand se prioriteit - of
se geheime glimlag wanneer niemand kyk...
Tweede, die troosprys;
die een wat volg;
die oorskiet van haar hart
begrawe in stof...
Haar oë is diep soos die donkerste see;
haar lippe sê vir jou ja;
maar haar siel skree vir jou nee!
Luister, o luister wanneer die winde huil;
'n stem sag wat fluister;
ek het jou lief;
bly by my....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/23/2009 5:00:29 PM |
 Titel: Gebroke Hart
In die palm van jou hand
lê die oorblywende skerwe van my hart...
En ek sit gebroke hier en staar;
kop onderstebo skud ek my kop
verstom oor hoe maklik dit klaarblyklik vir jou was
om my net te vergeet;
nes die ander,
asof ek nooit bestaan het nie,
nooit was....!
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/28/2009 4:48:54 PM |
 Titel: Jou tyd is oor...
Kom ons draai die wysers terug,
gee Vader Tyd verdiende rus
Bring als wat mooi was;
nuut en vars;
soos toe geluk uit ons wou bars!
Kan ons nie net vir hierdie dag
ons verledes los en saam net lag?,
en jy vir my weer kan vertel
hoe jou hart net vir my swel.....
Hier sit ek nou eensaam en stil;
niks om te sê;
my selfbeeld - Nil...
Ek is deurskynend kom dit nou voor;
die donderweer slaan...
jou tyd is oor....!
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
4/30/2009 4:35:06 PM |
 Titel: WINTER...
Yskristalle gedrapeer soos gevriesde trane om die kersbome se takke...
Dis Winter....
Met my asem wat kondenseer teen die ruit waarby ek staan,
teken ek jou naam versigtig...
Die vuurtjie knetter parmantig soos die hitte baklei teen die yskoue lug...
Ek kyk na buite
stom in my oomblik van alleen wees,
jou voetspore nou skaars sigbaar buite...
|
|
|
|
| Elza Smal |
4/30/2009 7:22:56 PM |
 Titel: Ek onthou......
Met die verkleuring van die blare en die skaduwees wat vroegdag langer word, kom skop nostalgie nes in my hart. Die Herfsblare wat stadig oor die werf versprei. Die ligte briesie wat skielik speels die blare laat dans. Rond dartel soos ballarinas. Die arme kat weet nie watter een om te jaag nie. En ek trek my baadjie stywer om my lyf. Die koue luggie knyp my wange maar my lyf snoesig toegevou in die warmte van myself.
Ek dink hoe ouer 'n mens word, hoe meer is jy bewus van die draai van die seisoene. Elke seisoen het so spesiale geur en kleur wat in die lug hang. So spesiale gevoel het ek wanneer winter nader kruip.
Winter is Vure tyd. So lekker warm kaggelvuur. Ma het altyd sommer so in die kaggel so amper droëworsie in bruinpapier toegedraai en op die kaggelvuur se kole vir ons gebraai. Dan het ons kinder langbeen voor die hert gesit en wag ,elkeen met 'n vetkoek in die hand. Ons tone pienk van naby die hitte wees. Wanneer ma daai bruinpapier bondel uit die vuur opdiep, eet ons dat die vet strepies teen ons hande afloop.
In die groot kombuis het die groot kolestoof byna die hele muur versier. Soggens het elke kind 'n beurt gekry om die kolestoof skoon temaak. Natuurlik met baie gemor. Maar smiddae wanneer ons op 'n streep van die skool afkom, begroet die geur van moerkoffie en 'ma se sop' jou al van ver af. Dan staan die groot blink ketel reg met moerkoffie. En die groot blink kastrol staan liggies en prut van vroegdag af, met 'ma se sop' .
Ma se naaimasjien se sagte tikke tikke tikke dreuning so bekend is musiek vir 'n kind se ore. Want dit is die wiegelied van veiligheid. Daai gerustellende gevoel, Ma is hier. 'n kind is so onseker as daar 'n skeiding in die gesin kom. Daai bang, van sonder 'n pa wees, spoel oor na vrees, of ma ook sal weggaan....soos pa. Ma het naaldwerk gedoen so daar in die kombuis. Daar het sy droom mooi skeppings vir die 'ryk' tannies gemaak. Vandag weet ek hoe 'RYK' ons ook was.
Sondae aande het ons om die kombuistafel... eintlik voor die kolestoof, vergader. My ouboeta met sy kitaar en jonger boeta met sy bekfluit. Ons meisiekinders gewapen met ons sondagskool stemmetjies. Ons het gesing. Gesing vir Ma wat so hard gewerk het. Gesing om die Here te loof en sommer al die vrese ook weggesing. Dan is ons beloon met heerlike pannekoek met baie kaneel en suiker.
Ek het nog so baie lekker winter 'onthou jy nogs' . Vandag sal ek my met al die warm gedagtes toevou. So amper asof dit my lappieskombers van nostalgie is.
Dit is goed om soms nostalgies te raak. Al is dit ook net om weereens te besef dat dit waarna jy op pad is nooit onherroeplik losgemaak kan word van dit waarvandaan jy kom nie...
Ek deel met julle 'n gedig wat ek jare terug geskryf het. Maar kon netsowel een van my nuustes gewees het.
Winters aande…
Snoesige koue winters aande, Saam ma
vat ons kinders hande.
In ons kombuis voor die koolstoof,
Dis waar ons die Here loof.
Met die tokkel van die kitaar,
Die kielie van 'n snaar.
Lippe teen die mondfluit,
Sing ons lekker voluit!
Ma sit voor die naaimasjien,
Maak mooi klere om geld te verdien.
Niks het ons ooit kort gekom,
want sy leer ons vertrou op Hom.
Van vroegdag kook die boontjiesop,
Ma sit later die koffiekan op.
Die wintersaand, koolstoof geure,
Open al die gisters se deure.
braaivleis of kaggelvuur,
Dit is deel van my verlang.
n kinder verlede in my hart vas gevang,
Geen koolstoof of kaggel in my huis,
“Ma se liefde” maak my kinders tuis.
Vandag maak ek my eie vure,
Hoop hulle onthou ook
ons saamwees ure.
|
|
|
|
| Herman Le Roux |
5/2/2009 9:11:18 AM |
 Titel: Profesie oor Onthulling
Die letters in koper word gloeiend gevorm,
deur gebed is die woorde gespel in ‘n norm.
Terwyl gloeiende brons,
vloeiend bons,
en deurspoel tussen letters in 'n spieëlbeeld van matryse,
tussen rokende ferro kan jy lees van die Wyse
In ‘n matrys waar dit koud word,
waar letters hard en goud word.
vertel dit van die Gewer van Spyse,
wat vir almal sorg van die baba tot die gryse.
Waar koper penne die plate sal vashou, helaas,
staan ‘n Engel en waghou met ‘n swaard wat weerkaats.
Twee bronsplate aan ‘n muur vasgemaak,
gekoop uit die skatte van ‘n Ystermagnaat.
Hy’t dit self aangebied en het dit laat giet,
maar die woorde daarin was aan een man gebied.
|
|
|
|
| Herman Le Roux |
5/2/2009 9:34:35 AM |
 Titel: HY WEET
Op Lofdal se gronde staan God se Profeet,
in die meduis van terra wat God vir hom meet. (middel van sy gronde)
Toe die Woord tot hom kom in tersus en tardus , ( skoon en duidelik stadig)
dat verlede gemeet is die hede salut met hom as electus. (gegroet en uitverkies)
Het hy in exclamo beken dit is dolus directus ! (uitgeroep dit is oogmerk opset)
is nie falsus facultas dis devines dis God! (nie vals nie dis heilig van God!)
Hy besef hy’s Pro Deo, (ter wille namens God)
in die Naam van die Leeu.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
5/6/2009 10:50:30 AM |
 Titel: Liefde...
Saggies, suutjies, onbewus
bekruip liefde die wat nie kyk,
soms ongenooid soms selfbewus;
Soms verewig liefde wat kom bly vir 'n leeftyd;
of die tipe wat jou laat dans in die reën;
witwarm emosies wat deur are brand;
wat jou weerstand smelt
en hartstogtelik laat ween...
Die grootste geheim van die eeue;
Die rede waarom ek bestaan!
Die feit dat soms dit misbruik en gemors word, sal ek nooit in my lewe seker verstaan....
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
5/6/2009 5:00:33 PM |
 Titel: Die Gek
Die wind huil deur die skrefie van my venster;
ek kyk stip voor my,
maar is blind vir realiteit...
My gedagtes verdwaal in 'n mengelmoes van gedagtes,
niks maak sin meer...,
Woorde is net leuens wat seer maak en ek - ek is alweer die gek...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
5/15/2009 10:22:51 AM |
 Titel: Winter weë
Herfs arriveer op April se asem
Die dae kort, ruite gewasem.
Winter loer net oor die bult;
koud en vars net soos my skuld.
Jou tyd is min,
myne gemors!
Jou selfsug wreed,
jy sien geen leed...
Winternag, hoor wolwe rou...
My hart bloei leeg hier op my mou...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
5/18/2009 5:03:35 PM |
 Titel: Letsels...
My emosies stoom wild deur my gemoed.
Opgehoopte trane verdrink geheime vreugde
wat tydelik opkikker en versoet...
Onsekerheid van donker jare
vergiftig jou realiteit
Die letsels van baie houe
vir hul 'n raaisel
vir jou 'n feit...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
5/21/2009 10:02:50 AM |
 Titel: Deur jou verniel...
Niks kan wat jy gedoen het uitvee nie...
Jou bedrog getik in swart en wit
lê soos 'n vrot appel in my laai en gis...
Gister verlore,
vandag niks gemis;
'n steekpyn skiet deur my bors
soos 'n dwaas het ek my tyd gemors...
Gewonde oë deursoek jou siel,
alles wat mooi was deur jou verniel...
|
|
|
|
| Mehnaaz Khan |
5/22/2009 4:15:05 PM |
 Titel: Liefde van Nature
Soos blare val
Gaan ons tyd verby,
Ons streef na geluk
Om hartseer te vermy.
Die son skyn helder
Dag na dag,
Die maan lyk pragtig
Nag na nag.
Soos blare van kleur verander
Verander ons maar ook,
Niemand kan dit keer nie
Maar albei van ons skree "hook!"
Die see so heerlik
Somer na somer,
Die sneeu so pretig
Winter na winter.
Soos blare aan stingels vassit
Is ek aan jou geheg,
Ons liefde is verewig
En vir jou, sal ek altyd veg.
Die liefde so romanties
Duisend na duisend jaar,
Oorlog so onaangenaam
Honderd na honderd jaar.
Liefde so natuurlik
As of dit elke dag gebeur,
Dit hou so baie geluk vir jou
Maar maak jou soms ook seer.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/2/2009 9:27:27 AM |
 Titel: Jy glo in my ok...
Kalm, kalm soos die oseaan
na die nag se storm;
stil, stil soos die sonsopkoms
na slapelose hartsog...
vry, vry soos my liefde
soos 'n voëltjie uit sy hok;
Heel, heel soos nooit tevore,
want jy glo in my ok...
|
|
|
|
| Tanya Kruger |
6/2/2009 2:25:57 PM |
 Titel: Blou-Oog Ounooi
Ek weet wat jy meemaak
ek het gesien, jou daaglikse kwota pyn
ons het saam wakker gewag
vir hom
Jy was daar deur dik
en dun
deur gelukkige jare
-partyjies en braaivure-
deur bitter tye
-verwyte-
ek bewonder jou jou geduld
ek sou lankal geknak het
maar nie jy nie
NEE... nie jy nie.
Ek het jou op jou gelukkigste gesien
-saam ons, 'n eenheid-
en op jou bitterste
jou trane altyd vlak
daar in jou seeblou oge
sy Ounooi.
Ek't jou pyn in my onkunde probeer troos
-ek weet hy't ook pyn ervaar-
maar jy moes alles alleen trotseer
maande van als opkrop
oor die "voorgee-proses"
oor die verraad
Ja, ek weet...
Ek was saam jou in opgee tye
wanneer als te veel was
saam gehuil, saam getroos
saam gelag, saam getroos
maar tog het jy altyd bly staan
vir jou 'n weg oopgebaan
Snesies en waternatgesigte
-altwee-
spook by my
laat my oor die gebeure wonder
Die Wil van Bo
hoe hy en jy
moes opbreek
elkeen
alleen
Tog wens ek, jy, sy Ounooi
kan onthou hoe die lewe was
jare tevore - sonskyndae
en dat jy dit weer kan smaak
Ek weet jy treur nog
-alhoewel nou verbitterd-
maar jy het nog altyd
by my respek afgedwing
die Blou-oog dame
-sjarmante vrou-
wat al so baie seerkry moes deurmaak...
JY, sy Blou-Oog Ounooi!
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/3/2009 9:34:17 AM |
 Titel: Gediggie vir Snowy...
Sweef hoog bo wolkies
sag en veilig
engel vlerkies wit en ryn...
Moenie bang wees,
volg die wysie
my meisiekind so klein en fyn.
Vlieg nou vry en sprei jou vlerkies
voel die wind
laat dit jou lei,
anderkant die bergpiek hartjie,
daar is jy verewig vry...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/8/2009 2:07:18 PM |
 Titel: Stom...
Oë deurboor haar rug,
sy word geroer,
emosies borrel...
Witwarm woede verlam
die skok;
Sonder om te kyk weet
sy wie staan en staar...
Wanneer genoeg,
wanneer klaar?
Uiteindelik vind hul oë mekaar;
Daar is niks...,
die vuur geblus,
haar angs verdwyn
die Winterson laat
verligting en
oorwinning blom...
Die boeie om haar hart
disintegreer
en hy... stom...
|
|
|
|
| Tanya Kruger |
6/8/2009 3:13:54 PM |
 Titel: ek wens...
ek wens
soos altyd
weereens verniet
ek wens op lewe
liefde en geen fout
ek hoop op jou en op geluk
dat ons kan groei
soos 'n blom sou groei
in vrugbare tuingrond
ek wonder of jy my kan onthou?
die tye saam
die gelag, gehuil
die alwewige gestry
ek soek emosie
kleurryke dae
dae van sonskyn,
dae sonder pyn
sou jy
die doring in my
dalkies onthou
dat jy my kloppende orgaan
in jou hande saampers?
sou jy weet wat ek deurmaak
die wonder, die pyn, die verlies?
die seer en eina
sonder 'n hart
maar met
ene
wat hunker na jou...
sou jy my vashou
my bly maak
as ek was soos die mooiste roos
soos 'n angelier
of dalk 'n sonneblom?
maar jy soek iets anders
iets soos 'n lelie
of 'n pers iris
'n varkoor of
rankroos...
ek wens ek was
wat jy soek
mooi, uniek en nie geknak
maar jy
het my verniel
jy het my laat knak
onder druk
bevele en spertye
nou wens ek weereens verniet
op 'n wonderwerk
een wat my weer kan heel
maar tog die doring
- jy-
by my kan hou...
ai,
gun my tog net die een
wens...
ek en jy
saam.
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/9/2009 5:01:41 PM |
 Titel: Jy maak my mal
Jy maak my mal!...
Die skuur van jou arm teen myne
die hitte van jou been,
so "onskuldig" stout -
Die plooitjies langs jou oë
as jy lag, jou tergende gees...
Jou hand wat "per ongeluk"
aan myne raak,
elektrisiteit in die lug
as jy bloos want jy weet
Jy maak my mal.....
|
|
|
|
| Tanya Kruger |
6/11/2009 2:14:56 PM |
 Titel: Bitter
bitter, bitter
mooi
ek sien die blare waai
die takkie so sorgeloos
alleen, pynlik in die koue
die straaltjie bereik hom nie
die goue gloed is weg
die gloede het vergaan
en nou
is dit bitter, bitter koud
die kralesnoer aan die hak
is bitter, bitter hard
die joker in die pak
lag lekker uit sy mou
en nou
is dit bitter, bitter fel
die fotoraam is gebroke
die foto al verlep
die prentjie al verwronge
die beeld ietwat vaag
en nou
is dit bitter, bitter dor
die man
is bitter, bitter alleen
sy het weggegaan
sy het hom verlaat
sy is bitter
bitter, witter as sneeu
haar hartjie hard
haar ogies leeg
haar arms kaal
haar mond vertel die verhaal...
verwronge is die beeld
die spieel is skeef
die splinters is skerp
so bitter
so sleg
soos gal.
TK
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/12/2009 2:19:50 PM |
 Titel: Niemand verstaan haar...
Niemand verstaan haar,
haar diepte, haar hart...
hoe om haar te hanteer,
haar blydskap, haar smart...
Soms vergeet hulle haar,
want sy's altyd daar
Die een wat nooit kla
wat niks van hul vra...
Die tweede in lyn,
vergeet van haar pyn!
So staan sy weer terug
koue muur teen haar rug...
Niemand verdien haar,
haar siel openbaar
haar liefde omwentel
die mooi en die raar...
Sy staan altyd buite
die een wat in staar...
Haar trane versteek
deur die reën wat haar week...
Sy sal eendag verdwyn;
dan sal hulle verstaan
van haar hartseer en pyn
en waar kom dit vandaan...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/15/2009 12:26:38 PM |
 Titel: Alles wat was, alles wat is...
Nag kruip nader;
jaag son agter duine...
Die kalm waters
weerkaats pastel
wat saggies sus
traan rol oor my wang
alles wat was
alles wat is
Fluister vir my
op wind se vlerke
liefdeswoorde
wat hoendervleis bring;
stuur hartsverlange saam'die
mis oor die water;
alles wat was
alles wat is...
|
|
|
|
| Dalene de Vente |
6/16/2009 11:29:19 AM |
 Titel: jou naam
jou naam
die etiket om jou nek
beswadder
gekompliseerd
gekruisig
geskeur
gekraak
ingewikkeld
maar weet jy?
Ek sien jou wese
Gevorm deur die splinters van jou wêreld
Jou onseker hart
Jou vrees vir seerkry
Jou naam verbode
In my lewe
‘n held
|
|
|
|
| Dalene de Vente |
6/16/2009 12:01:02 PM |
 Titel: Jy is spesiaal
Daai dag
toe ek by jou krom wit huis kom
met vriendelike vierkantige vensters
bloukantgordyne
viooltjies en gesiggies wat in die
vensterbanke saamdrom
en ek sien van buite die
swartklavier in die hoek
asof dit nog net na my soek
Jan vermeers wat gesellig teen
die mure hang
het jou see- oë my onmiddellik
vasgevang
Daai dag
toe ek aan jou deur kom klop het
en die geluk soos
sonstrale uitstraal
het ek geweet
net geweet:
Jy is spesiaal
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/17/2009 8:52:30 AM |
 Titel: Jy pas by my...
Jy pas by my...,
wie ek is saam met jou
wat my sê...
die sagheid wat oor my kom
na ek by jou was;
Jou oë se vlamduiweltjies
wat my naderwink
en die blos op jou wange
wat my verras...
Jy pas by my...
Die lig in my sigbaar vir ander;
jou skouer wat teen myne
skuur,
jou geduld, my vertroue
hierdie diepe vuur...
Jy pas by my...
Selfs deur druk van omgee mense
sal jou bystaan en verseker
jou geluk vir my is eerste
Jy is jy en ek is ek
In my hart - daar is jou plek...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/19/2009 8:49:29 AM |
 Titel: Haar kleurwiel van emosie...
Blou, die kleur van haar hart
wanneer jy vêr is...
Grys die winter wolke
soos haar gemoed...
Bruin, jou oë wat flits deur haar gedagtes,
kleurloos haar lewe sonder jou...
Rooi, die kleur van haar wese wanneer jy terug kom!
Pienk die blos van haar wange
as jy haar so bekyk...
Geel soos madeliefies
vreugde wat borrel
Jou liefde 'n reënboog
wat haar verryk...
Groen, haar jaloesie
wanneer jou oë dwaal;
Pers, jou nalatige woorde,
stroop selfvertroue kaal...
Silwer - die maan wat opkom haar geduld,
Swart, haar onsekerheid
en jou skuld...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/22/2009 11:05:07 AM |
 Titel: Liefdes obsessie.... 'n Kortverhaal
Vanaand is dit winterkoud buite,
met moord op die brein verlaat hy sy werk asof alles normaal is. Hy groet dieselfde gesigte op die trein soos elke aand, elkeen vasgevang in hulle eie sepie wêrelde waarin hulle die hoofrolle speel.
Hy sien dit nie so nie, maar met elke stasie benader hy die oomblik in sy lewe wat alles sal verander! Obsessie sal sy god word en sal sy gewete die getuie wees van iets groter as hy..., iets wat almal sprakeloos sal los in die maande wat sal volg...
Adam kyk na die dowwe refleksie van sy gesig in die vuil venster en wonder wie die man is wat vir hom terug staar..., die gesig nog aantreklik, maar sy oë - besluit - hy lyk donkerder, gevaarliker... Sy besete - uit plek uit - glimlag wys mooi regtuit wit tande wat vanaand sadisties voorkom op sy anders ernstige gesig...
Sy het hom te vêr gedruk... Hy was lief vir haar en nou wil sy hom los?...
Die maan gooi skadus rond in die trein kompartement. Die meisie wat altyd bietjie te veel na Adam staar kyk verskrik en verbaas na die plek waar hy sit... Sy kan sweer sy het gesien hoe sy oë verander van blou na swart in die maanlig 'n sekonde terug!... Sy draai skielik om, beheer haar asemhaling en oorreed haar brein dat sy dinge sien!... Sy trek haar skouers op en konsentreer op die volgende passasier...
Die blaasgeluid van die treindeure wat oopgaan breek deur Adam se fantasie. Vinnig maak hy spore en loop regop en effe soos 'n zombie met oë wat glaserig staar... Sy hand in sy jas se sak streel oor die jagmes...
As hy haar nie kan kry nie, dink hy met daardie selfde waansin in sy oë, sal niemand anders kan nie...
Die maan skyn spookagtig deur die wintermis wat hang oor die strate, en êrens weerklink 'n bloeddorstige gil...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
6/22/2009 4:58:26 PM |
 Titel: Eendag...
Eendag
Eendag sal jy verlang,
my aandag en lojaliteit
my deurnis en geduld,
my vroulikheid,
my hart, my siel...
my skouers reg
vir al jou skuld
vir al die sleg...
|
|
|
|
| chantelle ribeiro |
7/8/2009 4:47:39 PM |
 Titel: Geen twyfel meer...
...Uit, .....koud,
tussen die oë
onderstebo en agterstevoor
'n Verassingsbom
Roos wat blom
waar het jy vandaan gekom?
Berge blou
Winter grou
trane afvee met my mou...
vlinders vladder in my maag
moet ek vlug,
of als net waag?
Een kans,
laaste dans
Vat dit nou
geen berou!
Spontaan lag ons
soos kinders weer
legkaart kompleet
geen twyfel meer...
|
|
|
|
| Herman Le Roux |
7/16/2009 7:58:41 AM |
 Titel: DWELMS
STUKKEND
Ek het hom in Sunnyside gesien,
19 jaar oud en kaalvoet.
Hy het sy hande uitgehou vir eetgoed.
maande laas ge-eet uit breekgoed.
Sy blonde hare was onversorg,
sy poel blou oë het gesmeek vir sorg.
Dwelms.
Ek het gehuil.
Jesus ook.
|
|
|
|
| Herman Le Roux(0823395915) |
7/16/2009 8:05:30 AM |
 Titel: HY LAAT MY SIEN
HY LAAT MY SIEN
Waar bedelende bidders naakstaan voor God,
bid vir die waarword van Sy genade verbond.
Ek sien hulle opkyk deur ‘n waas in gebed,
ek hoor hulle smeek om een lewe te red.
Met hande vooruit handpalms soos komme,
bid hulle vir tyd en vir lewe van ‘n sieklike stomme.
Die bak is vol van gebede ontvang ,
gemeng met wierook geoffer as sang.
Dit styg op voor God met ‘n lieflike geur,
wat Hy beveel het gaan nou gebeur.
Die Here staan op en bevestig bevel,
wat gegee is in Sy naam oor die sieke gevel.
Ek sien daar’s ‘n kettang soos ‘n heilige koord,
gebede wat instroom die Goudglans is noord.
Gooi uit daardie bak oor die sieke en bidders,
tyd vir genesing volg biddende ridders.
Die tyd is nie vol nie God stuur hom terug,
na hulle wat bid in Sy naam wat prys en wat sug.
|
|
|
|
| Herman Le Roux(0823395915) |
7/16/2009 8:44:21 AM |
 Titel: GOLWE
Waar sandkorrels opruk in ‘n oomblik se vries,
regop gebeur teen seewind se bries.
Het sandkorrels saam in atamos gekeer;
regop gebeur,
om in vlietend’e oomblik ‘n rotsblok te wees vir hul Heer.
In die opwel van golwe gedwing deur die wind,
stoot moeder natuur ‘n golf tot dit blink;
sy dwing dit dan hoër en hoër tot regoor die son !
om te dans met die strale in kleurspel wat blom.
Dan draai sy die water in ‘n ligspeel van kleure,
wat blou-groen ineenstort tot geelsand benede.
Die seesand gryp water en swiep op teen gesag,
asof in massa vertoon meeding teen hidro se krag.
Maar onthou dan die woorde in die Skepper’s dekreet;
die kinders van Abraham word in sand-korrels gemeet.
Sonder teëstand bekeer,
deur dié woord van die Heer;
kolk dit saam om in kleure na benede te gly.
Rollend en bruisend oppad na die strande,
aangejaag deur onsigbare seestroom se hande;
bewus van sy doel gee hy oor aan die water;
en storm dit vel,
om betyds op die strande te wees as die Skepper gaan tel.
(Hierdie teks is die eie werk van Outeur en gaan nie oor in openbare domein nie
Herman Le Roux)
|
|
|
|
| chantelle Ribeiro |
7/20/2009 3:56:27 PM |
 Titel: Om jou lief te hê...
Om jou lief te hê
is om te lewe in 'n reënboog;
'n sprokie wat alle liefdesverhale in die stof laat,
waar towerkuns en sterrestof my moë harde gesig versag in iets mooi,
iets pragtig wat gebeur hier in my siel...
'n Simfonie wat deur my sing wat Engele laat glimlag;
'n Kinderlike tipe geluk wat deur my brand tot ek ontplof in 'n duisend giggels;
My hart so vol
van jou dat my asem wegraak en my wese stil word in die wonderwerk van nuwe liefde wat vir ons bestaan...
|
|